Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Meer oor die uitvoer van chemikalieë
Indien jy sekere chemikalieë wil uitvoer benodig jy toestemming van die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC).
Chemikalieë word beheer om te voldoen aan bepalings van die Montreal-protokol en die 1988 Verenigde Nasies se Konvensie teen Onwettige Dwelmhandel. Dit is internasionale pogings om onderskeidelik die osoonlaag te beskerm en internasionale dwelmhandel te beveg.
Wanneer jy aansoek doen vir ‘n permit om hierdie chemikalieë uit te voer, moet jy ‘n aanbevelingsbrief kry van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) of van die Departement van Omgewingsake, afhangende van die chemikalieë wat jy wil uitvoer.
Wat om te doen
- Gaan na ITAC of laai die toepaslike vorm af.
- Voltooi die aansoekvorm en dien dit saam met die volgende by ITAC in:
- 'n afskrif van jou BTW-sertifikaat.
- ‘n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument indien jy nie ‘n BTW-sertifikaat het nie
- aanbevelingsbrief van die SAPD of
- aanbevelingsbrief van die Departement van Omgewingsake indien die chemikalieë in die Montreal-protokol gelys is.
Vorms om in te vul
Aansoek vir uitvoerpermit: algemene goedere (Application for export permit: general goods)
ITAC | |
Tel | 0861 843 384 |
City/town | Pretoria |
Province | Gauteng |
Physical address | International Trade Administration Commission, 77 Meintjies Street, Block D, Sunnyside, Pretoria, 0001 |
Postal address | Private Bag X753 Pretoria, 0001 |