Verklaring oor die Kabinetsvergadering van 27 September 2017

Die Kabinet het op Woensdag 27 September 2017 by die Uniegebou in Pretoria vergader

A. Kwessies in die Omgewing

1. Verenigde Nasies se Algemene Vergadering (UNGA)
1.1. Die Kabinet verwelkom president Jacob Zuma se toepraak by die 72ste gereelde sitting van die UNGA in New York, VSA op 12 September 2017 met die tema “Fokus op mense: strewe na vrede en 'n aangename lewe vir almal op 'n volhoubare planeet”.
1.2. Besprekings het onder meer gefokus op die doelstellings vir volhoubare ontwikkeling (SDG's); klimaatsverandering; vrede- en sekuriteitskwessies, assook VN-hervormings, veral die hervorming van die VN se Veiligheidsraad.
1.3. President Zuma het ook die Verdrag oor die Verbod op Kernwapens onderteken. Dit weerspieël Suid-Afrika se volgehoue verbintenis tot die bereiking van 'n wêreld wat vry is van die bedreiging van kernwapens en om te verseker dat kerntegnologie net vir vreedsame doeleindes gebruik word.
1.4. President Zuma was die gasheer tydens 'n eeufeesdinee ter ere van die destydse president van die ANC, Oliver Reginald Tambo.

2. Erfenismaand
2.1. Die Kabinet bedank alle Suid-Afrikaners vir hul deelname aan die viering van Erfenismaand in September en beklemtoon President Zuma se Erfenisdagboodskap aan almal om na groter eenheid in diversiteit te streef.
2.2. Terwyl die land Erfenismaand afsluit met die tema "Die Jaar van Oliver Reginald Tambo: Die viering van ons Bevrydingserfenis", word Suid-Afrikaners aangemoedig om voort te bou op die waardes wat in die Grondwet vervat word en volgehoue pogings om 'n volk te bou wat vry is van armoede, honger, dakloosheid en ongelykheid.
2.3. In die gees van Erfenismaand,  verwelkom die Kabinet die ooreenkoms wat tussen Suid-Afrika en Tanzanië onderteken is, wat daarop gemik is om die geskiedenis van die bevrydingstryd te bewaar.
2.4. Die VN onderskryf die implementering van die projek: Paaie na Onafhanklikheid in Afrika. Dit vier die gees van solidariteit en samewerking tussen Afrika se bevrydingsbewegings wat tot die bou van 'n museum, biblioteek en argiewe sal lei.

3. Wêreldtoerismedag
3.1. Suid-Afrika het onder leiding van die Minister van Toerisme, Tokozile Xasa, aan Wêreldtoerismedag (27 September 2017) en Toerismemaand deelgeneem onder die tema "Volhoubare Toerisme - 'n Ontwikkelingsinstrument". Dit bied 'n platform vir die bevordering van veranderinge in beleid, sakepraktyke en toerismeverbruikersgedrag, sodat 'n meer volhoubare toerismesektor geskep word, wat aggressief kan bydra tot die bereiking van die SDG's. Tydens Wêreldtoerismedag vier verskillende lande en kulture 'n verskeidenheid van streeksgebaseerde aktiwiteite, soos die bevordering van spesiale tariewe en/of die uitbreiding van toegang tot fasiliteite, massagebaseerde gratis toegang tot parke en tuine, en verskeie verbintenisse met belanghebbendes.
3.2. Suid-Afrika het toerisme suksesvol bevorder deur middel van verskeie aantreklike fasiliteite soos ons parke, blouvlagstrande en wêreldgeakkrediteerde erfenisterreine. Die  arbeidsabsorpsiekapasiteit van toerisme bly 'n belangrike wapen in die stryd teen werkloosheid. As 'n toeristebestemming, staan Suid-Afrika voor die uitdaging om sy transversale toerismesektore te ontwikkel. Sodoende kan die reuse ekonomiese potensiaal van die sogenaamde tradisionele dominante toerisme-ekonomiese sektore ontsluit word. Dit sluit in landelike, mediese, landbou- en kultuurtoerisme.

4. Prysooreenkoms oor antiretrovirale middels
4.1. Die Kabinet verwelkom die deurslaggewende prysooreenkoms wat die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, in samewerking met verskeie internasionale organisasies bereik het om die beskikbaarheid van die eerste bekostigbare enkelpille-MIV-behandeling te versnel.
4.2. Na raming sal die prysverlaging tot ’n besparing van R11,7 miljard oor die volgende ses jaar lei. Dit sal Suid-Afrika in staat stel om meer pasiënte te behandel.
4.3. Die prysooreenkoms maak die middel Dolutegravir, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie aanbeveel word, meer bekostigbaar vir regerings in lae- en middelinkomstelande.
4.4. Met die oog op die prysooreenkoms beplan die Departement van Gesondheid om die nuwe vaste-dosiskombinasie van drie middels, Tenofovir, Lamivudine en Dolutegravir in April 2018 bekend te stel.
4.5. Die Kabinet doen 'n oproep op alle seksueel aktiewe Suid-Afrikaners, veral die jeug, om 'n gesonde lewenstyl te handhaaf, wat voorkomende maatreëls insluit, soos om altyd veilige seks te beoefen deur onthouding, getrouheid aan een maat, kondome te gebruik en gereeld vir MIV te toets.

5. Gesondheid
5.1. Die Kabinet verwelkom die opening van die nuwe vleuel van die Cecilia Makiwane-hospitaal in Mdantsane, Oos-Londen. Dit is 'n mylpaal vir die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering om gehalte gesondheidsorg te verseker, veral vir arm gemeenskappe.
5.2. Hierdie wêreldklas tersiêre hospitaal is 'n belegging wat die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se visie en die VN se SDG's ten opsige van universele gesondheidsorg te verwesenlik.
5.3. Die hospitaal, wat 526 beddens het, word ondersteun deur 'n geïntegreerde stelsel wat die lewering van gehalte gesondheidsorg optimaliseer. Deur innoverende tegnologie, word pasiënte se wagtyd verminder, diagnose verbeter en vinniger gesondheidsingrypings by pasiënte moontlik te maak.
5.4. Hierdie R1 miljard-beleggingsinfrastruktuur sal plaaslike ekonomiese ontwikkeling in die townships ondersteun. Terwyl die openbare gesondheidsinfrastruktuur opgeknap word, word meer geleenthede ook vir plaaslike gemeenskappe geskep om hul lewens te verbeter deur werkskepping en die ontwikkeling van plaaslike ondernemings.

6. Maatskaplike-ontwikkelingmaand
6.1. Die Kabinet doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om steeds diegene wat minder bevoorreg as hulself is op te hef in die gees van Maatskaplike-ontwikkelingmaand in Oktober.
6.2. Maatskaplike-ontwikkelingmaand word jaarliks gehou ter viering van die vordering wat die land gemaak het met die voorsiening van maatskaplike bystand aan armes en die kwesbaarste mense in Suid-Afrika.
6.3. President Zuma sal die herdenking van Maatskaplike-ontwikkelingmaand op Vrydag 29 September 2017 amptelik bekendstel.
6.4. Die Kabinet wens aan alle ouer persone 'n gelukkige Ouer Personedag, wat op Sondag 1 Oktober 2017 herdenk word, toe.
6.5. Suid-Afrikaners word aangemoedig om die maand Oktober te gebruik om die rol en opofferings wat ouer persone vir vryheid in ons land gemaak het, te erken. Dit is nie net die plig van die regering nie, maar ook dié van elke burger, om ons ouer persone en kwesbare groepe te vesorg.
6.6. Die Suid-Afrikaanse regering se maatskaplike bystandsprogram is gebou op 'n vaste oortuiging dat maatskaplike sekerheidshulp 'n basiese mensereg is en die sleutel is tot die herstel van sy burgers se waardigheid. Maatskaplike toelaes bring finansiële hulp aan miljoene huishoudings en verhef die kwesbares, sodat hulle lewensomstandighede met waardigheid verbeter.

7. Eksamenvoorbereidings
7.1. Die Kabinet wens alle leerders, veral dié in Graad 12, sterkte toe met die voorbereiding vir hul eindeksamens.
7.2. Die Departement van Basiese Onderwys is op koers om die matriekeksamens, wat op 16 Oktober 2017 begin en deur meer as 798 000 geregistreerde leerders geskryf sal word, aan te bied.
7.3. Die departement bied bykomende ondersteuning aan matrikulante deur ekstra lesse ná skoolure, asook gedurende naweke en skoolvakansies by skole aan te bied.
7.4. Die Kabinet doen 'n beroep op ouers en voogde om leerders die nodige ondersteuning te gee terwyl hulle hul vir die eksamens voorberei.

8. Jaarlikse Thusong-dienssentrumweek
8.1. Die regering het vanjaar se jaarlikse Thusong-dienssentrumweek, wat vanaf 18 tot 22 September 2017 plaasgevind het, suksesvol afgesluit met die tema: "Die Jaar van OR Tambo – die bevordering van klein medium- en mikro-ondernemings by Thusong-dienssentrums".
8.2. Dit het deel gevorm van Staatsdiensmaand en het die Thusong-program bevorder deur mense in te lig oor hoe die geïntegreerde mobiele uitreikprogram in die behoeftes van burgers voorsien. Thusong-diensentrums bring verskeie regeringsdienste en inligting nader aan die mense.
8.3. Die program bereik elke jaar sowat ses miljoen begunstigdes deur die Geïntegreede Mobiele Uitreikprogram, die Jaarlikse Thusong-dienssentrumweek en ander platforms van die regering se Kommunikasie- en Inligtingstelsel (GCIS).
8.4. Deur hierdie program herstel die regering steeds die wanbalanse van die verlede deur gehalte openbare dienste nader aan gemeeskappe wat voorheen uit die hoofstroom van sosio-ekonomiese ontwikkeling gemarginaliseer is, te bring.
8.5. Deur bestaande vennootskappe met die regering, parastatale orgasnisasies en die private sektor, bemagtig Thusong-dienssentrums ook gemeenskappe met die nodige vaardighede en opleiding om hul lewens te verbeter.
8.6. Die Kabinet beklemtoon die beroep op gemeenskappe om Thusong -dnssentrums steeds te gebruik om toegang tot basiese dienste soos Binnelandse Sake, Arbeid, Justisie, die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteitsagentskap en die Padongelukkefonds te verkry.

9. Myanmar
9.1. Die Kabinet is bekommerd oor die lot van Rohingya-burgers wat uit hul huise in Myanmar moes vlug.
9.2. Suid-Afrika ondersteun die verklaring van die VN se Sekretaris-Generaal, António Guterres, wat beklemtoon dat die Myanmar-regering verantwoordelikheid is vir die veiligheid van al sy gemeenskappe. Die Kabinet versoek dat humanitêre organisasies toegang moet kry tot gemeenskappe wat hulp en beskerming nodig het.
9.3. Die Kabinet moedig alle partye aan om die geweld te beëindig om verdere pyn en lyding te voorkom en doen 'n beroep dat die situasie in die Rakhine-staat wettig opgelos word.

10. Angola
10.1. Die Kabinet wens saam met President Zuma die Republiek van Angola geluk met die suksesvolle verloop van die land se Nasionale Wetgewende Verkiesing. President Zuma het op Dinsdag 26 September 2017, President João Manuel Gonçalves Lourenço se inhuldigingseremonie in Luanda bygewoon.
10.2. Suid-Afrika en die Republiek van Angola deel 'n gemeenskaplike geskiedenis van die stryd teen kolonialisme en apartheid. Sedert 1994 het die twee lande sterk bilaterale betrekkinge en samewerking ontwikkel en versterk.
10.3. Angola is een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote op die vasteland van Afrika en brei steeds sy bilaterale betrekkings uit.

11. Aanval op Nederlandse toeriste
11.1. Die Kabinet veroordeel die onlangse aanval op Nederlandse toeriste wat van OR Tambo Internasionale Lughawe af agtervolg en beroof is. Alle Suid-Afrikaners moet sulke misdade wat ons toerismesektor bedreig ten sterkste veroordeel. Die Kabinet het die Suid-Afrikaanse Polisiediens dringend versoek om alles in hule vermoë te doen om die oortreders vas te trek.
11.2. Die Kabinet doen 'n beroep op die publiek om enige inligting wat wetstoepassingsowerhede kan bystaan te verskaf en versoek dat diegene wat skuldig bevind word swaar gestraf word. 

12. Bekendstelling van die boek oor Bakoena Ba Mopeli tradisionele wette
12.1. Die Kabinet verwelkom die bekendstelling van die boek, Bakoena Ba Mopeli Customary Law of Succession and Genealogy, as 'n mylpaalprestasie vir tradisionele leierskap in Suid-Afrika.
12.2. Die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Des van Rooyen, en sy Majesteit Koning Letsie III, die Staatshoof van die Koninkryk van Lesotho, het die geleentheid op Maandag 25 September 2017 bygewoon.
12.3. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het in 2011 die geskiedenis van 13 Koning-/Koninginskappe begin dokumenteer. Hierdie boek sal help om die geskiedenis van Bakoena Ba Mopeli en opvolggenealogie te verstaan ter bewaring van ons erfenis.

B. Kabinetsbesluite
1. Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) -protokol
1.1. Die Kabinet keur goed dat die SAOG-protokol oor Omgewingsbestuur vir Volhoubare Ontwikkeling deur die Parlement bekragtig is. Die doel van die protokol is om volhoubare gebruik en oorgrensbestuur van die omgewing, wat in die belang van die SAOG-lidlande is, te bevorder.
1.2. Suid-Afrika, as Voorsitter van die SAOG, vanaf Augustus 2017 tot Augustus 2018, is verbind tot die bevordering van streekspogings om oorgrens natuurlike hulpbronne te bewaar en volhoubare ontwikkeling binne die SAOG-streek te bevorder.
1.3. Dit is in ooreenstemming met die NDP, wat klem lê op die versterking van integrasie in die SAOG-streek, sowel as die volhoubaarheid van die omgewing en 'n billike oorgang na 'n laekoolstof-ekonomie.

2. Vennootskap vir Aksie oor die Groen Ekonomie Ministeriële Konferensie
2.1. Die Kabinet keur goed dat die Vennootskap vir Aksie oor die Groen Ekonomie Ministeriële Konferensie in September 2018 hier aangebied word. Hierdie platform ondersteun lande en streke om volhoubaarheid die kern van ekonomiese beleid en praktyke te maak ten einde die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling te bevorder.
2.2. Dit is 'n VN-program wat die kundigheid van vyf VN-agentskappe bymekaar bring, naamlik die VN se Omgewingsprogram; die Internasionale Arbeidsorganisasie; die VN se Ontwikkelingsprogram; die VN se Nywerheidontwikkelingsorganisasie en die VN se Instituut vir Opleiding en Navorsing.
2.3. Die Ministeriële Konferensie sal die agenda vir inklusiewe groei in die uitvoer van 'n lae koolstof- en klimaatbestande ekonomiese beleid, plaaslik en op die vasteland van Afrika bevorder.

3. Umgeni Waterraad
3.1 Die Kabinet is ingelig oor die situasie by die Umgeni Waterraad, wat die tweede grootste waterraad in die land is met 'n jaarlikse omset van meer as R2,4 miljard en die vyfjaarlikse kapitaaluitgawe-begroting van meer as sewe miljard rand. Die Kabinet is ook ingelig oor die samesprekings wat die Departement van Water en Sanitasie met sy beleggers gehad het.
3.2  Om die bestuurskwessies van die Raad te stabiliseer, het die Kabinet die aanstelling van ’n tussentydse raad onderskryf, terwyl die minister die proses om ’n volwaardige Umgeni Waterraad aan te stel, bespoedig. Die Kabinet is tevrede met die Minister se pogings om die Umgeni Waterraad te stabiliseer.

C. Wetsontwerpe
1. Wysigingswetsontwerp op Grondopmeting
1.1. Die Kabinet keur goed dat die Wysigingswetsontwerp op Grondopmeting vir openbare kommentaar gepubliseer word. Die Wetsontwerp wysig die Grondopmetingswet, 1997 (Wet 8 van 1997).
1.2. Die wysigings versterk die aanspreeklikheids- en bestuurslyne en maak voorsiening vir die aanstelling van sekere lede van die Oorsigregulasiesraad, ten einde die regulering van grondopmeting in Suid-Afrika te verbeter.
1.3. Die Wetsontwerp is ook daarop gerig om grondopmeting in Suid-Afrika te reguleer deur die Hoof-landmeter-generaal te bemagtig om nasionale toesig en bestuur oor die geodetiese, topografiese en kadastrale opnames, georuimtelike en grondinligtingsdienste uit te oefen.

2.  Wysigingswetsontwerp op Wetenskap en Tegnologie van 2017
2.1. Die Kabinet keur goed dat die Wysigingswetsontwerp op Wetenskap en Tegnologie van 2017 vir openbare kommentaar gepubliseer word. Die wetsontwerp stel voor dat die bepalings wat die bedrywighede en bestuur van die openbare entiteite wat aan die Minister van Wetenskap en Tegnologie rapporteer, gesinchroniseer en gestandaardiseer word. Dit sal verseker dat alle vereistes waaraan voldoen moet word en bestuursprosesse wat deur die entiteite gevolg moet word, konsekwent toegepas word.

D. Toekomstige gebeure
1. Vervoermaand
1.1.  Oktober is Vervoermaand en die tema vir 2017 is: "Saam beweeg ons Suid-Afrika vorentoe". Die Kabinet versoek dat almal saamwerk om te verseker dat alle Suid-Afrikaners by die land se vervoerinfrastruktuur baat; padgebruikers moet verantwoordelikheid aanvaar en padveiligheid as deel van hul daaglikse lewe toepas. Deur saam te werk, kan ons die slagting op ons paaie verminder.

1.2.  Gedurende Vervoermaand sal die regering, onder leiding van die Departement van Vervoer en sy entiteite, die ekonomiese voordele van die sektor uitlig deur vervoerinfrastruktuurdienste in lugvaart, maritieme en openbare vervoer, paaie en spoorweë bekend te stel. Die nasionale bekendstelling word op 29 September 2017 by die Sinaba-stadion in Daveyton in die Stad van Ekurhuleni gehou.

1.3 Beleggings in die vervoersektor stimuleer ontwikkeling en skep werksgeleenthede as deel van Suid-Afrika se Negepuntplan, wat daarop gerig is om die ekonomie te laat groei en broodnodige werk  te skep. Hierdie beleggings sal verseker dat 'n geïntegreerde openbare vervoernetwerk regdeur die land ontwikkel word.

2. Suid-Afrika bied die 2de Sessie van die Suid-Afrika-Zimbabwe Bi-Nasionale Kommissie (BNK) aan
President Jacob Zuma sal as gasheer optree vir sy Zimbabwiese eweknie, Sy Eksellensie President Robert Mugabe, wat op 3 Oktober 2017 in Suid-Afrika sal wees vir die 2de Sessie van die Suid-Afrika-Zimbabwe-BNK. Die ooreenkoms oor die oprigting van die BNK is in April 2015 onderteken en in Oktober 2016 in Harare, Zimbabwe in gebruik geneem.

Suid-Afrika en Zimbabwe het sterk bilaterale politieke, ekonomiese en maatskaplike betrekkinge, wat gerugsteun word deur sterk historiese bande uit die verlede. Die twee lande is nie net histories sterk verbind nie, maar ook ekonomies. Zimbabwe is een van Suid-Afrika se groot vyf handelsvennote op die vasteland, met handelsstatistieke wat jaarliks toeneem. In 2016 het Suid-Afrika se uitvoer na Zimbabwe ongeveer R29,3 miljard beloop.

E. Boodskappe
1. Verjaarsdag – Mama Winnie Madikizela-Mandela
1.1. Die Kabinet dra saam met die res van die land sy gelukwense oor aan mev. Winnie Madikizela-Mandela, ook bekend as die Moeder van die Nasie, wat op Dinsdag 26 September 2017, haar 81ste verjaardag gevier het.
1.2. Mama Madikizela-Mandela is een van Suid-Afrika se mees gevierde bevrydingsikone. Die Kabinet bedank haar vir haar diens aan die Vryheidstryd en wens vir haar 'n geseënde jaar toe saam met haar geliefdes en familie.

2. Banyana Banyana
2.1. Die Kabinet wens Banyana Banyana geluk met hul oorwinning in die 2017 COSAF-vrouekampioenskap waar hulle Zimbabwe in die eindstryd in Bulawayo met 2-1 gegeklop het. Banyana Banyana dra die Suid-Afrikaanse vlag met trots en hul prestasies inspireer steeds ander jong en talentvolle Suid-Afrikaners om uit te blink.

3. Aardbewing in Mexiko
3.1. Die Kabinet dra saam President Zuma sy meegevoel oor aan President Enrique Peña Nieto van die Verenigde Mexikaanse State, sowel as  aan die mense van Mexiko ná die verwoestende aardbewing, tsoenami en orkaan, wat meer as 225 sterftes en ernstige vernietiging van infrastruktuur in die land eroorsaak het.

F. Aanstellings
Alle aanstellings is onderworpe aan die verifikasie van kwalifikasies en die toepaslike klaring.
1. Die Kabinet keur die aanstelling van die Tussentydse Raad van die Umgeni Waterraad goed:
a. Me Ziphozethu Mathenjwa (Voorsitter);
b. Me Nompumelelo Chamane;
c. Mnr Visvin Reddy;
d. Mnr David Dikoko;
e. Me Zodwa Manase;
f. Adv Tshidi Hatashe; and
g. Mnr Midiavhathu Tshivhase.

2.  Lede wat op die Oornamereguleringspaneel dien:
a. Mnr Sandile Bubele Siyaka (tweede termyn);
b. Mnr Ntshengedzeni Anthony Michael Tshivhase (tweede termyn);
c. Mnr Christopher Ewing (tweede termyn);
d. Mnr Ebrahim Aboobaker Moolla (tweede termyn);
e. Me Nonzukiso Zukie Siyotula; en
f. Me Nocamagu Nomfundo Mbulawa.

3. Nie-uitvoerende direkteure vir die Raad van die Uitvoerkrediet-versekeringsmaatskappy van Suid-Afrika SOC Beperk:
a. Mnr Dhevendren Dharmalingam (Voorsitter);
b. Me Vuyelwa Matsiliza (heraanstelling); en
c. Me Siobhain O’Mahony (heraanstelling).

4. Mnr Patrick Khulekani Dlamini is heraangestel as die Hoof Uitvoerende Beampte van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en Uitvoerende Direkteur van die Raad.

Navrae: Me Phumla WilliaMe – Waarnemende Direkteur-Generaal (GCIS)
Sel: 083 501 0139
Datum: Vrydag 29 September 2017

Share this page

Similar categories to explore