Oor | Wat om te doen | Tydsduur | Hoeveel kos dit | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede
Meer oor die vervanging van ’n beskadigde, verlore of gesteelde bestuurslisensie-kaart
Indien jou lisensiekaart verloor, gesteel of beskadig is, kan jy vir ’n nuwe een aansoek doen.
Jy sal teen ’n bykomende koste vir ’n tydelike bestuurslisensie moet aansoek doen terwyl jy wag vir jou bestuurslisensie om uitgereik te word.
Daar sal nie van jou verwag word om ’n bestuurslisensie-eksamen af te lê om ’n vervangingskaart te kry nie, maar jy sal ’n oogtoets moet ondergaan en jou vingerafdrukke sal geneem word. Andersins kan jy jou oë by ’n optometris laat toets en die vorm by die bestuurslisensie-toetssentrum (BLTS) indien.
- Gaan na jou naaste BLTS met die volgende:
- identiteitsdokument (ID) en ’n afskrif van jou ID of ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort
- bewys van pos- en woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
- Indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou pos- en woonadres bevestig.
- Vier identiese swart-en-wit persoonsfoto’s. Bevestig met die lisensiekantoor hoeveel foto’s nodig is.
- Voltooi ‘n vorm NCP (Kennisgewing van verandering van adres of besonderhede van persone of organisasies).
- Voltooi die Aansoek om Bestuurslisensie-vorm (DL1).
- Daar sal van jou verwag word om ’n oogtoets te ondergaan. Andersins kan jy jou oë by ’n oogkundige van jou keuse laat toets en die uitslag saamneem na die BLTS.
- Jou nuwe bestuurslisensie behoort binne vier tot ses weke gereed te wees.
- ’n Tydelike bestuurslisensie word onmiddellik uitgereik.
Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.
Die Aansoek om Bestuurslisensie-vorm (DL1) is by enige is BLTS beskikbaar of vanaf eNatis.
- City of Johannesburg
- City of Tshwane
- City of Cape Town
- Nelson Mandela Bay
- Eastern Cape municipalities
- Free State municipalities
- Gauteng municipalities
- KwaZulu-Natal municipalities
- Limpopo municipalities
- Mpumalanga municipalities
- North West municipalities
- Northern Cape municipalities
- Western Cape municipalities