Verifieer kwalifikasies

Jy kan jou opvoedkundige kwalifikasies op die Nasionale Leerdersrekorddatabasis (NLRD) by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) verifieer. As jy ’n werkgewer is, kan jy ook die kwalifikasies van jou werknemers op die databasis verifieer. As jy jou eie inligting nagaan, ontvang jy die volledige rekord van wat die NLRD oor jou beskikbaar het.

Wanneer ander partye jou inligting as leerder bevestig, moet hulle ’n presiese navraag doen (watter kwalifikasie, instelling en datum.) SAKO se reaksie is of ”gevind” of “nie gevind nie” vir slegs daardie inligting.

Kry meer inligting oor die verifikasie van jou opvoedkundige kwalifikasies by SAQA VeriSearch.

Share this page