Skakel jou buitelandse bestuurslisensie om

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die omskakeling van jou buitelandse bestuurslisensie

Indien permanente verblyf in Suid-Afrika aan jou toegestaan is, moet jy binne een jaar vanaf ontvangs van jou permanente verblyfpermit, jou buitelandse bestuurslisensie na ‘n Suid-Afrikaanse lisensie omskakel .

Indien jy versuim om jou lisensie binne een jaar om te skakel, sal dit as ongeldig beskou word.

Jy kan ook aansoek doen om jou bestuurslisensie na ‘n Suid-Afrikaanse lisensie te om te skakel indien jy  ‘n diplomatieke permit het maar nie ‘n permanene verblyfpermit nie.

  • Indien jou lisensie nie in een van die amptelike landstale is nie, moet jy ‘n brief van vertaling van die lisensie deur ‘n bevoegde owerheid verkry.
  • Die bestuurslisensietoetssentrum sal 'n bestuurslisensie uitreik indien hulle oortuig is dat jy die eienaar van die buitelandse bestuurslisensie is.
  • Jy moet jou buitelandse bestuurslisensie indien wanneer jy jou nuwe bestuurslisensie ontvang.
  • Jy hoef nie 'n bestuurstoets af te lê nie, maar 'n oogtoets sal op die perseel gedoen word voordat die omskakeling gefinaliseer word.

Wat om te doen

  1. Besoek jou bestuurslisensie-toetssentrum in die provinsie waar jy jou permanente verblyf verkry het.
  2. Voltooi die aansoekvorm om die omskakeling van 'n bestuurslisensie (DL1) by enige bestuurslisensie-toetssentrum.
  3. Voltooi die kennisgewing van adresverandering of besonderhede van persoon of organisasie (NCP).
  4. Jy moet die volgende inhandig:
    • 'n aanvaarbare vorm van identifikasie soos deur Suid-Afrikaanse wetgewing vereis, bv. identiteitsdokument (ID), tydelike ID, geldige Suid-Afrikaanse paspoort, of buitelandse paspoort met permanente verblyfpermit
    • vier swart-en-wit ID-grootte foto's
    • huidige buitelandse bestuurslisensie
    • bewys van permanente verblyf in die Republiek van Suid-Afrika
    • bewys dat jy nie permanente inwoner van Suid-Afrika was toe die buitelandse lisensie uitgereik is nie, bv.  'n paspoort, permanente verblyfpermit of 'n visum
    •  'n brief van die vertaling van die lisensie deur 'n gesaghebbende bron as die lisensie nie in een van Suid-Afrika se amptelike tale is nie.
    • bevestiging deur 'n bestuurslisensie-uitreikingsgesag dat jy 'n geldige bestuurslisensie het (met vermelding van die kodes en toepaslike kategorieë van voertuie wat jy mag bestuur) wat nog nie gekanselleer of opgeskort is nie
    • In die geval van 'n internasionale bestuurspermit (IBP), moet jy die bestuurslisensie voorlê op grond waarvan die permit uitgereik is
    • bewys van woonadres, bv. ’n munisipale rekening. As die munisipale rekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar van die rekening 'n beëdigde verklaring aflê, wat bevestig dat jy by die adres woon, en die munisipale rekening moet by die beëdigde verklaring aangeheg word.
    • As jy in 'n informele nedersetting woon, moet jy 'n brief met 'n amptelike datumstempel van die wyksraadslid saamneem, wat jou woonadres bevestig.
  5. Die bestuurslisensie-toetssentrum sal die bestuurslisensie uitreik indien:
    • daar bevestig is dat jy die eienaar van die buitelandse bestuurslisensie is
    • jy jou buitelandse bestuurslisensie of bestuurspermit oorhandig wanneer jy jou Suid-Afrikaanse lisensie ontvang.
  6. Jy moet 'n oogtoets op die terrein ondergaan voor die uitruil gefinaliseer word (jy hoef nie 'n bestuurslisensietoets af te lê nie).

Tydsduur

Die tydraamwerk vir omskepping van die lisensie wissel van een toetssentrum tot 'n ander as gevolg van interne ouditeringsprosesse.

Hoeveel kos dit

Kontak your plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

Die Aansoek om Bestuurslisensie-vorm (DL1) is by enige bestuurslisensie-toetssentrum beskikbaar of vanaf eNatis.

Wie om te kontak

 

Contact your local department of transport

Share this page