Registreer 'n maatskappy sonder winsoogmerk

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor registrasie van ’n maatskappy sonder winsoogmerk

Vir ’n burgerlike gemeenskapsorganisasie om as ’n regsentiteit erken te word, moet jy dit as ’n maatskappy sonder winsoogmerk by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Goedere (CIPC) registreer.

Maatskappye sonder winsoogmerk is entiteite wat gevestig word om mense te help, die omgewing te beskerm of een of ander goeie saak te bevorder. Dit kan kerke, liefdadigheidsorganisasies en kultuurorganisasies insluit. Die hoofdoel van ’n maatskappy sonder winsoogmerk is om die publiek te bevoordeel, nie om wins te maak nie.  

Die inkomste en eiendom mag nie aan die oprigters, lede, direkteure of beamptes van ’n maatskappy sonder winsoogmerk toegestaan word nie, tensy as billike vergoeding vir dienste wat deur hulle gelewer word. Al ’n maatskappy sonder winsoogmerk se bates en inkomste moet gebruik word om die gegewe doelwitte, soos uiteengesit in die Memorandum van Inkorporasie (MVI), te bevorder.

’n Minimum van drie oprigters moet die MVI voltooi en onderteken. ’n Minimum van drie direkteure moet aangestel word.

Maatskappye sonder winsoogmerk moet te alle tye ten minste een direkteur hê (tensy die MVI ’n groter aantal minimum direkteure aandui). Die aanstelling van ’n ouditeur en maatskappysekretaris is nie verpligtend nie, maar opsioneel.

Jy kan ’n maatskappy sonder winsoogmerk registreer as ’n:

  • standaard maatskappy sonder winsoogmerk (met lede)
  • standaard maatskappy sonder winsoogmerk (sonder lede) 
  • aangepaste maatskappy sonder winsoogmerk (met lede), 
  • aangepaste maatskappy sonder winsoogmerk (sonder lede).

Die naam van die maatskappy sonder winsoogmerk sal eindig met “NPC”.

Wat om te doen

  1. Registreer aanlyn as ’n kliënt van die CIPC sodat jy met die CIPC sake kan doen, of registreer deur ’n bestaande kliënt, byvoorbeeld vra jou rekenmeester om jou te registreer.
  2. Reserveer ’n maatskappy-naam deur die Aansoek om ’n Naam te Reserveer, Vorm CoR 9.1, te voltooi. Die reservering van ’n naam is vir ses maande geldig. 
  3. Betaal ’n indieningsfooi.    
  4. Dien die volgende stawende dokumentasie saam met jou aansoek in:
    • gesertifiseerde afskrifte van paspoorte (indien buitelandse burger) of gesertifiseerde afskrifte van identiteitsdokumente (ID) (indien Suid-Afrikaner) van alle aangewese aanvangsdirekteure en oprigters 
    • ’n gesertifiseerde afskrif van die ID van die aansoeker indien die aansoek nie deur een van die aangewese aanvangsdirekteure of oprigters gemaak word nie 
    • indien die oprigter ’n regspersoon is, volmag vir die verteenwoordiger wat deur sodanige regspersoon gemagtig word om die maatskappy te inkorporeer en alle toepaslike dokumentasie te onderteken 
    • indien ’n ander persoon die maatskappy inkorporeer en alle dokumentasie wat op die inkorporasie van toepassing is namens enige of alle oprigters en aanvangsdirekteure onderteken, word volmag en ’n gesertifiseerde afskrif van sodanige persoon benodig 
    • indien ’n naam gereserveer is voordat die inkorporasie-dokumentasie ingedien is, ’n geldige naam-reservering-dokument.
  5. Indien jy ’n standaard maatskappy sonder winsoogmerk (sonder lede) registreer, dien die volgende in:
    • CoR15.1C 
    • CoR 14.1 
    • stawende dokumente 
    • Die volgende dokumente kan saam met die CoR15.1C ingedien word:
      • CoR14.1 Aanhangsel A  
      • CoR14.1 Aanhangsel B indien die naam tydens inkorporasie gereserveer moet word
  6. Indien jy ’n aangepaste maatskappy sonder winsoogmerk (sonder lede) registreer, dien die volgende in:
    • CoR15.1D 
    • CoR 14.1 
    • stawende dokumente
    • Die volgende dokumente kan saam met die CoR15.1D ingedien word:
      • CoR14.1 Aanhangsel A 
      • CoR14.1 Aanhangsel B indien die naam tydens inkorporasie gereserveer moet word 
      • CoR14.1 Aanhangsel C indien afkamping geld
      • CoR14.1 Aanhangsel D indien ’n ouditeur, ouditkomitee-lede en/of maatskappysekretaris aangestel word
  7. Indien jy ’n aangepaste maatskappy sonder winsoogmerk (met lede) registreer, dien die volgende in:
    • CoR15.1E 
    • CoR 14.1 
    • stawende dokumente
    • Die volgende dokumente kan saam met die CoR15.1E ingedien word:
      • CoR14.1 Aanhangsel A 
      • CoR14.1 Aanhangsel B indien die naam tydens inkorporasie gereserveer moet word 
      • CoR14.1 Aanhangsel C indien afkamping geld
      • CoR14.1 Aanhangsel D indien ’n ouditeur, ouditkomitee-lede en/of maatskappysekretaris aangestel word

Let wel: Indien ’n voorgestelde naam verwerp word, mag die maatskappy steeds geregistreer word en die registrasienommer sal dan by inkorporasie die naam van die maatskappy word, totdat ’n geskikte naam geregistreer of goedgekeur word.  

Tydsduur

  • Dit neem tussen vyf en tien werksdae om ’n naam vir ’n maatskappy te reserveer.
  • Dit kan vyf tot tien dae neem om ’n maatskappy sonder winsoogmerk te registreer.

Hoeveel kos dit

  • R175  - Memorandum van Inkorporasie (onderworpe aan toegelate korting) vir standaard maatskappy sonder winsoogmerk (CoR 15.1C).
  • R475  - Memorandum van Inkorporasie (onderworpe aan toegelate korting) vir aangepaste maatskappy sonder winsoogmerk met lede (CoR 15.1D)  of sonder lede (CoR 15.1E).  
  • R50 – vir elektroniese naam-reservering. 
  • R75 – vir indiening van naam-reservering per hand.

Vorms om in te vul

Die aansoekvorms is beskikbaar by jou naaste kantoor van die CIPC of op die webwerf.

Wie om te kontak

 

Tel: 086 100 2472
Physical address: 77 Meintjies Street, Block F, Sunnyside, Pretoria, 0001
Postal address: Companies and Intellectual Property Commission, P.O. Box 429, Pretoria, 0001

Offices with self-service terminals

Share this page