Versoek om vertoë te rig tot ’n Paroolraad

Beskrywing
Stappe om te volg
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Beskrywing

Enige eiser of slagoffer van ’n misdaad mag skriftelik vertoë rig of die sessie van die Paroolraad bywoon waartydens die vrylating van die oortreder op parool of onder korrektiewe toesig oorweeg word. 

Stappe om te volg

  1. Die eiser of slagoffer van misdaad moet die toepaslike Korrektiewe Toesig- en Paroolraad (KTPR) in kennis stel indien hulle enige vertoë wil rig of ’n sessie van die Paroolraad met betrekking tot die oortreder wil bywoon.
  2. Die Raad sal die eiser of slagoffer skriftelik in kennis stel van wanneer en aan wie die vertoë gerig moet word. Die datum en plek van die toepaslike Paroolraad-vergadering sal ook aangedui word. 
  3. Dit is die verantwoordelikheid van die eiser of slagoffer om die Kommissaris of KTPR in kennis te stel in van adresveranderings.

Diensstandaard

Die Paroolraad sal die eiser of slagoffer skriftelik in kennis stel van die besonderhede van die vertoë en toepaslike Paroolraad-vergadering.

Koste

Hierdie diens is gratis.

Vorms om in te vul

Request to make a representation to a Parole Board (Versoek deur ’n eiser om vertoë te rig tot die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad)

Kontakbesonderhede

 

Tel: 012 307 2998 | 012 307 2999

Physical address:                               
124 WF Nkomo Street                            
Poyntons West Block                   
Pretoria                  
0001

Postal address:
Department of Correctional Services
Private Bag X136
Pretoria
0001

Share this page