Evaluasie Van Buitelandse Kwalifikasies

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die evaluasie van buitelandse kwalifikasies

Indien jy buitelandse kwalifikasies het en graag ’n Suid-Afrikaanse onderwysinstelling wil bywoon of in Suid-Afrika wil werk, mag jy dalk by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) aansoek moet doen om jou kwalifikasies te laat evalueer. 

Wanneer jy aansoek doen vir ’n kwota- of werkpermit in Suid-Afrika, vereis die immigrasiebeleid dat jy ’n SAKO-sertifikaat of -evaluasie indien as deel van jou aansoek. 

Indien jy ’n Suid-Afrikaanse onderwysinstelling wil bywoon, sal die SAKO jou kwalifikasies moet evalueer indien die instelling waar jy aansoek gedoen het dit vereis. Professionele liggame mag ook van jou vereis om ’n SAKO-evaluasie van jou buitelandse kwalifikasie te bekom alvorens jy toegelaat word om jou beroep te beoefen.

Buiten bogenoemde is die evaluasiediens nie verpligtend nie en dien dit om die vlak waarteen die buitelandse kwalifikasie erken behoort te word, aan te dui.

Hierdie diens word deur die Direktoraat vir die Evaluasie van Buitelandse Kwalifikasies en Raadgewende Dienste van die SAKO aangebied.   

Let wel: Om aansoek te doen vir die evaluering van buitelandse kwalifikasies, bestudeer die prosedurele riglyne en kostestruktuur wat in die aansoekvorm aangegee word.

Wat om te doen

  • Kry die aansoekvorm by 'n SAKO-kantoor of laai dit af, of doen aanlyn aansoek.
  • Voltooi al die afdelings van die aansoekvorm.
  • Maak seker dat die bewys van nodige betaling die aansoekvorm vergesel.
  • Voorsien leesbare en gesertifiseerde afskrifte van alle verlangde dokumente.

Sertifikate in buitelandse tale moet vergesel wees van ’n beëdigde vertaling na Engels. 

Let wel: Die SAKO het beide die dokument in die oorspronklike taal en die beëdigde vertaling nodig.

Tydsduur

  • Gewone aansoek: 30 werksdae
  • Dringende aansoek: 20 werksdae
  • Prioriteitsaansoek: 10 werksdae
  • Spesiale aansoek: 48 uur

Hoeveel kos dit

Die koste is beskikbaar op die Saqa-webwerf.

Vorms om in te vul

Evaluation of foreign qualifications (Evaluasie van buitelandse kwalifikasies)

Wie om te kontak

SAQA-kontakbesonderhede

National office
Tel 012 431 5070
Fax 012 431 5147
E-mail verifications@saqa.co.za
City/town Pretoria
Province Gauteng
Physical address South African Qualifications Authority, Quality Assurance and Development, Hatfield Forum West, 1067 Arcardia Street, Hatfield, Pretoria
Postal address Postnet Suite 248, Private Bag X06, Waterkloof, 014
Website https://www.saqa.org.za/

 

Share this page