Verwys 'n geskil vir bepaling van noodsaaklike dienste

'n Werkgewer kan by die Noodsaaklikedienstekomitee (NDK) van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aanklop om te bepaal of 'n onderneming 'n noodsaaklike diens lewer.

’n Noodsaaklike diens verwys na 'n diens wat, indien dit onderbreek word, gevaar of ongerief vir die gesondheid van die mense inhou, soos klinieke en polisiedienste.

Tydens ’n staking kan enige party wat by die geskil betrokke is, die volgende sake na die noodsaaklikedienstekomitee verwys om te bepaal:

  • of 'n diens 'n noodsaaklike diens is
  • of 'n werknemer of werkgewer ’n diens bedryf wat as noodsaaklik geag word.

Voltooi vorm LRA4.2 om te bepaal of geskille noodsaaklike dienste is en stuur dit na die KVBA.

Vind meer uit oor die Noodsaaklikedienstekomitee se werksaamhede of kontak die KVBA.

 

Call centre: 0861 16 16 16

Share this page