Aansoek om kommersiële visvangs te onderneem

Oor | Wat om te doen | Tydsduur | Hoeveel kos dit | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede

Meer oor aansoek om kommersiële visvangregte

Om vis te ontgin of aan visvang-verwante aktiwiteite deel te neem vir handelsdoeleindes, moet jy eers in besit wees van ’n kommersiële visvangreg. Jy kan slegs aansoek doen om ’n kommersiële visvangreg op uitnodiging in die Staatskoerant. Die laaste uitnodiging was in 2005 en die volgende uitnodiging sal in 2013 open.
Uitgesoekte visvang-sektore staan kommersiële visvangregte toe gebaseer op ’n algehele toelaatbare vangs of inspanning.

Sodra jy in besit van kommersiële visvangregte is, kan jy aansoek doen om ’n kommersiële visvangpermit by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in Kaapstad.

Let wel: Geen persone mag sonder ’n permit kommersieel visvang nie. Bykomend tot die permit word daar ook van jou verlang om ’n vervoerpermit te hê om die vis te vervoer. Jy moet die permit jaarliks hernu. Versuim om aan die permitvoorwaardes te voldoen, kan lei tot die opskorting, kansellasie of herroeping van die reg.

Wat om te doen

  • In die uitnodiging wat in die Staatskoerant gepubliseer word, sal jy ingelig word van die versamelpunt waar jy ’n aansoekvorm kan kry.
  • Lees die aansoek sorgvuldig deur en maak seker dat jy die vereistes en voorwaardes verstaan en tevrede is daarmee.
  • Voltooi die aansoekvorm om visvangregte, onderteken dit en dien dit in, saam met die vereiste gesertifiseerde stawende dokumente, wat in die uitnodiging in die Staatskoerant gelys sal wees.
  • Betaal ’n nie-terugbetaalbare fooi aan die plek wat in die Staatskoerant deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye aangedui word.

Tydsduur

Visvangregte:
Die aansoekproses kan een tot drie maande of langer neem afhangend van die hoeveelheid aansoeke wat ontvang is en visvang-sektor-seisoene. Die evaluasieproses sal begin na die sluitingsdatum vir aansoeke, en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sal die uitslae aankondig.

Visvangpermit:
Die permitaansoek kan 7 werkdae of meer neem, afhangend van die hoeveelheid aansoeke en onderworpe aan die behoorlike indiening van die aansoek.
 

Hoeveel kos dit

Die inligting rakende koste word slegs saam met die uitnodiging in die Staatskoerant gepubliseer.

Vorms om in te vul

Aansoekvorms sal by die verspreidingsentrum beskikbaar wees, wat bekend gemaak sal word in die aansoek om vir visvangregte aansoek te doen, wat in die Staatskoerant gepubliseer sal word sodra die huidige regte verval. Die eerste regte sal in 2013 verval.

Wie om te kontak

Kliëntedienssentrum
Tel: 021 402 3911
Faks: 021 402 3367

Webwerf: www.dalrrd.gov.za

 

Share this page