Verander plekname (naamsveranderinge) op die Suid-Afrikaanse Raad vir Plekname databasis

Plekname is die name van geografiese landmerke wat natuurlik of mensgemaak en aangepas is. Die plekname op die Suid-Afrikaanse Raad vir Plekname se databasis sluit strate, munisipale geboue en pleine, plaaslike parke en begraafplase, geboue in privaat besit, dorpe, voorstede, menslike nedersettings, poskantore, stasies, lughawens, hawens en hoofweë in, sowel as natuurlike landmerke soos berge, strome, riviere, baaie, punte, eilande, vleilande en nasionale parke. Om ’n pleknaam te laat verander moet jy aansoek doen by jou naaste Suid-Afrikaanse Raad vir Plekname of jou provinsiale Pleknaamraad.

Vind meer uit oor hoe om aansoek te doen om ’n naam op die Suid-Afrikaanse Raad vir Plekname se databasis te verander of skakel die Departement van Kuns en Kultuur by 012 441 3255/3000.

 

Share this page