Verklaring van die Kabinetsvergadering van 23 Oktober 2013

24 Oct 2013

Die Kabinet het sy gewone vergadering op 23 Oktober 2013 in Kaapstad gehou.

1. Die Kabinet se posisie oor belangrike sake in die huidige omgewing

1.1. Die Kabinet verwelkom die vordering wat ons sien in die land se veldtog vir die ontplooiing van openbare infrastruktuur, wat deur die Presidensiële Infrastruktuurkoördineringskommissie gekoördineer word. As deel van die Infrastruktuurontwikkelingsprogram het president Jacob Zuma onlangs ’n aantal voltooide projekte bekendgestel. Dit sluit in werk aan die R81- en R71-paaie in Limpopo, die Bridge City-spoorwegstasie wat Umlazi in Durban sal bedien en die sooispit-seremonie by De Beers se Venetia-myn in Vhembe, Limpopo.

Die President beplan ook om binnekort by ander infrastruktuurprogramme betrokke te raak, soos die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone-nywerheidsontwikkelingsone (IDZ) in die Wes-Kaap, ’n terreinbesoek aan die De Hoop-dam-dam in Limpopo, die eerste motorvoertuig-vervoertrokke wat in Suid-Afrika gebou word in die Oos-Kaap, en om die Ladybrand-hospitaal-hospitaal in die Vrystaat amptelik te open.

Die Kabinet verwelkom ook die vordering met die Bus-snelvervoerstelsel-snelvervoer (BRT) in Johannesburg, Tshwane, Kaapstad en Rustenburg. Hierdie landswye multi-triljoenrandse infrastruktuurprogram sal ons land se ekonomie en vervoerstelsel ingrypend verander.

Hierdie projekte plaas reeds die land in ’n hoër groeitrajek en sal voortgaan om tot ekonomiese ontwikkeling en werkskepping by te dra.

1.2 Die Kabinet verwelkom die Mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring wat deur die Minister van Finansies voorgelê is. Die Kabinet ondersteun die besuinigingsmaatreëls wat vir die regering voorgestel word. Hierdie maatreëls sal enige verkwisting in regeringsbesteding aansienlik laat daal en verseker dat die regering sy hulpbronne effektief en doeltreffend aanwend. Die Kabinet doen ’n beroep op al die nasionale en provinsiale departemente, munisipaliteite, openbare entiteite en konstitusionele instellings om hierdie maatreëls te implementeer.

1.3 Die Kabinet skaar hom by president Jacob Zuma en die Suid-Afrikaanse publiek deur geweld teen en mishandeling en verwaarlosing van kinders te veroordeel. Die Kabinet prys die wetstoepassingsinstellings vir hul vinnige optrede tydens onlangse voorvalle.

In die lig van Nasionale Kinderdag wat ons op 2 November herdenk, doen die Kabinet ’n dringende beroep op alle Suid-Afrikaners om kinders as ons toekomstige leiers te beskerm. Die Kabinet doen ook ’n beroep op gemeenskappe om met wetstoepassingsinstellings saam te werk om misdaad in gemeenskappe te bestry.

Ons moet ook daarop let dat die beskerming van kinders die ouers en gemeenskappe se verantwoordelikheid is. Ons moet ons bystand aanbied aan moeders wat hulp benodig om hul kinders groot te maak.

1.4 Die Kabinet verwelkom die aankondiging deur Umalusi dat die land gereed is vir die Nasionale Seniorsertifikaateksamen wat vanaf 28 Oktober tot 29 November 2013 afgelê sal word. Die Kabinet wens al 707 136 die kandidate, wat 130 000 deeltydse leerders insluit, alles van die beste toe vir die eksamen.

Ouers en voogde word aangespoor om hul kinders in hul eksamenvoorbereiding te ondersteun. Die Kabinet doen ’n beroep op die Klas van 2013 om die land trots te maak.

1.5 Die Kabinet verwelkom die bekendstelling van die Fetsa Tlala- (Beëindig Honger) voedselsekuriteitsprogram deur president Jacob Zuma in Kuruman in die Noord-Kaap op 24 Oktober 2013. Die program sal gemeenskappe help om kos op gemeenskaps- en ander onderbenutte grond te produseer. Dit sal kleinhoewe-boere bystaan met infrastruktuur, die ontwikkeling van agro-verwerking en die ontwikkeling van nuwe markte, met inbegrip van staatsverkryging.

1.6 Die Kabinet verwelkom die eerste Afrika Maritieme Indaba wat op 24 en 25 Oktober 2013 in Sandton, Johannesburg, plaasvind. Die indaba sal aangebied word deur die Suid-Afrikaanse Owerheid vir Maritieme Veiligheid en die maritieme bedryf. Die konferensie sal vir verskillende rolspelers ’n platform bied om ’n ontwikkelingsplan vir Afrika se maritieme bedrywe uit te lê en ’n Pan-Afrika-vennootskap vir die ontwikkeling van Afrika se blou ekonomie daarstel.

1.7 Die Kabinet neem kennis van die komende staatsbesoek deur president Zuma aan die Demokratiese Republiek van die Kongo op 29 en 30 Oktober 2013. Die besoek sal ons bilaterale politieke en ekonomiese verhoudings met die DRK verstewig en ons verbintenis tot vredespogings en die post-konflik-heropbou-en-onwikkelingsprogram (PCRD) in daardie land verder versterk.

1.8 Die Kabinet doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om die Nasionale Bewustheidsmaand vir Gestremdheidsregte vanaf 3 November tot 3 Desember 2013 te ondersteun, wat ook die Internasionale Dag van Persone met Gestremdhede gedenk. Die maand sal gevier word onder die tema “Oorkom struikelblokke, open deure vir ’n inklusiewe samelewing vir almal”.

1.9 Die Kabinet neem met kommer kennis van die herlewing van geweld en vyandigheid in die Republiek van Mosambiek. Die Kabinet wil beklemtoon dat Mosambiek ’n wettige regering het en dat enige opstandigheid die soewereiniteit van die Mosambiekse regering en sy mense ondermyn. Die Kabinet veroordeel rebellie-aanvalle ten sterkste.

2 Sleutelbesprekings en -besluite deur die Kabinet

2.1 Die Kabinet keur die bekragtiging van die Doha-wysiging van die Kyoto-protokol goed. Hierdie wysigings is deel van die wêreldwye pogings om gasvrystellings tussen 2013 en 2020 te verminder ter voorkoming van gevaarlike klimaatsverandering, terwyl die ontwikkelingsprioriteite van ontwikkelende lande beskerm word.

2.2 Die Kabinet verleen goedkeuring vir die voorlegging van Suid-Afrika se Gekombineerde Aanvanklike en Periodieke Verslae kragtens die Internasionale Verdrag op Burgerlike en Politieke Regte aan die Verenigde Nasies. Die verslag is ’n evaluasie van prestasies en uitdagings wat gepaardgaan met die uitvoering van burgerlike en politieke regte wat in die verdrag en in ons Grondwet vervat is. Dit het ’n bepaalde fokus op menswaardigheid en die reg op gelykheid sedert die aanvang van demokrasie in 1994.

3 Wetsontwerpe

3.1 Die Kabinet verleen goedkeuring vir die publikasie van die Konsepwetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggings, 2013 vir openbare kommentaar. Die wetsontwerp bied ’n regsraamwerk vir beleggings en is gerig op die regsbeskerming van alle beleggers in ooreenstemming met grondwetlike vereistes. Die beoogde wet sal ons vermoë om buitelandse beleggers te lok en uitvoere te verhoog verbeter en sodoende volhoubare groei en ontwikkeling in Suid-Afrika bevorder. Die wetsontwerp sal dus daarna streef om die regte balans tussen die regte en verpligtinge van alle beleggers in Suid-Afrika te verkry, en voldoende en gelyke beskerming aan buitelandse sowel as binnelandse beleggers bied.

3.2 Die Kabinet verleen goedkeuring vir die indiening van die Wetsontwerp op Huurbehuising, 2013 by die Parlement. Die wetsontwerp hanteer bepaalde uitleg- en implementeringskwessies wat sedert die verordening van die Wet op Huurbehuising, 1999 (Wet 50 van 1999) (soos in 2008 gewysig) na vore gekom het. Die wetgewing is gerig op die bevordering van ’n bestendige en groeiende mark wat progressief voorsien in die onluikende vraag na bekostigbare huurbehuising deur persone wat histories deur onbillike diskriminasie benadeel is.

3.3 Die Kabinet keur die indiening van die Wysigingswetsontwerp op Prokureurs, 2013 by die Parlement goed. Die wetsontwerp wysig die Wet op Prokureurs, 1979 (Wet 53 van 1979), as ’n tussentydse maatreël, hangende die verordening en implementering van die Wetsontwerp op Regspraktyke. Dit hanteer ongelykhede ten aansien van prokureurs en kandidaatprokureurs en doen ook weg met prokureursordes wat ingevolge die jurisdiksionele grense van die uitgediende tuislandstelsel ingestel is (Transkei, Bophuthatswana, Ciskei en Venda). Die wysigings sal die eenvormige regulering van die prokureursberoep regoor die land verseker en beheer van die regsprofessie in die genoemde gebiede versterk.

3.4 Die Kabinet keur die indiening van die Wysigingswetsontwerp op die Staatsprokureur, 2013 by die Parlement goed. Die doel van die wetsontwerp is om die Wet op die Staatsprokureur, 1957 (Wet 56 van 1957) te wysig. Die wysigings verskaf strategiese leierskap vir die bestuur van en toesig oor staatsregsdienste. Dit is gerig op die aanstelling van ’n prokureur-generaalsollisiteur-generaal wat in beheer van al die staatsprokureurs sal wees en maak voorsiening vir verwante aangeleenthede as ’n aanvanklike stap in die implementering van die Beleidsraamwerkvir die Transformasie van Staatsregsdienste.

3.5 Die Kabinet keur die indiening van die Konsepwetsontwerp op Eiendomswaardasies, 2013 by die Parlement goed. Die wetsontwerp maak voorsiening vir die instelling van ’n waardeerder-generaal se kantoor. Hierdie kantoor sal ’n waardasiediens lewer vir eiendomme wat reeds vir doeleindes van onteiening en grondhervorming geïdentifiseer is, asook ’n vrywillige eiendomswaardasiediens aan departemente wat die kantoor versoek om sulke waardasies te doen.

3.6 Die Kabinet keur die voorlegging van die hersiene konsep van die Wetsontwerp op Infrastruktuurontwikkeling aan die Parlement goed. Die wetsontwerp skep regtens die Presidensiële Infrastruktuurkoördineringskommissie en die Nasionale Infrastruktuurplan as sleutelmeganismes om infrastruktuur-ontwikkeling in Suid-Afrika te koördineer en te dryf. Die Wetsontwerp op Infrastruktuurontwikkeling verskaf ’n regsraamwerk vir die bouprogram en help om die ontwikkelingsuitkomste en effektiwiteit daarvan te verbeter.

3.7 Die Kabinet keur die indiening van die Konsepwetsontwerp op die Bemagtiging van Vroue en Geslagsgelykheid, 2013 by die Parlement goed. Die wetsontwerp streef na die daarstelling van ’n wetgewende raamwerk vir die waardes van nie-rassisme, nie-seksisme en gelykheid soos in die Grondwet beoog word. Dit streef ook na die bevordering van vroue, hul gelyke verteenwoordiging in besluitnemingstrukture en hul beskerming en bevordering soos in artikel 9(2) van die Grondwet beoog word.

3.8 Die Kabinet keur die voorlegging van die Wetsontwerp op Publieke Administrasiebestuur, 2013 aan die Parlement goed. Die wetsontwerp bied ’n raamwerk wat voorsiening wil maak vir die bevordering van basiese waardes en beginsels waarna in artikel 195(1) van die Grondwet verwys word in die publieke administrasie; maak voorsiening vir die oorplasing en sekondering van werknemers in publieke administrasie; reguleer die verbod op werknemers om sake met die staat te doen en maak voorsiening vir etiek en integriteitsmaatreëls, met inbegrip van die instelling van ’n tegniese bystandseenheid vir publieke-openbare administrasie- etiek, -integriteit en
-dissipline. Die wetsontwerp is van toepassing op staatsamptenare in alle regeringsfere.

4 Aanstellings

4.1 Die Kabinet keur die volgende aanstellings op die raad van die Ontwikkelingsagentskap vir Klein Ondernemings (Seda) vir ’n tydperk van drie jaar goed:

a) Dr Ivor Mzwandile Zwane (voorsitter)
b) Dr Tebogo Job Mokgoro (nie-uitvoerende lid)
c) Mnr Thakhani Makhuvha (nie-uitvoerende direkteur)

4.2 Die Kabinet keur die verlenging van die dienskontrak van me TE Radebe as hoof- uitvoerende beampte van die Sentrum vir Staatsdiensinnovering (SSDI).

4.3 Die Kabinet neem kennis van die verlenging van die ampstermyn van 21 lede van die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies vir ’n tydperk van ses maande:

a) Dr CJ Augustyn
b) Mnr N Baloyi
c) Prof ELJ Breet
d) Prof NH Casey
e) Dr F Dilika
f) Dr MM Dyasi
g) Dr JF Eloff
h) Dr I Gledhill
i) Mnr OSD Garegae
j) Mnr P Govender
k) Mnr TP Govender
l) Dr G Henry
m) Dr BH Koch
n) Mnr BS Maloka
o) Dr P Matutu
p) Dr S Naidoo
q) Prof BK Reilly
r) Prof HJ Siweya
s) Dr ME Stalmans
t) Prof C Van der Westhuizen
u) Dr G Botha.

Navrae:
Phumla Williams (Waarnemende Kabinetwoordvoerder)
Kontaknommer: 083 501 0139

Issued by: Government Communications

Share this page

Similar categories to explore