Registreer as voorlopige belastingbetaler

Indien jy inkomste verdien benewens ‘n salaris of  toelaag moet jy registreer as ‘n voorlopige belastingbetaler.  Jy moet dus belasting vooruit betaal in twee bedrae gedurende die belastingjaar, gebaseer op jou geskatte belasbare inkomste.  Jy sal ‘n finale betaling moet maak sodra die assessering afgehandel is.  Maatskappye val outomaties onder die voorlopige belastingstelsel.  

Vind meer uit oor voorlopige belasting of kontak SARS vir meer inligting.

 

Share this page