Registreer ’n voertuig van ’n oorledene of ’n teruggeneemde voertuig

Jy moet die voertuig van ’n persoon wat oorlede is of ’n teruggeneemde voertuig onder ’n nuwe naam by jou naaste registrasie-owerheid registreer. Dien die volgende dokumente in:

  • RSA-identiteitsdokument
  • Indien jy nie ’n RSA-identiteitsdokument het nie:
    • Identiteitsdokument wat deur ’n ander land uitgereik is, of
    • Verkeersregisternommersertifikaat
  • ’n Sertifikaat van inkorporasie of naamsverandering indien die voertuig in ’n maatskappy geregistreer moet word
  • ’n Stigtingsverklaring of sertifikaat van naamsverandering indien die voertuig in ’n beslote korporasie geregistreer moet word
  • Indien die voertuig onder ’n afgestorwe persoon se naam geregistreer is, ’n eksekuteursbrief van die aangestelde eksekuteur
  • Indien die voertuig teruggeneem is, ’n hofbevel of vrywillige oorgawe-dokumentasie wat deur die eienaar onderteken is, of ’n beëdigde verklaring deur die titelhouer.

Voltooi die aansoekvorm (vorm MVR1A of RLV)

Vind meer uit op die eNaTIS-webtuiste.

Wie om te kontak

Published Date

Share this page