Dien 'n klag oor polisiewangedrag in

Jy kan 'n klag indien by die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) indien jy wil hê hulle moet een van die volgende ondersoek:

  • sterfte in polisie-aanhouding
  • sterfte tydens polisie-optrede
  • enige klag oor die afvuur van 'n amptelike wapen deur 'n polisiebeampte
  • verkragting deur 'n polisiebeampte, ongeag of die beampte aan diens was
  • die verkragting van enige persoon in polisie-aanhouding
  • enige klag van marteling of aanranding deur 'n polisiebeampte in  die uitvoering van sy of haar pligte.

Jy moet eers 'n klag indien by jou naaste polisiekantoor en slegs as die polisie jou nie help nie, die geval by OPOD indien.

Vind meer uit oor hoe om 'n klag in te dien of kontak die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat vir meer inligting.

 

Share this page