Registreer organisasie sonder winsmotief

Oor | Wat om te doen | Tydsduur | Hoeveel kos dit | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede

Omtrent registrasie van ‘n organisasie sonder winsmotief

As u ‘n Organisasie sonder winsmotief (“NPO”) is en ‘n nie-regeringsorganisasie is, mag u aansoek doen vir registrasie. U kan u Organisasie sonder winsmotief se aansoekvorm by u naaste kantoor van Provinsiale Maatskaplike Ontwikkeling indien. Registreer u organisasie om dit geloofwaardig te maak vir potensiële finansierders.

“NPO’s” sluit in Trusts, maatskappye of ander Verenigings van persone wat vir publieke/ openbare doeleinde tot stand gebring is.

Registrasie van u Organisasie sonder winsmotief is voordelig omdat hulle sertifikaat:

  • U geloofwaardigheid en finansieringsgeleenthede verbeter
  • Laat u organisasie toe om ‘n bankrekening oop te maak
  • Help die organisasie met belastingsaansporings

Om te registreer, moet u een van die volgende wees:

  • ‘n Nie-regeringsorganisasie (NRO/”NGO”)
  • Gemeenskapsgebaseerde Organisasie (“CBO”)of
  • Geloofsgebasseerde Organisasie (“FBO”)

Wat om te doen

  • Voltooi die “NPO”-aansoekvorm en dien dit in by u naaste Provinsiale Maatskaplike Ontwikkeling-kantoor
  • Handig die voltooide “NPO“-aansoekvorm saam met twee afskrifte van die organisasie se stigtingdokumente in.
    • Trust – Trust-akte en magtigingsbrief van die howe
    • Artikel 21 – Sertifikaat van inkorporasie en memorandum en artikels van assosiase(statute)
    • Vrywillige Assossiasie – Konstitusie
  • Die stigtingsdokumente van die “NPO” moet die bepalings van Artikel 12 (A-O) van die “NPO”-wet, 1997, insluit. Indien u versuim om dit te doen, sal die aansoek verwerp word.
  • Indien u nie tevrede is met die verwerping of kansellasie van u organisasie se sertifikaat nie, mag u appèl aanteken by die paneel van arbiters.
  • Sodra u organisasie geregistreer is, word daar van die organisasie verwag om hulle jaarlikse verslag nege maande na die finansiële jaareinde in te dien. Die jaarlikse verslag moet ’n opsommende verslag en ‘n finansiële verslag insluit.
  • U kan u aansoekvorm by u naaste Provinsiale Maatskaplike Ontwikkeling-kantoor indien, of per pos stuur na:

Die Direktoraat
Organisasies sonder Winsmotief (“NPO’s”)
Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
Privaatsak X901
Pretoria
0001

of per handpos:

Departement van Maatskaplike Ontwikkeling          
Pretoriusstraat 134
“HSRC”-gebou
Pretoria

Nota:

  • Dit is n kriminele oortreding vir ‘n organisasie om te bedryf onder die voorwendsel dat dit ‘n geregistreerde “NPO” is.
  • Verskeie Regeringsdepartemente bied befondsing/finansiering vir verskeie dienste.

Tydsduur

  • Dit mag ongeveer twee maande neem om die hele registrasie te prosesseer.
  • Sodra u aansoekvorm ontvang is, sal die departement ‘n brief van erkenning aan die organisasie stuur, daarna sal ‘n registrasiesertifikaat uitgereik word indien u aansoek aan die vereistes van die “NPO”-wet, 1997 voldoen.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

(Vorms is in PDF-formaat. Adobe Acrobat Reader 4 of hoër is nodig om PDF-dokumente oop te maak.)

Aansoek vir registrasie deur ‘n Organisasie sonder winsmotief

Wie om te kontak

Department of Social Development provincial offices contact list.

 

Share this page