Verklaring oor die Kabinetsvergadering van Woensdag 26 April 2023

Kwessies in die omgewing

1.    Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie 2023

1.1.    Die Kabinet neem kennis dat die beleggingsmobiliseringsdoelwit van R1,2 triljoen, wat deur President Cyril Ramaphosa in 2018 gestel is, bereik is. Beleggingsverpligtinge wat by die 5de Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie gemaak is, het die regering in staat gestel om die gestelde teiken met R300 miljard te oorskry.

1.2.    Hoewel baie werk nog gedoen moet word om te verseker dat Suid-Afrika sy plek as 'n beleggingsbestemming van voorkeur kan terugwin, bevestig die bereiking van die beleggingsmobiliseringsteiken van R1,2 triljoen dat plaaslike en internasionale beleggers steeds vertroue in Suid-Afrika se waarde-aanbod het.

1.3.    Tot op hede is 82 projekte ter waarde van R170,7 miljard voltooi; 79 projekte ter waarde van R514 miljard is in aanbou, en 28 projekte ter waarde van R132,9 miljard is in die vroeë stadiums van implementering. Hierdie projekte sluit in die bou van nuwe fabrieke, aankoop van toerusting, sink van mynskagte en die inwerkingstelling van breëbandinfrastruktuur.

1.4.    Die regering is druk besig om beleggingsbeperkende uitdagings wat die land in die gesig staar die hoof te bied, aangesien die taak om R2 triljoen se beleggings in die tweede rondte van beleggingsmobilisering begin. 

2.    Internasionale Strafhof

2.1    Die Kabinet herbevestig Suid-Afrika se deelname aan die Internasionale Strafhof (ICC), en bevestig dat die land steeds 'n ondertekenaar van die Statuut van Rome is. 

2.2    Suid-Afrika sal voortgaan om die versterking van instellings van globale bestuur te bepleit; ons gaan ook voort om ons te beywer vir gelyke en konsekwente toepassing van die internasionale reg.

2.3    Die President het 'n Interministeriële Komitee (IMK) onder voorsitterskap van die Adjunkpresident aangestel, wat verskeie opsies oor die aangeleentheid oorweeg.

3.    Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA) Besigheidsforum 

3.1    Suid-Afrika was mede-gasheer van die eerste AfCFTA Besigheidsforum, wat van 16 tot 18 April 2023 in Kaapstad gehou is, met die doel om die implementering van die AfCFTA te versnel en handel en beleggings te aktiveer. Ongeveer 1 000 afgevaardigdes van regoor die vasteland van Afrika het dit bygewoon.

3.2    Beraadslaging tydens die driedaagse forum het gefokus op strategiese ekonomiese sektore soos die motorvoertuig- en farmaseutiese bedryf, landbou- en landbouverwerking, leer en skoene, vervoer en logistieke infrastruktuur, sowel as die digitale ekonomie, insluitend digitale handel.

3.3    Die bevordering van Afrika se produktiewe vermoë in alle sektore van die ekonomie word wyd erken as 'n voorvereiste vir die suksesvolle implementering van die AfCFTA. Die private sektor word aangespoor om geleenthede te identifiseer om investering in streekswaardekettings en die ontwikkeling van plaaslike vervaardigingsvermoëns te verhoog en sodoende die intra-Afrika handel van produkte en dienste wat in Afrika gemaak word, te verhoog.

4.     Elektrisiteitsvraag-bestuursveldtog

4.1      Een van die maklikste maniere hoe ons almal kan help om die ligte aan te hou, is deur kragverbruik te verminder, veral gedurende tydperke van hoë energieverbruik, gewoonlik van 17:00 tot 21:00, as deel van aanvraagbestuursinisiatiewe. Deur ons verbruik te verminder kan ons 'n wen-wen-situasie skep wat druk op die kragnetwerk verminder en huishoudings sal help om koste te verminder sonder om besigheidsproduktiwiteit of lewensgehalte te beïnvloed.

4.2 Die Kabinet doen ‘n beroep op almal om hul deel te doen deur energie spaarsaam te gebruik terwyl Eskom met onafhanklike energievervaardigers saamwerk om nuwe kapasiteit te genereer.  

4.3 Aanvraagbestuursmaatreëls is 'n wêreldwye verskynsel en daar is  bewys dat dit spitsaanvraag verminder en energiebehoud bevorder. 

4.4 Ons het dit tydens die 2010 Wêreldbeker bewys. Die doel is dat almal moet saamwerk om elektrisiteit te bespaar deur nie-noodsaaklike toestelle af te skakel, met gas te kook, energiedoeltreffende gloeilampe te installeer en toestelle soos geisers af te skakel wanneer dit nie gebruik word nie.

4.5 Die teiken is om sowat 1000 MW se krag te bespaar, wat gelykstaande is aan een stadium van beurtkrag.
    
4.6 Die Kabinet neem kennis dat 'n aantal groot klante reeds deelneem aan
Eskom se aanvraag-inisiatiewe, en doen 'n beroep op alle belanghebbendes insluitend sake-, nywerheids- en residensiële kliënte om gehoor te gee aan die oproep en by die Aanvraagbestuursveldtog aan te sluit.

5. Toegang tot water

5.1     Die Kabinet verwelkom die opening van die voltooide Spring Grove-watersuiweringsaanleg in Rosetta en die Bruntville-opgaardam as deel van die Groter Mpofana grootmaat-watervoorsieningskema in die Mooirivier, uMgungundlovu-distrik van KwaZulu-Natal.

5.2    Saam met die maatskaplike en ekonomiese voordele wat uit die voorsiening van watervloei, bring hierdie projek betroubare watervoorsiening en waardigheid aan 130 000 inwoners in die distrik.

5.3 Die Kabinet het ook opgemerk dat vordering gemaak word met die Giyani-waterprojek, waardeur 24 uit 55 dorpe wat geïdentifiseer is om by die projek te baat, binnekort water sal hê. 

6. Kieswet-wysigingswetsontwerp

6.1 Die Kabinet het kennis geneem van die ondertekening van die Kieswet-wysigingswetsontwerp van 2022 deur President Ramaphosa. Die bygewerkte wetgewing voorsien die regsekerheid wat nodig is om die land voor te berei vir die 2024 Algemene Verkiesing. 

6.2 Die gewysigde Kieswet maak voorsiening daarvoor dat onafhanklike kandidate as mededingers aan verkiesings in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewing ingesluit kan word. 

6.3     Die Kieswet-wysigingswetsontwerp brei verkiesingsdeelname en leierskapkeuses vir Suid-Afrikaanse burgers buite politieke partye in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers uit. 

7. Vryheidsdag

7.1  Die verskillende Vryheidsdagvierings wat op 27 April 2023 regoor die land gehou is, het ons daaraan herinner dat ons gemeenskaplike nasionale identiteit gebou is op     respek vir mekaar en ons passie vir en trots op ons land.

7.2     Die nasionale Vryheidsdag-herdenking by Dr Kenneth Kaunda Distriksmunisipaliteit in die Noordwes Provinsie, is onder die tema "Konsolidering en bewaring van demokratiese winste" gehou.

 7.3 Vryheidsdag 2023 val saam met die 27ste herdenking van die inwerkingtreding van die Grondwet en 29 jaar van vryheid.

8. Internasionale betrekkinge 

8.1  President Cyril Ramaphosa was gasheer vir President Hage Geingob van Namibië tydens 'n Staatsbesoek wat daarop gemik is om die stewige historiese bande wat ons twee lande deel, verder te versterk nasies.

8.2   Gesprekke tussen die twee staatshoofde en ministeriële afvaardigings het gefokus op bilaterale betrekkinge, samewerking tussen die twee lande oor globale kwessies en samewerking in handel en belegging. Hierdie vennootskap sal later vanjaar verder versterk word deur die 'n sakeforum in Namibië tussen maatskappye van die twee lande.

8.3  President Cyril Ramaphosa was op 25 April gasheer tydens die Finse president Sauli Väinämö Niinistö se staatsbesoek aan Suid-Afrika. Betrekkinge tussen Suid-Afrika en Finland is diepgewortel en het ontstaan uit Finland se sterk steun vir Suid-Afrika se bevrydingstryd.

8.4 Betrekkinge tussen die twee lande het sedert 1994 bestendig gegroei, met Finse beleggings van meer as R2 miljard in Suid-Afrika oor die afgelope drie jaar.

9. Ontruiming van Suid-Afrikaners en ander nasies uit Soedan
 

 9.1 Die Kabinet het 'n verslag verwelkom wat die komplekse maar suksesvolle ontruiming van Suid-Afrikaners uit Soedan, waar konflik 'n impak op burgers van ander lande het, uiteensit.

9.2     Die Departement van Internasionale Betrekkinge en die Suid-Afrikaanse Lugmag het saamgewerk om Suid-Afrikaners na veiligheid te bring.

9.3 Die Suid-Afrikaanse ontruimingsending het ook burgers van Angola, Namibië, Zimbabwe, Lesotho en Brasilië bygestaan.

9.4  Die Kabinet het sy waardering uitgespreek teenoor die regering van Egipte vir die ondersteuning van ons ontruimingsending en die Verenigde Arabiese Emirate vir die ontruiming van een Suid-Afrikaner, wat nou deur ons sending in Jeddah bygestaan word om terug te keer huis toe. Vyf Suid-Afrikaners is nog in Soedan omdat hulle ten tyde van die ontruiming nog nie met ons ambassade kontak gemaak het nie. Die Kabinet doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om altyd ons sendings in kennis te stel van hul teenwoordigheid wanneer hulle in die buiteland reis, insluitend vir vakansiedoeleindes.

9.5 Die Kabinet het ‘n oproep vir die beëindiging van vyandelikhede in Soedan herhaal en bepleit vrede en kalmte onder die partye wat by die konflik betrokke is, in ooreenstemming met die Afrika-unie (AU) se doelwit om om gevegte op die vasteland te staak. 

10. Belegging in Hoëronderwys-fasiliteite 

Minister Nzimande het op 24 April 2023 twee geboue by die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) onthul, wat deur die Departement se Infrastruktuur- en Doeltreffendheidstoekenning en die Sibusiso Bengu-ontwikkelingsprogram befonds word:
 
a. Nuwe Fakulteitsgebou vir Onderwys (bekend as die Suidkampus Onderwysgebiedprojek) - R268,659 miljoen, wat deur beide die IEG en SB-DP befonds is, is gebruik om 'n bestaande gebou op te op te gradeer wat voorheen die fakulteite Chemie, Wiskunde, Rekenaarwetenskappe en Statistiek gehuisves het.
 
b. Unibell-koshuis – R670 miljoen is befonds deur die IEG- en DBSA-lening vir die bou van 'n 2 720-bed studentebehuisingsprojek wat uit vier verdiepings per blok bestaan, met ses blokke gebou op 'n perseel in Belhar, aangrensend tot die hoof Bellville-kampus.

Die Unibell-Koshuisprojek is moontlik gemaak deur gesamentlike pogings van die Departement se IEG-bydrae van R235 miljoen (35%) en UWK se eie fondse (30%) aangevul deur skuldfinansiering van die DBSA (35%).
  
Minister Nzimande het op 21 April 2023 twee geboue en 'n IT-sentrum in Mthatha by die Walter Sisulu Universiteit WSU onthul, wat deur die Infrastruktuur- en Doeltreffendheidstoekenning (IEG) en Sibusiso Bengu-ontwikkelingsprogram (SB-DP) befonds word. Hierdie geboue is geleë op die Nelson Mandela-rylaan en Zamukulungisa-afleweringsterreine:
 
a. East Teaching Mall - R25.971 miljoen wat deur die IEG befonds is, is gebruik om die opknapping van 19 lesingsale en 13 studieklasse vir onderrig en leer by die Nelson Mandela Drive-afleweringsterrein te voltooi.
 
b. Studentekoshuis – R52.799 miljoen wat deur die IEG befonds is, is gebruik om die opknapping van KTC- en KGB-studentekoshuise met 'n totaal van 314 studentebeddens by die Nelson Mandelarylaan-afleweringsterrein te voltooi.
 
c. IT-spilpunt – R14.135 miljoen befonds deur die SB-DP en gebruik om die konstruksie van nuwe IT-spilpunt te voltooi, wat sal dien as ‘n multifunksionele ruimte vir studente en dosente by die Zamukulungisa-afleweringsterreine.

11. Kabinetsbesluite

Aanstellings 

All Alle aanstellings is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en die toepaslike klaring.

1. Mnr Siyabonga Charles Zama as Adjunk-Direkteur-generaal (ADG): Opgradering van informele nedersettings en noodbehuising in die departement van menslike nedersettings.

2. Me Zenkosi Dumile Mhlongo as DDG: Navorsingsbeleid, -strategie en -beplanning in die Departement van Menslike Nedersettings.

3. Mnr Jabulani Hugh Hlatshwayo as die ADG: Inligting- en Kommunikasietegnologie in die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling.

4. Mnr Dipepenene Serage as ADG: Landbouproduksie, Gesondheid en Voedselveiligheid en Rampbestuur in die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling.

5. Me Hlengiwe Bhengu as Hoof Finansiële Beampte by die Departement Internasionale Betrekkinge en Samewerking.

6. Me Lucy Bele as finansiële hoof in die departement van menslike nedersettings.

Die Kabinet stem ook saam met die volgende aanstellings

Direksie van die Waternavorsingskommissie

(a)     Dr Rethabile Melamu (Voorsitter);
(b)     Dr Harrison Pienaar (Ondervoorsitter);
(c)     Prof Nnenesi Kgabi
(d)     Mnr Willem Baird
(e)     Adv. Reinette Mary Rosey;
(f)     Prof Aldo Stroebel;
(g)     Me Zama Portia Dlamini;
(h)     Dr Tendai Sawunyama;
(i)         Me Nkuli Mxenge-Mayende; en
(j)         Me Megan Schalkwyk

Raad van die Nasionale Loterykommissie

(a)     Me Beryl Ferguson;
(b)     Me Precious Mvulane;
(c)     Mnr Willie Hofmeyr;
(d)     Mnr Tembinkosi Bonakele;
(e)     Mnr Lionel October; en
(f)     Me Irene Ramafola


Lede van die Myn Gesondheids- en Veiligheidsraad

(a)     Mnr David Msiza (Voorsitter);
(b)     Mnr Xolile Mbonambi;
(c)     Dr Lindiwe Ndelu;
(d)     Mnr Victor Mahwasane;
(e)     Me Constance Titi Kekana (plaasvervangende lid);
(f)     Dr Dipalesa Moboto (Alternatiewe lid);
(g)     Mnr Mthokozisi Zondi;
(h)     Mnr Thabo Ngwenya (Alternatiewe lid);
(i)     Mnr Masibulele Naki;
(j)     Me Naledi Tsipane (Alternatiewe lid);
(k)     Me Melanie Roy;
(l)     Mnr Victor Radebe (Alternatiewe lid);
(m) Mnr Nicholas Van Rooyen;
(n)     Mnr J White (Alternatiewe lid);
(o)     Adv. Paul Mardon;
(p)     Mnr Johan Du Toit Boning (Alternatiewe lid);
(q)     Mnr Phuthuma Manyathi;
(r)     Mnr Gabriel Nkosi (Alternatiewe lid);
(s)     Dr Thuthula Balfour;
(t)     Mnr Vijay Nundall;
(u)     Mnr Stuart Sepetla;
(v)     Mnr Ronald Mafoko;
(w) Mnr Joseph Phakathi (Alternatiewe lid);
(x) Me Letisha van der Berg; en
(y) Dr Joseph Matjila (Alternatiewe lid).

A.    Toekomstige gebeure

1.    Afrika-maand

1.1.    Suid-Afrika sal Afrika-maand en Afrika-dag in Mei 2023, saam met die res van die vasteland vier. Op 25 Mei 2023 sal Afrika die 60ste bestaansjaar van die Organisasies vir Afrika-eenheid (OAE) vier.

1.2.    Die maand is 'n geleentheid om Afrika-eenheid en sterker streeksintegrasie te bevorder en Afrika weer tot 'n gemeenskaplike bestemming te verbind. Die Kabinet doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om saam te werk en daarna te streef om 'n beter, verenigde en welvarende kontinent te bou.

2.    Nasionale Ordes

2.1.    President Cyril Ramaphosa sal op 28 April 2023 nasionale ordes aan Suid-Afrikaners en vooraanstaande buitelandse burgers toeken. Nasionale ordes is die hoogste toekennings wat ons land aan sy burgers en vooraanstaande buitelandse burgers toeken, wat tot die bevordering van demokrasie bygedra het en 'n beduidende bydrae gelewer het om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter.

2.2.    Die Nasionale Ordes erken ook die bydraes wat individue gelewer het om 'n nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en welvarende Suid-Afrika te bou soos in ons Grondwet voorsien word.

3. Begrotingsredes

3.1 Staatsdepartemente sal hul begrotingsredes in Mei aan die Parlement voorlê.

3.2 Begrotingsredes kombineer 'n oorsig van 'n departement se prestasie tydens die afgelope finansiële jaar asook sy planne vir die implementering van die verpligtinge wat deur die President in die Staatsrede uiteengesit is.

3.3 Die Kabinet doen 'n beroep op burgers om die begrotingsredes noukeurig te volg om te sien hoe onderskeie departemente dienslewering in die toekoms sal prioritiseer.

3.4 Op 4 Mei 2023 sal die Minister van Menslike Nedersettings, Me Mmamoloko
          Kubayi, 'n imbizo- en diensskou in Soweto lei as deel van die opbou tot hul begrotingsrede op 10 Mei 2023.

3.5 Hierdie geleentheid sal uitdagings wat die plaaslike inwoners met die menslike nedersettingsportefeulje ervaar, bespreek, en sal ook die sektorale programme waarby gemeenskappe baat, bevorder. 

4. Werkersdag 

4.1 Werkersdag sal op Maandag1 Mei 2023, herdenk word ter erkenning van die deurslaggewende rol wat werkers speel om die ekonomie en die samelewing op te bou in die Nasionale Ontwikkelingsplan in die vooruitsig gestel.

4.2 Werkersdag laat ons nadink oor die voordele wat werkers gedurende 29 jaar van vryheid ervaar het en om die uitdagings wat werkers in 'n beperkte ekonomie in die gesig staar, te identifiseer.

4.3 Dit is ook 'n dag om ons weer daartoe te verbind om alles in ons vermoë te doen om geleenthede te skep vir die miljoene Suid-Afrikaanse werkers wat werkloos is en nie in staat is om hul vaardighede uit te oefen of om voorsiening te maak vir hulself en die mense rondom hulle nie.

4.4 Die Regering se verbintenis tot die verbetering van werkplekomstandighede en gelykheid in die arbeidsmark word weerspieël in beduidende wysigings aan die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes en die Wet op Gelyke Indiensneming, wat onlangs deur President Ramaphosa onderteken. 

5.    Wêreld Persvryheidsdag

5.1  Suid Afrika sal by die res van die wêreld aansluit om Wêreld Persvryheidsdag op 3 Mei 2023 te herdenk. Hierdie dag bied ons die geleentheid om oor die stand van mediavryheid in ons samelewing te besin sowel as oor die uitdagings wat die media in die gesig staar en die rol wat vinnig ontwikkelende media in ons samelewing speel.

5.2  'n Vry en onafhanklike media is 'n integrale deel van enige demokrasie; ons sal daarom voortgaan om te verseker dat die media vry is om akkuraat, regverdig en onafhanklik verslag te doen.

6. Netbal-wêreldbeker 

6.1 Met minder as 100 dae tot die begin van die eerste Netbal-wêreldbeker wat van 28 Julie tot 6 Augustus gehou word, doen die Kabinet 'n beroep op ons mense om as gasheernasie weereens die rooi tapyt vir 'n internasionale geleentheid uit te rol.

6.2 Met die Netbal-wêreldbeker wat in Kaapstad plaasvind, sal Suid-Afrika voortbou op sy bewese rekord om suksesvolle mega-geleenthede aan te bied, insluitend die onlangse Formule E Kaapstad ePrix.

6.3 Die lesse wat uit die aanbieding van hierdie geleenthede geleer is, is geïntegreer in ons beplanning om te verseker dat sportliefhebbers en besoekers aan ons land 'n aangename en veilige verblyf ervaar.

6.4 Die Kabinet doen 'n beroep op die nasie om die Netbal Vrydae-veldtog te ondersteun, wat almal aanmoedig om elke Vrydag hul ondersteunersdrag aan te trek om hul steun vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Netbalspan, bekend as die Spar Proteas, te toon.

7. 16de vergadering van die Konferensie van Partye (COP 16) tot die Basel-konvensie

7.1     Suid Afrika sal aan COP 16 tot die Basel-konvensie deelneem wat in Genève, Switserland gehou word vanaf 1 tot 2 Mei 2023.

7.2     Die Basel-konvensie is ingestel om menslike gesondheid en die omgewing te beskerm teen die nadelige gevolge wat mag voortspruit uit die vervoer van gevaarlike afval. Suid-Afrika het op 5 Mei 1994 tot hierdie konvensie toegetree.

7.3     Die Kabinet het Suid-Afrika se onderhandelingsmandaat vir COP 16 tot die
         Basel-konvensie goedgekeur.

7.4     COP 16 tot sal rug-aan-rug gehou word met die 11de vergadering van die Konferensie van die Partye tot die Rotterdam-konvensie oor die Prosedure vir Vooraf Ingeligte Toestemming vir Sekere Gevaarlike Chemikalieë en Plaagdoders in Binnelandse Handel.

7.5 Hierdie verdrag bevorder gedeelde verantwoordelikheid en samewerking tussen partye in die internasionale handel in gevaarlike chemikalieë. Suid-Afrika het hierdie verdrae bekragtig omdat dit positiewe implikasies vir die omgewing en menslike gesondheid inhou.

Boodskappe

1.    Gelukwense

Die Kabinet het sy gelukwense en goeie wense oorgedra aan: 

  • •    Die familie en vriende van die jazz-legende Hugh Masekela. Bra Hugh is postuum in die Ertegun Hall of Fame in New York opgeneem. Die ontslape Suid-Afrikaanse musikant sluit aan by ander ingehuldigdes soos Louis Armstrong, Nat “King” Cole en Miles Davis.
  • •    Die Kabinet het ook erkenning gegee aan HOT 102.7FM, wat as 'n finalis in vier kategorieë vereer is by die 2023 New York-fees se Radiotoekennings in die Verenigde State, wat erkenning gee aan rolspelers uit meer as 30 lande. 

2.    Meegevoel 

Die Kabinet het sy meegevoel betuig met die familie en vriende van:

  • Mnr Harry Belafonte, die internasionaal-bekroonde Amerikaanse sanger, akteur en aktivis. Hy was 'n belese kampvegter vir burgerregte van Afro-Amerikaners en hy het wêreldwye aandag gevestig op die anti-apartheidstryd.
  • Hy het 'n deurslaggewende rol gespeel in die bekendstelling van die internasionale loopbane van Suid-Afrikaanse musikante Miriam Makeba en Hugh Masekela, wat die wêreld blootgestel het aan Suid-Afrikaanse melodieë, harmonieë en ritmes, wat alle aspekte van die lewe in Suid-Afrika gekommunikeer het, en veral, ons stryd om vryheid.
  • Mnr Tiego Moseneke, 'n prominente prokureur, sakeman en voormalige studente-aktivis.
  • Mnr Mbulelo Musi, 'n voormalige lid en kommissaris van uMkhonto We Sizwe, een van die 16 Junie 1976-aktiviste, 'n hoogaangeskrewe en bekwame staatsamptenaar, asook ‘n veteraan-kommunikeerder, wat die regering met onderskeiding gedien het.
  • Voormalige Vrystaatse premier Beatrice Marshoff, wat die mense van Suid-Afrika onbaatsugtig in baie rolle gedien het deur haar lang en voortreflike loopbaan.
  • Loyiso Nkohla, 'n gemeenskapsaktivis wat sy lewe daaraan gewy het om die lewens van verwaarloosde gemeenskappe van die Wes-Kaapse townships te verbeter. Hy is vermoor terwyl hy gemeenskapsfasilitering gedoen het vir die hervestiging van mense wat langs die spoorlyn woon ter voorbereiding van die herstel van die Central Line-treindiens. Die Kabinet het wetstoepassers opdrag gegee om diegene wat verantwoordelik is vir die moord op mnr Nkohla uit te lewer. Die Kabinet wens ‘n spoedige herstel vir diegene wat tydens die voorval beseer is, toe.
  • Die families van Nqobile Zulu (5) en sy vriend Tshiamo Ramanye (6), wie se liggame op Donderdag 20 April 2023 vermink gevind is in Soweto. Die Kabinet veroordeel die gru-moorde ten sterkste en doen 'n beroep op die publiek om die polisie by te staan om die oortreders op te spoor. Indien iemand enige inligting het, word hulle versoek om die Misdaadlyn by 08600 10111 te kontak.
  • Agt lede van die Memela-gesin van die Imbali-woongebied in Pietermaritzburg wat doodgeskiet is, asook twee vroue wat op Vrydag 21 April 2023 besoekers in hul huis was.
  • Die Kabinet prys die polisie vir die spoedige opsporing van die vermeende verdagtes en vir die terugvind van drie vuurwapens. Een verdagte is op Vrydag 21 April 2023 in 'n skietvoorval met die polisie doodgeskiet. 'n Tweede verdagte is gewond en in hegtenis geneem en een het gevlug.
     

Navrae: Mnr Tyrone Seale – Waarnemende Regeringswoordvoerder
Selfoon: 083 5757 440

Share this page

Similar categories to explore