Aansoek om 'n permit om ’n visverwerkingsaanleg te bedryf

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer daaroor om aansoek te doen om ’n permit vir 'n visverwerkingsaanleg

Om ’n visverwerkingsaanleg (VWA) te bedryf, moet jy in besit wees van ’n VWA-permit. Jy kan slegs aansoek doen vir ’n VWA-permit op uitnodiging in die Staatskoerant en indien jy visvangregte het. 

’n VWA is ’n voertuig, vaartuig, perseel of plek waar ’n artikel uit vis geproduseer word. Die artikel mag op enige wyse geproduseer word, byvoorbeeld opsny, skeiding van dele, skoonmaak, sortering en perservering van die vis. ’n Aanleg sluit ook ’n plek in waar vis geblik, verpak, gedroog, skoongemaak, gesout, verkoel, gevries of verwerk word vir verkope in of buite Suid-Afrika.

Die evaluasieproses begin na die afsluitingsdatum vir die aansoeke. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sal die uitslae aankondig. Indien VWA-regte toegestaan word, moet jy aansoek doen vir ’n permit om ’n VWA te bedryf en aan die vereistes voldoen om ’n permit te kry.

Die Minister sal in uitsonderlike gevalle ’n VWA-vrystelling goedkeur. Indien ’n VWA-vrystelling aan jou toegestaan word, moet jy aansoek doen vir ’n permit om ’n VWA te bedryf.

Let wel: Jy moet jaarliks die permit hernu. Versuim om aan hierdie permitvoorwaardes te voldoen kan lei tot die opskorting, kansellasie of herroeping van die permit.
 

Wat om te doen

Aansoekprosedure vir regte:

  1. Indien ’n uitnodiging in die Staatskoerant gepubliseer word, moet jy na die verspreidingsentrum gaan wat in die uitnodiging aangedui word.
  2. Lees die uitnodiging sorgvuldig deur en maak seker dat jy die vereistes en voorwaardes verstaan en tevrede is daarmee.
  3. Betaal die nie-terugbetaalbare voorgeskrewe fooi wat in die Staatskoerant aangedui is.

Aansoekprosedure vir vrystelling:

  1. Die aansoeker moet skriftelik aansoek doen om vrystelling by wyse van ’n gedetailleerde motivering.
  2. Die motivering moet aan die Departement gepos word by Privaat Sak X2, Roggebaai, 8012.

Permitaansoek-prosedure:

  1. Voltooi die permitaansoekvorm, onderteken dit en dien dit saam met die volgende dokumente in:
    • gesertifiseerde afskrif van identiteitsdokument (ID)
    • magtigingsbrief vanaf die houer van die regte wat jou nomineer om namens die kliënt/houer van die regte aansoek te doen
    • gesertifiseerde afskrif van die maatskappy se registrasiedokumente
    • geldige oorspronklike SAID-belastingklaringsertifikaat
    • bewys van eienaarskap of van huurooreenkoms vir die VWA (waar van toepassing, bv. waar dit op land is)
    • ’n gesertifiseerde afskrif van verskaffingsooreenkoms(te) met die verskaffer van produkte wat verwerk gaan word
    • waar van toepassing, sertifisering deur die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRVS)
    • indien die vis vir menslike gebruik bestem is, moet ’n sertifikaat van toelaatbaarheid vir voedselpersele vanaf die naaste plaaslike/provinsiale owerheid verkry word en ’n gesertifiseerde afskrif van die oorspronklike moet aangeheg word (indien op land).

Tydsduur

Die VWA-vrystelling en permitaansoek kan 1 tot 3 maande neem, onderworpe aan die behoorlike indiening van die motiveringsbrief en permitaansoek, sowel as die stawende dokumente.

Hoeveel kos dit

Tariewe word aangedui op die aansoekvorm.

Vorms om in te vul

Kry die permitaansoek te kry om ’n VWA te bedryf by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in Kaapstad: Grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlag-weg, Voorstrand, Kaapstad of gaan na die versamelpunt wat deur die Departement aangekondig word wanneer die uitnodiging om vir ’n reg aansoek te doen in die Staatskoerant gepubliseer word.
 

Wie om te kontak

 

Fisheries Customer Service Centre:
Tel 086 000 3474 / 021 402 3443
E-mail: cscenquries@environment.gov.za

Physical address: Ground Floor, Foretrust Building, Martin Hammerschlag Way, Foreshore, Cape Town 8000
Postal address: Department of Agriculture, Forestry, and Fisheries, Private Bag X2, Roggebaai, Cape Town, 8012

Share this page