Registrasie van Suid-Afrikaners in die buiteland

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIRCO) verskaf nie meer die aanlynregistrasievorm vir registrasie van Suid-Afrikaners in die buiteland (oftewel ROSA) nie.

Suid-Afrikaanse burgers wat reis of oorsee woon word aangemoedig om te geregistreer en in kontak te bly deur van die volgende kanale gebruik te maak: 

  • Kontak die naaste Suid-Afrikaanse ambassade, hoëkommissaris of konsulaat-generaal in die land waarin hulle geleë is, in persoon.
  • Stuur  ʼn epos aan: Rosahelp@dirco.gov.za
  • Registreer op die DIRCO Travel Smart-app, wat beskikbaar is op beide iOS- en Android-toestelle.
  • Besoek die Konsulêre Dienste-bladsy op die DIRCO-webwerf vir noodsaaklike inligting en steun met betrekking tot Suid-Afrikaners in die buiteland.

Hierdie dienste het ten doel  om die beskerming en welstand van Suid-Afrikaners in die buiteland te verseker en om die departement in staat te stel om ondersteuning te lewer in geval van natuurrampe, burgerlike onrus en familienoodgevalle.
 

Share this page