Aansoek om registrasie as uitvoerder

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor ‘n aansoek vir ‘n uitvoerpermit

Om sekere goedere vanuit Suid-Afrika uit te voer moet jy ‘n permit hê om te verseker dat jy aan toepaslike uitvoerbeheermaatreëls voldoen.

Die uitvoer van sekere goedere mag beperk word om benefisiëringstrategieë te ondersteun of om plaaslike vervaardigers te help om grondstowwe te verkry voor dit uitgevoer word.

‘n Uitvoerpermit is nodig om te verseker dat goedere wat deur ‘n individu of organisasie uitgevoer word, voldoen aan die bepalings van internasionale ooreenkomste. Uitvoerpermitte help ook om die uitstroming van goedere van ‘n strategiese aard of smokkel- of gesteelde goedere te beheer.

Die beleid wat van toepassing is op die uitvoer van goedere verskil van sektor tot sektor. Indien jy inligting oor die beleid rakende die uitvoer van spesifieke goedere verlang, moet jy besonderhede van die goedere wat jy wil uitvoer aan die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC) se kantoor vir Invoer- en Uitvoerbeheer verskaf.

Nie alle goedere is onderhewig aan uitvoerbeheermaatreëls nie. ‘n Lys van goedere onderhewig aan uitvoerbeheermaatreëls is by ITAC beskikbaar en kan ook op versoek gepos, gefaks of per e-pos aan jou gestuur word.

Wat om te doen

Tydsduur

Die verwerking van die aansoek duur normaalweg twee dae, behalwe in die geval van uitvoer van afvalmateriaal waar dit tot 10 dae kan duur.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

 

Export Control
Tel: 0861 843 384 / 012 394 3590/1
Physical address The Import and Export Unit, International Trade Administration Commission, 77 Meintjies Street, Block D, Sunnyside, Pretoria, 0001
Postal address Import and Export Control, Private Bag X192, Pretoria, 0001
Web address http://www.itac.org.za

 

Share this page