Aansoek om vis kommersieel uit te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om ’n permit om vis op ’n kommersiële basis uit te voer

Om vis, soos seevis, uit te voer vir wins, moet jy aansoek doen om ’n permit by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. 

Indien jy aansoek doen vir ’n uitvoerpermit vir grootoog-tuna, suidelike blouvintuna, swaardvis, Antarktiese tandvis en Patagoniese tandvis, moet jy die toepaslike vangsstatistiekdokumente vir elke besending aanheg. Vangsstatistiekdokumente is beskikbaar by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye: Tak: Vissery-bestuur.

Let wel: Hierdie uitvoerpermit verval na drie maande en sluit nie varswatervis in nie. Jy moet om ’n nuwe permit aansoek doen sodra dit verval. Versuim om aan hierdie permitvoorwaardes te voldoen kan lei tot die opskorting of kansellasie daarvan.

Vir die uitvoer van spesies wat deur CITES (Konvensie vir Internasionale Handel in Bedreigde Spesies) gelys is, kan jy die Departement van Omgewingsake kontak. Vir meer inligting oor CITES, besoek www.cites.org.

Wat om te doen

  • Stel jou naaste tak van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) in kennis van jou uitvoer-besending indien die vis wat jy wil uitvoer nie vars is nie en nie vir menslike gebruik is nie.
  • Indien die vis vars en vir menslike gebruik is, moet jy die Gesondheidsdepartement by die hawe in kennis stel.
  • Kry die aansoekvorm om vis uit te voer by die Tak: Vissery-bestuur in Kaapstad.
  • Verskaf die volgende inligting op die aansoekvorm:
    • fisiese adres van invoerders in die land van bestemming
    • die gewone en wetenskaplike name van die spesies wat uitgevoer word
    • hoeveelheid spesies wat uitgevoer word
    • afskrifte van vangsstatistiekdokumente moet voorsien word vir alle grootoog-tuna, suidelike blouvintuna, swaardvis, Antarktiese tandvis en Patagoniese tandvis wat uitgevoer word kragtens die vorige uitvoerpermit
    • jou identiteitsdokument (ID) en registrasiedokumente vir jou maatskappy, beslote korporasie of trust
    • geldige uitvoerpermit vanaf die Departement van Handel en Nywerheid of  Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC) 
    • belastingklaringsertifikaat soos goedgekeur en uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
  • In die geval waar ’n agent betrokke is, moet ’n ooreenkoms tussen die twee partye aangeheg word, saam met die ID-afskrifte van die ondertekenaars.
  • Indien jy nie ’n visvangregte-permit het nie, moet jy ook die volgende indien:
    • bewys van lewering en fisiese adres van die verskaffers van die seevis wat uitgevoer word
    • gewone en wetenskaplike name van die spesies wat uitgevoer word
    • hoeveelheid spesies wat uitgevoer word.
  • Betaal die voorgeskrewe gelde in die volgende rekening in:
    Bank: First National Bank
    Rekeningnommer: 62123256382
    Rekeningtipe: Tjek
    Rekeningnaam: Marine Living Resources Fund
    Taknaam: Korporatiewe Rekeningdiens Kaapstad
    Takkode: 204109
    Skakel die kliëntedienssentrum vir ’n verwysing (021 402 3911 / 0860 000 3474).
  • Dien die aansoekvorm in by die Tak: Vissery-bestuur. Jy moet die oorspronklike aansoeke pos of per hand indien; andersins sal die permit nie aan jou uitgereik word nie.

Tydsduur

Dit kan tot sewe werksdae of meer neem, onderworpe aan die behoorlike indiening van die aansoek en bevestiging van betaling.

Hoeveel kos dit

Kry die tariewe by die Tak: Seevisserye.

Vorms om in te vul

Kry dieaansoekvorm by die Tak: Seevisserye.

Wie om te kontak

 

Share this page