Doen aansoek om 'n polisieklaringsertifikaat (PKS)

As jy wil emigreer of in die buiteland wil gaan werk, moet jy om ’n polisieklaringsertifikaat by jou naaste Suid-Afrikaanse polisiestasie aansoek doen.

Die sertifikaat bevestig of jy ’n kriminele rekord het of nie.

Jy moet jou volle naam, van, geboortedatum en identiteitsdokument of paspoort aan die polisie by die polisiekantoor voorsien waar hulle jou vingerafdrukke sal neem.

Indien jy in die buiteland is, kan jy by enige polisiestasie in daardie land of by die Suid-Afrikaanse ambassade aansoek doen.

Vind meer uit oor hoe om vir 'n polisieklaringsertifikaat aansoek te doen.

 

South African Criminal Record Centre
Tel 012 393 3928
E-mail crc-nameclear@saps.org.za
Physical address Sanlam Plaza West, CRC Client Service Centre, 1st Floor, 271 Schoeman Street, Pretoria
Postal address South African Criminal Record Centre, Private Bag X308, Pretoria 0001, South Africa
Web address https://www.saps.gov.za/

 

Share this page