Versoek toetsing van amptelike saadmonsters

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die toetsing van amptelike saadmonsters

Om amptelike saadmonsters te laat toets vir fisiese suiwerheid, ontkieming en/of kiemkragtigheid, moet monsternemers van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye monsters neem.

Die amptelike saadmonsters moet voldoen aan standaarde vervat in die Wet op Plantverbetering. Indien die saad nie aan die Wet voldoen nie, moet dit onttrek word aan verkope of her-geëtiketteer word.

Wat om te doen

  1. Streek-monsternemers van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sal lukraak monsters neem van handelbeheerde en ingevoerde saad by organisasies, instansies, maatskappye, koöperatiewe en boere wat saad verkoop.
  2. Alle beskikbare saadlotte, kommersiële en gesertifiseerde saad, word in aanmerking geneem.
  3. Saadlotte wat getoets word, word soos volg gekies:
    • ’n lukrake keuse van saadlotte
    • verdagte saadlotte
    • problematiese gewastipes.
  4. Monsters word getoets vir voldoening aan die vereistes van die Wet op Plantverbetering.

Let wel:

Verslae oor toetse wat uitgevoer is, word na die amptenaar wat die monster geneem het, gestuur. Indien jy hierdie uitslae benodig, moet die toepaslike gelde betaal word om die saadanaliseverslagte bekom.

Bankbesonderhede is:
Bank: Standard Bank
Taknaam: Arcadia
Takkode: 01-08-45
Rekeningnommer: 011244887
Rekeningnaam: NDA Seed Testing Services
Onthou om die faktuurnommer in te sluit vir verwysingsdoeleindes.

Betaal die saadtoetsfooie en stuur bewys van betaling na die ASTL vir uitreiking van die verslag.

Tydsduur

Die verskeie soorte gewasse het verskillende toetstoestande en die duur van die toets kan wissel van ’n paar dae tot ’n paar weke.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Daar is geen vorms om in te vul nie.

Wie om te kontak

Tel: 012 3196262/6311
Fax: 012  319 6372 
E-mail: BeckyM@daff.gov.za / AngelMab@daff.gov.za

Physical address: Official Seed Testing Laboratory, Directorate: Plant Production, Plant genetic Resource Centre, Kwamhlanga Road

Postal Address: Private Bag x250, Pretoria 0001

Share this page