Toets van saad vir die beslegting van klagtes en dispute

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die toets van saad weens klagtes en geskille

Indien jy ’n hoë onsuiwerheid of swak ontkieming van ’n saadloy wil ondersoek, skakel die Direktoraat Inspeksiedienste (DID) by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om die saad te laat toets.

Die DID sal die Amptelike Saadtoetsing-laboratorium versoek om jou geskil of klagte te ondersoek.

Enige persoon, organisasie, instansie, maatskappy of boer kan ’n klagte lê of geskil verklaar.

Wat om te doen

  1. Kontak die DID en stel al die feite rondom die klagte of geskil duidelik.
  2. Voltooi ’n klagte-aansoekvorm en stuur dit na die naaste DID-streekskantoor. 
  3. Die DID monsternemer sal ’n monster van die betrokke saadlot neem en dit vir toetsing na die Amptelike Saadtoetslaboratorium toe stuur. 
  4. Indien jou klagte geldig is, m.a.w. as die kwaliteit van die saad nie voldoen aan die Wet op Plantverbetering, 1976, nie, hoef jy nie te betaal nie. Indien jou klagte nie geldig is nie, sal jy ’n faktuur ontvang en die voorgeskrewe fooi moet betaal.

Bankbesonderhede is:

Bank: Standard Bank
Taknaam: Arcadia
Takkode: 01-08-45
Rekeningnommer: 011244887
Rekeningnaam: NDA- Seed Testing Services

Jy kan elektronies of oor die toonbank betaal.

Onthou om die faktuurnommer in te sluit as
verwysing.

Betaal die saadtoetsfooi en stuur bewys van betaling na die Amptelike Saadtoetslaboratorium vir uitreiking van die verslag.

Let wel: Indien die klagte nie geldig is nie, sal die bevindinge van die ondersoek eers beskikbaar gemaak word ná betaling.

Tydsduur

Die Amptelike Saadtoetslaboratorium gee voorkeur aan die toets van saadmonsters vir die doeleindes van klagtes of geskille. Die omvang van die geskil of klagte, m.a.w. die getal monsters, tipe gewas en tipe toetse wat uitgevoer moet word, sal die tyd wat dit neem om die ondersoek af te handel, beïnvloed. Geen diensstandaard-inligting kan dus gegee word nie. Doen navraag by die DID (sien kontakbesonderhede).

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Die Direktoraat Inspeksiedienste sal die vorms aanstuur nadat jy julle gekontak het.
 

Wie om te kontak

 

Directorate Inspection Services

Phindile Ngesi
Tel: 012 319 6043
E-mail: PhindileN@dalrrd.gov.za  

Lazarus Rachidi
Tel: 011 971 5136
E-mail: LazaruR@dalrrd.gov.za  

Physical address: Official Seed Testing Station, Directorate Plant Production,
Plant Genetic Resources Centre, KwaMhalanga Road, Roodeplaat, Pretoria

Postal address: Official Seed Testing Centre, Directorate Plant Production,
Private Bag X250, Pretoria, 0001

Share this page