Verklaring oor die Kabinetsvergadering op Woensdag, 24 November 2021

A.    Kwessies in die omgewing

1.    Inenting teen die koronavirussiekte (KOVID-19) -pandemie

1.1.    Die Kabinet is verheug om te verneem dat meer as 260 000 mense ingeënt is tydens die tweede Vooma-inentingsnaweek wat vanaf 12 tot 14 November 2021 landswyd plaasgevind het.   
1.2.    Ons moet onthou dat die virus nog nie uitgewis is nie en dat inenting ons teen erge siekte, hospitalisasie en die dood beskerm.
1.3.    Inenting is gratis vir alle mense wat in Suid-Afrika woon; en alle mense wat 12 jaar en ouer is, word aangespoor om ingeënt te word. Kom ons word almal ingeënt en geniet saam ’n veilige en gelukkige feesseisoen saam met ons familie, vriende en geliefdes. 

2.    Streeksontwikkelingsmodel
2.1.    Die Kabinet verwelkom die besoek deur President Cyril Ramaphosa aan die Ugu-streek in KwaZulu-Natal op Vrydag, 12 November 2021 met betrekking tot die ontwikkeling van die Oostelike Kusstrook, wat ’n kuslyn van 600km tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap behels.
2.2.    Die ontwikkeling van die Oostelike Kusstrook is ’n voorkeurprojek vir die streeksontwikkelingsmodel wat daarop gemik is om inklusiewe plaaslike gemeenskappe te vestig om sodoende die nalatenskap van die apartheid-gedrewe ruimtelike beplanning te oorkom. Die projek is daarop gemik om die potensiaal van die breedvoerige natuurlike hulpbronne van die streek in te span vir ekonomiese groei.   

3.    Mediumtermyn-begrotingsbeleidstelling (MTBPS)
3.1.    Die Kabinet ondersteun ten volle die beplande weg vorentoe soos uiteengesit deur die MTBPS en voorgelê aan die Parlement deur die miniser van finansies, Enoch Godongwana, in Kaapstad op Donderdag, 11 November 2021. Hierdie beleid stuur ’n ernstige boodskap van ons verbintenis tot omsigtige fiskale dissipline.
3.2.    As deel van ons maatskaplike verbintenisse is 60% van ons begroting toegewy aan behuisingsontwikkeling, gratis basiese dienste, inwerkstellingsprogramme, asook gesondheidstoelaes, onderrigtoelaes en maatskaplike toelaes. 
3.3.    Die inisiatiewe wat in die MTBPS omskryf is, toon dat die regering ’n duidelik-uiteengesette plan het om die ekonomie deur die ontwrigting wat deur die KOVID-19-pandemie veroorsaak is, te lei en ons land op koers te kry vir ’n langtermyngroeiplan. 

4.    Intra-Afrika Handelsbeurs 2021 (IATF2021)
4.1.    Die suksesvolle IATF2021 – wat plaasgevind het vanaf 15 tot 21 November 2021 by die Inkosi Albert Luthuli-internasionale konferensiesentrum – het die samewerking tussen intra-Afrika-handel en -beleggings versterk.
4.2.    Die IATF het sakeleiers byeengebring om handels-, beleggings- en markinliging te deel asook beleggingsgeleenthede in die kontinent aan te wakker. Suid-Afrikaanse goedere en dienste is ook beklemtoon en bemark om netwerke op te bou en vennootskappe te vestig om sodoende uitvoere na die kontinent te verhoog.

5.    Veiligheid op tuisbodem
5.1.    Die Kabiet spreek sy besorgdheid uit oor die veiligheid van kinders na aanleiding van die onlangse vlaag kinderontvoerings in verskeie dele van die land. Tydens die komende feesseisoen met ouers en versorgers ekstra-bewus wees van die veiligheid van die kinders in hul sorg asook altyd weet waar die kinders is. 
5.2.    Ouers en versorgers word aangespoor om basiese veiligheidsmaatreëls met die kinders in hul sorg te bespreek, insluitend die risiko’s verbonde aan KOVID-19 en die gepaardgaande veiligheidsmaatreëls. Ons moedig ook ouers en versorgers aan om oorweging te gee aan watter aktiwiteite hul kinders, veral die jeug, veilig aan kan deelneem.
5.3.    Byeenkomste soos Matriekeindjaarfunksies en Matriekeindjaarpartytjies het die potensiaal om in KOVID-19-superverspreidersgeleenthede te ontaard. Groot byeenkomste, veral dié waarby alkohol betrokke is, dra ’n enorme risiko en ondermyn ons pogings om die verspreiding van die virus te bekamp.

6.    Vorming van plaaslike regeringskoalisies
6.1.    Die Kabinet bedank alle landsburgers wat gaan stem het in die 2021 plaaslike regeringsverkiesing op Maandag, 1 November 2021 om te bepaal wie op plaaslike vlak moet regeer. Daar word ook melding gemaak van die koalisie-ooreenkomste wat onlangs aangekondig is in die munisipaliteite waar daar geen duidelike wenner was nie. 
6.2.    Die Kabinet wens alle nuutverkose burgemeesters en raadslede geluk en wens hulle ook sterkte toe met die belangrike taak om munisipale dienste aan alle gemeenskappe te verskaf, ongeag hul politieke standpunt. Die Kabinet wens ook die politeke partye geluk met die betaamlike wyse waarmee hulle hulself gehandhaaf het tydens die plaaslike regeringsverkiesings en die samesprekings tydens die vorm van koalisies. 

7.    Maatskaplike eenheid 
7.1.    Die Kabinet neem kennis van die stygende xenofobiese gevoelens en stereotipes teen buitelandse burgers in sommige dele van die land.  
7.2.    Die stormloop van KOVID-19 het alle mense in Suid-Afrika geraak en die negatiewe gevoelens wat deur ’n handjievol mense aangevuur word, verteenwoordig nie die ware stand van sake en die sterk, positiewe verhouding tussen buitelanders wat saam met ons burgers in ons gemeenskappe woon nie. 
7.3.    Die Kabinet doen ’n beroep op ons gemeenskappe om waaksaam te wees en nie opgesweep te word om ander mense te haat nie. Daar word ’n beroep gedoen op almal om verantwoordelik en binne die gereg op te tree. Rapporteer enige gevalle van wetteloosheid, byvoorbeeld intimidasie en openbare geweld, aan wetstoepassingsagentskappe. 

B.    Kabinetsbesluite
1.    Uitkomste van die 26e sitting van die Konferensie van die Partye (COP26) tot die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering (UNFCCC)
1.1.    Die Kabinet is deur die minister van bosbou, visserye en die omgewing, me. Barbara Creecy, ingelig van die uitkomste van die 26e sitting van die Konferensie van die Partye tot die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering (COP26) in Glasgow, Skotland in die Verenigde Koninkryk (VK) vanaf 21 Oktober tot 13 November 2021.
1.2.    Suid-Afrika se deelname was gegrond in die land se verbintenis tot die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering van 2015, om kweekhuisgasse te verminder en die klimaatsveerkragtigheid van die land se samelewing en ekonomie te groei. Die land se verskuiwing na hernubare energie hou baie voordele in vir beide ons omgewing en die ekonomie. 
1.3.    Die Kabinet verwelkom die historiese Just Transition-vennootskap wat deur Suid-Afrika in samewerking met Frankryk, Duitsland, die VK, die Verenigde State van Amerika en die Europese Unie gevorm is en by COP26 aangekondig is.  
1.4.    Die Kabinet neem kennis van die aanbod deur die vennootskap om R131 miljard oor die volgende drie tot vyf jaar te mobiliseer om Suid-Afrika se Just Transition-planne te steun. Die aanbod is in ooreenstemming met die verbintenis onder die Parys-ooreenkoms deur ontwikkelde lande om ontwikkelende lande se klimaatsaksies te steun, insluitend dié van Suid-Afrika. 
1.5.    ’n Interministeriële komitee onder leiding van President Cyril Rhamaphosa sal die werk koördineer aan die land se Just Transition-plan asook aan die finansiële aanbiedinge wat aan Suid-Afrika aangebied is in terme van die vennootskap.
1.6.    Kabinet het verder ook ’n mandaat aan die die regering gelewer om ’n finansiële span bestaande uit die Nasionale Tesourie; die Nywerheidsontwikkelingskorporasie; die departement van bosbou, visserye en die omgewing; Eskom en ander finansiële deskundiges te ontwikkel om die tegniese aspekte van die vennootskap en aanbod te oorweeg. 

2.    Verlenging van die Nasionale Ramptoestand
2.1.    In terme van Artikel 27(5) (c) van die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet 57 van 2002), keur die Kabinet die verlenging van die Nasionale Ramptoestand tot 15 Desember 2021 goed. Hierdie maatreëls verleen bystand aan die land se stryd teen die verspreiding van die KOVID-19-virus. 

3.    Bewusmakingsmaand vir die Regte van Mense met Gestremdhede
3.1.    Die Kabinet keur die konsepbenadering goed vir vanjaar se viering van die Bewusmakingsmaand vir die Regte van Mense met Gestremdhede, wat jaarliks vanaf 3 November tot 3 Desember gevier word. Vanjaar se tema is: “Die Jaar van Charlotte Mannya Maxeke – Skep en Realiseer ’n Ingeslote Samelewing Wat die Regte van Mense met Gestremdhede Vereer”. 
3.2.    Die veldtog fokus op die bewusmaking oor mense met gestremdhede in ons samelewing, en vier ook die vordering wat ons as land gemaak het om plek te maak vir die aktiewe deelname deur mense met gestremdhede aan ons land se ekonomiese groei. Die minister in die presidensie vir vroue, jeug en mense met gestremdhede, me. Maite Nkoana-Mashabane, sal binnekort die weeklikse programtemas bekendstel.
3.3.    Suid-Afrika het die Verenigde Nasies (VN) se Konvensie oor die Regte van Mense met Gestremdhede bekragtig.

4.    Statusverslag van Nasionale Regte van Kinders 
4.1.    Die Kabinet keur die publikasie van die jaarlikse Statusverslag van die Regte van Kinders goed. Dit is die eerste breedvoerige statusverslag vir kinderregte vir die land en is ontikkel met behulp van die land se Nasionale Plan van Aksie vir Kinders 2019-2024. 
4.2.    Die verslag belyn die vordering wat gemaak is in terme van wetgewing en beleide wat daarop gemik is om die regte van kinders te beskerm en bevorder, soos voorsien in die Handves van Regte.

5.    Staatspartyverslag aan die Afrika-handves oor die Regte en Welsyn van die Kind (ACERWC)
5.1.    Die Kabinet keur Suid-Afrika se staatspartyverslag goed wat aan die ACERWC van die Afrika-unie (AU) voorgelê sal word. 
5.2.    Hierdie is die derde verslag wat Suid-Afrika aan die ACERWC sal voorlê, belyn met die land se rol as ondertekenaar van die AU se verantwoordelikhede teenoor die welsyn en beskerming van die kontinent se kinders. Die huidige verslag, wat in Maart 2022 aan die Parlement voorgelê sal word, bied ook terugvoering op die opmerkings wat deur die ACERWC gemaak is na aanleiding van ons 2016-verslag. 

6.    Spesiale vergunningspermit aan Zimbabwiërs (ZEP)
6.1.    Die Kabinet het oorweging gegee aan die veelbesproke ZEP en ook kennis geneem van die vals nuus wat versprei is rakende hierdie permitte. Die eerste spesiale vergunning aan Zimbabwiërs is in 2009 ingestel, genaamd die “Dispensation for Zimbabwe Permit”. Dit het dokumentasie verskaf aan Zimbabwiërs vir ’n tydperk van vyf jaar.
6.2.    In 2014 is hierdie vergunning met drie jaar verleng en herdoop na die “Zimbabwean Special Permit”. Die huidige ZEP is in 2017 ingestel en eindig op 31 Desember 2021.
6.3.    Na beraadslaging het die Kabinet besluit om nie voortaan enige sulke vergunnings aan Zimbabwiërs uit te reik nie. Daar is egter op ’n grasie-tydperk van 12 maande besluit voor die huidige ZEP sal verval.  
6.4.    Tydens hierdie tydperk kan enige mense in besit van hierdie vergunningspermit aansoek doen om enige permit van toepassing op hul spesifieke status of omstandighede. Aan die einde van die 12-maande tydperk sal enigeen wat onsuksesvol was in hul aansoek om ’n ander permit die land moet verlaat of deporteer word.  

7.    Hervorming van die Suid-Afrikaanse kiesstelsel om onafhanklike kandidate in te sluit
7.1.    Die Kabinet keur die inhandiging by die Parlement van die verslag deur die ministeriële advieskomitee (MAK) vir die hervorming van kiesstelsels goed. Die kiesreghervormings is onderneem nadat die Grondwetshof in 2020 die huidige Verkiesingswet, 1998 (Wet 73 van 1998) as ongrondwetlik verklaar het, aangesien dit slegs voorsiening maak vir die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers vanuit kandidate verbonde aan ’n politieke party. 
7.2.    Die MAK-verslag sluit voorstelle in wat die ongrondwetlike aspekte van die Verkiesingswet van 1998 kan regstel.

8.    Raamwerk vir sektorale emissieteikens (SETs) 
8.1.    Die Kabinet keur die raamwerk vir SETs soos belyn met Suid-Afrika se implementering van die Parys-ooreenkoms, onderteken deur die Konferensie van die Partye tot die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering in 2015. Die raamwerk sal die aanvoerende staatsdepartement se benadering tot die koördinering van die proses om SETs te allokeer en implementeer met susterdepartmente lei. 
8.2.    Die nasionale departemente se beplanningsinstrumente oftewel beleide en maatreëls (BMs) is daarop gemik om emissies in die sektor te verminder in ooreenstemming met die sektorale emissieteiken. Hierdie teikens sal gedefinieer en allokeer word sodra die Wetsontwerp op Klimaatsverandering as wetgewing bevestig word. Hierdie teikens sal vir drie rollende vyfjaartydperke vasgestel word en elke vyf jaar hersien word. 

9.    Koolstog-begroting op maatskappyvlak 
9.1.    Die Kabinet keur die implementeringsplan van die koolstof-begrotingstelsel op maatskappyvlak goed. ’n Verpligte koolstof-begrotingstelsel wat maatskappye met hoë emissies teiken, sal in 2023 geïmplementeer word. Die koolstof-begrotingstelsel sal maatskappye met hoë emissiesvlakke verplig om vasgestelde hoeveelhede kweekhuisgasuitlatings te volg as deel van vyfjaarlange allokasie-verbintenisse. 
9.2.    Die koolstof-begrotingmetodologie stel die raamwerk van die verpligte implementering van die koolstof-begroting vas, tesame met gedetailleerde bedryfsraamwerke wat gebruik sal word om koolstof-begrotings op maatskappyvlak te bereken en allokeer vir die eerste verpligte vyfjaarfase en daarna. 

10.    Rasionalisering van landdrosstreke 
10.1.    Die Kabinet verwelkom die finalisering van die rasionalisering van die oorblywende vier provinsies (Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal en Wes-Kaap) se landdrosstreke. Die proses, wat deur die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 gelei word, het in 2014 begin met die rasionalisasie van landdrosstreke in Gauteng en die Noord-Wes. Limpopo en Mpumalanga is in 2016 gefinaliseer en die Noord-Kaap in 2018. 
10.2.    Voor 1994 is die land se landdrosstreke volgens rasselyne bepaal, wat minderwaardige regsdienste aan swart mense woonagtig in die vervalle tuislande, selfregerende state en townships tot gevolg gehad het.
10.3.    Die voorgestelde hervorming van die landdroshowe se jurisdiksie verseker gelyke toegang tot die regstelsel vir alle Suid-Afrikaners. Die proses om hierdie nuwe streekskeidingslyne te bepaal was inklusief en het onder meer die magistratuur, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Nasionale Vervolgingsowerheid, die Regshulpsraad, die Munisipale Afbakeningsraad en alle relevante belanghebbendes in die onderskeie provinsies ingesluit. 

11.    Beleide vir bestuur van staatslitigasiebestuur, mediasie en staatsregsverteenwoordiging
11.1.    Die Kabinet keur drie beleide rakende die bestuur van staatslitigasie, mediasie en staatsregsverteenwoordiging goed. Hierdie beleide is daarop gemik om professionele bemagtiging en die koste-effektiewe bestuur van staatslitigasiesake te bevorder.
11.2.    Die beleide verskaf algemene beginsels wat gevolg moet word asook die benadering wat gevolg moet word deur die Kantoor van die Staatsprokureur wanneer staatslitigasiesake ter sprake is. Die beleide vestig ook eenvormige prosedures en verskaf ’n raamwerk om die Kantoor van die Staatsprokureur te steun. Die mediasiebeleid stel ook nuwe alternatiewe ingrypings voor vir sake wat opgelos kan ten laer onkoste hofprosesse.  
11.3.    Hierdie goedgekeurde beleide sal bedryf word as ’n oorgangsmeganisme terwyl die Staatsprokureurswet, 1957 (Wet 56 van 1957), soos gewysig, hersien word.   

C.    Wetsontwerpe

1.    Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys
1.1.    Die Kabinet het die aansoek aan die Parlement om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys goedgekeur. Die wetsontwerp wysig die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996) en die Wet op die Indiensname van Opvoeders, 1998 (Wet 76 van 1998).
1.2.    Die voorgestelde wysigings is gemik daarop om die onderrigstelsels in onderwys, soos beoog in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996. Die wysigings sal onder meer die universele toegang tot die twee jaar van vroeë kinderontwikkeling in werking stel. 
1.3.    Die wetsontwerp sal ook verantwoordbaarheid onder skoolbestuursliggame bekragtig en klaarheid rakende die beleide vir toelating, taal en gedragskodes in skole meebring. Die voorgestelde wysiging sal toegang tot onderrig vir alle leerders regoor die land bevorder.
1.4.    Die wetsontwerp is deur die openbare beraadslagingsproses asook dié van alle relevante belanghebbendes. 

2.       Wetsontwerp op Heffings in die Finansiële Sektor se fooie van 2021
2.1. Die Kabinet keur die inhandiging aan die Parlement van die goedgekeurde Wetsontwerp op Heffings in die Finansiële Sektor se fooie van 2021 goed. Die wetsontwerp bekragtig die Wet op die Regulering van die Finansiële Sektor, 2017 (Wet 9 van 2017).
2.2. Die wetsontwerp stel heffings in op die finansiële sektor wat gebruik sal word vir die befondsing van die bedryf en werking van bedryfsliggame in die finansiële sektor, soos daargestel in terme van die Wet op die Regulering van die Finansiële Sektor, 2017.  Dit stel ook ’n verpligte inbetalingsversekeringspremium op geregistreerde lede van ’n korporasie om ’n veiligheidsnet te verskaf ingeval van die bank se sluiting.
2.3. Die wetsontwerp wysig ook die Wet op Pensioenfondse, 1956 (Wet 24 van 1956); die Bankwet, 1990 (Wet 94 van 1990); Wet op Onderlinge Banke, 1993 (Wet 124 van 1993) en die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste, 2002 (Wet 37 van 2002), en belyn hul met die Wet op die Regulering van die Finansiële Sektor van 2017 in terme van finansiële sektorliggame.

3.    Wetsontwerp op Wysigings op die Verkiesingswet 
3.1.    Die Kabinet keur die lang-verwagte wetsotwerp vir die Wysinging van die Verkiesingswet se inhanding by die Parlement goed. Die wetsontwerp wysig die Verkiesingswet van 1998 om voorsiening te maak diie die verkiesing van onafhanklike kandidate tot die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers.
3.2.    In Junie 2020 het die Grondwetshof die Parlement aangesê om die tekortkoming in die huidige Verkiesingswet van 1998 reg te stel om te verseker dat onafhanklike kandidate hulself verkiesbaar kan stel vir verkiesing tot die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers.
3.3.    Die Kabinet keur ook die inhandiging van die MAK-verslag goed wat verskillende opsies uiteensit om die aspekte van die Verkiesingswet van 1998 wat as ongrondwetlik bevind is, reg te stel. 

A.    Komende Gebeurtenisse

1.    16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders 2021
1.1.    Die Kabinet keur die voorlopige voorstelling vir die 2021-veldtog vir die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders goed. Die openbare bewusmakingsveldtog sal plaasvind onder die tema: “Die Jaar van Charlotte Mannya Maxeke: 16 Dae van Aktivisme – ’n beweging van bewustheid tot aanspreeklikheid”. Die veldtog vorm deel van die Staat se omvattende 365 Dae van Aktivisme vir die bewusmaking en voorspraak teen geweld teen vroue en kinders. 
1.2.    Die Kabinet spoor alle Suid-Afrikanersaan om die skendng van vroue en kinders in die land te veroordeel en ’n verbintenis te maak om dit ’n einde daaraan te bring. Die onlangse misdaadsyfers met betrekking tot geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord wat deur die departement van polisie vrygestel is, behoort alle vredeliewende en wetsgehoorsame Suid-Afrikaners te bekommer.   
1.3.    Die Kabinet doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om saam te werk en sodoende te verseker dat die veldtog die land nader bring aan die verwerkliking van vroue en kinders se reg tot veiligheid. Minister Nkoana-Mashabane sal die veldtog vandag, 25 November 2021, loods. 

D.    Boodskappe

2.    Gelukwensings
Die Kabinet het sy gelukwense en welmenendheid oorgedra aan: 

  • Mnr Damon Galgut, die skrywer wat die gesogte 2021 Booker-toekenning ontvang het vir sy boek, The Promise, en die derde Suid-Afrikaner is om die Booker-toekenning te ontvang.
  • Mamelodi Sundowns Ladies wat die wenners is van die eerste CAF-vrouekampioenskappe wat onlangs in Kairo, Egipte plaasgevind het. Hierdie baanbrekerprestasie sal sonder twyfel lei tot verdere groei in vrouesokker in Suid-Afrika.  
     

3.    Mededelye
Die Kabinet het sy diepste medelye betuig met die familie en vriende van:

  • Mnr. FW de Klerk (85), die voormalige voor-demokrasie president van Suid-Afrika wat ook as adjunkpresident gedien het in die Regering van Nasionale Eenheid. In 1993 het hy en die voormalige president Neslon Mandela gesamentlik die Nobel-prys vir vrede ontvang vir hul werk aan die vreedsame beëindiging van die apartheid-regime en vir die grondlegging van ’n nuwe, demokratiese Suid-Afrika. 
  • Mnr. Wilbur Smith (88), die bekroonde internasionale skrywer wat meer as 140 miljoen boeke verkoop het. Hy was ’n vermaarde skrywer en verhaler van stories wat onder ons land se letterkundige reuse tel.
  • Mnr. Tubby Reddy (62), die voormalige hoof-uitvoerende beampte (HUB) van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee, wat onwrikbaar was in sy toewyding tot die bevordering van sport in Suid-Afrika.
     

E.    Aanstellings
Alle aanstellings is onderhewig aan die verifiëring van kwalifikasies en toepaslike klaring.

1.    Mnr. Lucky Charles Mohalaba as HUB van die Inkomati-Usuthu-Opvangsbestuursagentskap. 
2.    Prof. Azwihangwisi Edward Nesamvuni as raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut. 
3.    Mnr. Lemogang Pitsoe as HUB van die African Exploration Mining and Finance Corporation. 
4.    Mnr. Nasele Nathan Mehlomakulu as Adjunkdirekteur-Generaal: Voedselsekuriteit en Landbouhervorming in die Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming

5.    Direksie van die Vergoedingsfonds:
(i)    Mnr. Paul Serote (Voorsitter);
(ii)    Mnr. Gerald Boitumelo Mokgoro;
(iii)    Mnr. Tibor Szana;
(iv)    Me. Valerie Manamane Rennie;
(v)    Dr. Zukiswa Pinini;
(vi)    Me. Ndivhuwo Manyonga;
(vii)    Me. Gys Myburgh McIntosh;
(viii)    Mnr. Mandla Shezi; 
(ix)    Mnr. Adam Letshele;
(x)    Dr. Sethole Reginald Legoabe;
(xi)    Me. Elma Mary Burger; 
(xii)    Ds. Ntombizine Madyibi;
(xiii)    Me. Vuyiswa Miya;
(xiv)    Mnr. Fani Xaba;
(xv)    Me. Sumaya Hoosen;
(xvi)    Mnr. Kevin Cowley;
(xvii)    Dr. Hilko Johannsmeier; 
(xviii)    Mnr. Jan Mahlangu;
(xix)    Me. Naledi Tsipane;
(xx)    Mnr. Janek Wilimiec;
(xxi)    Mnr. Edward Malometje Thobejana; en
(xxii)    Me. Desugee Pillai.

6.    Direksie van die Suid-Afrikaanse Weerdiens:
(i)    Me. Feziwe Yolanda Renqe;
(ii)    Me. Mmapula Moreen Kgari;
(iii)    Me. Sandika Daya;
(iv)    Me. Moipone Edith Magomola;
(v)    Mnr. Mmaphaka Ephraim Tau;
(vi)    Mnr. Itani Phaduli;
(vii)    Prof. Ndivhudzannyi Sylvester Mpandeli; en 
(viii)    Dr. Grant Reagon Son. 

7.    Direksie van die Construction Industry Development: 
(i)    Mnr. Khulile Vuyisile Nzo (Voorsitter);
(ii)    Prof. Susanna Gertruida Bouillon (Adjunkvoorsitter);
(iii)    Me. Yvonne Deliwe Mbane;
(iv)    Mnr. Tumelo Gopane;
(v)    Mnr. Sibusiso Makhanya;
(vi)    Me. Karabo Joyce Siyila;
(vii)    Me. Moloko Benadette Rabosiwana;
(viii)    Me. Ertia Boitumelo Mokgatle;
(ix)    Me. Celeste Margo le Roux;
(x)    Mnr. Danny Lesiba Masimene;
(xi)    Me. Thuthuka Siphumezile Songelwa;
(xii)    Me. Bongekile Zulu; en
(xiii)    Mnr. Khuliso Kennedy Maimela.

8.    Direksie van die Gemeenskapskema-ombudsdiens: 
(i)    Me. Marvellous Phindile Mthethwa (Voorsitter);
(ii)    Mnr. Sediko Rakolote;
(iii)    Me. Julia Ramataboe;
(iv)    Me. Deshni Subbiah;
(v)    Mnr. Mthokozisi Daluxolo Xulu;
(vi)    Mnr. Donovan Vincent Goliath; en 
(vii)    Me. Ntombikayise Sithole.

9.    Direksie van die Reguleringsowerheid vir Eiendomspraktisyns: 
(i)    Mnr. Steven Piet Ngubeni (Voorsitter); 
(ii)    Me. Pamela Nonkululeko Makhubela;
(iii)    Adv. Mxolisi Sphamandla Nene;
(iv)    Mnr. Terry Kevin Johnson;
(v)    Mnr. Thato Ramaili;
(vi)    Me. Thokozani Radebe;
(vii)    Me. Thuthuka Siphumezile Songelwa;
(viii)    Mnr. Shaheed Peters;
(ix)    Me. Nokulunga Makopo; en
(x)    Me. Pamela Beatrice Snyman. 
(xi)    Me. Veruska Gilbert (Verteenwoordiger van die departement van handel, nywerheid en kompetisie)

10.    Direksie van die Nasionale Huisbouers Registrasieraad: 
(i)    Me. Nomusa Mufamadi (Voorsitter);
(ii)    Mnr. Francois Beukman;
(iii)    Mnr. Kganki Matabane;
(iv)    Me. Nontuthuko Chiluvane;
(v)    Me. Mandy Jayakody;
(vi)    Mnr. Refilwe Lediga;
(vii)    Me. Morwesi Ramonyai;
(viii)    Me. Siphindile Memela;
(ix)    Me. Nomthandazo Lucia Ncalane-Ngcobo;
(x)    Me. Kedibone Tsiloane;
(xi)    Mnr. Roy Mnisi;
(xii)    Me. Shelly Huntley;
(xiii)    Me. Sasa Subaban; en
(xiv)    Me. Zodwa Matiwane. 

11.    Raadslede van die Nasionale Maatskaplike Behuisingsowerheid: 
(i)    Me. Busisiwe Nzo (Voorsitter);
(ii)    Me. Pulani Thobejane-Mogotsi
(iii)    Me. Lahlane Malema;
(iv)    Me. Sanele Masiza;
(v)    Me. Yvonne Deliwe Mbane;
(vi)    Me. Lebogang Shole;
(vii)    Me. Ayanda Olifant;
(viii)    Me. Zimbini Hill;
(ix)    Me. Confidence Tshilande;
(x)    Mnr. Kevin Kiewitz;
(xi)    Mnr. Ashley Latchu; en
(xii)    Mnr. Mashukudu Maboa.

12.    Direksie van die Behuisingsontwikkelingsagentskap:
(i)    Dr. Tshilidzi Ratshitanga (Voorsitter);
(ii)    Me. Marina Dumakude (Adjunkvoorsitter);
(iii)    Dr. Manqoba Soni;
(iv)    Me. Nalini Maharaj;
(v)    Mnr. Rajesh Makan; en
(vi)    Me. Magdeline Tshabalala.  

Navrae:
Me. Phumla Williams
Kabinetswoordvoerder 
Selfoon: 083 501 0139
 

Share this page

Similar categories to explore