Vervang jou matrieksertifikaat

Verlore of beskadigde sertifikaat

Doen aansoek om vervanging van jou matrieksertifikaat (Nasionale Senior Sertifikaat) by die Departement van Basiese Onderwys of provinsiale onderwysdepartement indien jy jou oorspronklike sertifikaat verloor of beskadig het. Jy kan ook aanlyn aansoek doen en betaal vir die heruitreiking.

Jy kan die staat van uitslae versoek terwyl jy wag dat jou sertifikaat uitgereik word. Indien die sertifikaat beskadig is, moet jy die beskadigde sertifikaat aan die Departement van Basiese Onderwys terugbesorg.

Let wel: Die aansoekproses vir jou verlore of beskadigde matrieksertifikaat kan in die onderskeie provinsies verskil.

Verandering van status

Indien jy matriek in meer as een eksamensitting geskryf het en jy jou krediete wil kombineer vir ’n Nasionale Sertifikaat, moet jy aansoek doen om ’n vervangingsertifikaat: verandering van status. Die departement kombineer nie outomaties jou krediete nie, tensy jy ’n aanvullende eksamen geskryf het. Jy kan ook aanlyn hiervoor aansoek doen.

Jy kan om ’n bevestigingsverklaring van jou uitslae aansoek doen terwyl jy vir die Nasionale Senior Sertifikaat wag.

Vind meer uit oor die vervangingsertifikaat by die Departement van Basiese Onderwys.

  • Nasionale kantoor: 012 357 4511/13
    certification@dbe.gov.za
  • Oos-Kaap: 043 604 7709/73
  • Vrystaat: 051 404 8000
  • Gauteng: 011 355 0588
  • KwaZulu-Natal: 031 327 0538/0331
  • Limpopo: 015 290 7747/7830
  • Mpumalanga: 013 766 0033
  • Noord-Kaap: 053 839 6585
  • Noordwes: 018 384 3100/51
  • Wes-Kaap: 021 467 2483

Share this page