Registreer jou maatskappy

Jy kan ’n maatskappy as ’n nie-winsgewende maatskappy of ’n winsgewende maatskappy by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) registreer. ’n Maatskappy is ’n regsentiteit wat die hoedanigheid en magte het om op sy eie op te tree. Die reg sien ’n maatskappy in dieselfde lig as ’n natuurlike persoon.

Winsgewende maatskappye mag as verskillende soorte maatskappye ingevolge die Wet op Maatskappye geregistreer word. 

Vind meer uit oor die registrasie van ’n maatskappy by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) of skakel die CIPC by 086 100 2472

 

Share this page