Aansoek om padwaardigheidsertifikaat

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om ’n padwaardigheidsertifikaat

Jy moet ’n motorvoertuig vir padwaardigheid laat toets voordat jy dit in jou naam kan registreer. Indien die motorvoertuig vir openbare vervoer gebruik word of ’n swaarvoertuig (buiten ’n bus) is, moet jy dit elke jaar neem om vir padwaardigheid getoets te word voordat jy jou motorvoertuiglisensie hernu. ’n Bus moet elke ses maande vir padwaardigheid getoets word.
 
Alle motorvoertuie wat op ’n openbare pad bestuur word, moet ondersoek word ten einde hul padwaardigheid te bepaal. Dit is jou verantwoordelikheid, as die eienaar van die voertuig, om jou voertuig te laat toets. Die toets van motorvoertuie kan privaat of by openbare voertuigtoetsstasies gedoen word.
 
Aan die einde van die padwaardigheidstoets, indien die voertuig aan die vereistes voldoen, sal ’n kennisgewing uitgereik word.

Wat om te doen

  1. Besoek jou naaste voertuigtoetsstasie met die volgende dokumente:
    • voertuig se registrasiesertifikaat
    • identiteitsdokument 
    • vereiste fooi.
  2. Voltooi vorm ACR.

Tydsduur

Die aansoek word op dieselfde dag verwerk.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

Vorm ACR (Aansoek om Sertifikaat van Padwaardigheid)

Vorms is by jou naaste toetsstasie beskikbaar of jy kan dit vanaf die eNaTIS-webwerf aflaai.

Wie om te kontak

 

Share this page