Hoe om BTW terug te eis

Buitelandse besoekers aan Suid-Afrika kan die belasting op toegevoegde waarde (BTW) terugeis wat hulle betaal het wanneer hulle die goedere uit die land neem waarvan die totale waarde R250 oorskry. Die aansoek om ’n terugbetaling moet by die BTW-terugbetalingsadministrateur se kantore gedoen word. Hierdie kantore is in OR Tambo, King Shaka en Kaapstad internasionale lughawens geleë asook by verskeie grensposte en aangewese kommersiële hawens.

Wanneer jy goedere aankoop, hoef jy jou bloot as ’n toeris aan die winkelassistent te identifiseer en ’n belastingfaktuur te vra. ’n Belastingfaktuur moet al die volgende inligting bevat:

  • die bedrag van BTW wat gehef is, of ’n verklaring dat BTW by die totale koste van goedere ingesluit is
  • die hoeveelheid en volledige beskrywing van die goedere
  • ’n unieke belastingfaktuurreeksnommer
  • die koper se naam en adres
  • die hoeveelheid BTW gehef, of ’n verklaring dat BTW teen die koers van 15% by die totale koste van die goedere ingesluit is.

Jy moet die goedere aan ‘n doeane-beampte by die aangewese kommersiële vertrekshawe vanuit Suid-Afrika verklaar. Jy moet die oorspronklike dokumente en die items wat jy aangekoop vir inspeksie aanbied.

 

 

Postal address  

The VAT Refund Administrator
PO Box 107
OR Tambo International Airport
South Africa
1627

E-mail addresses  

Botswana : botswana@taxrefunds.co.za
Swaziland : swaziland@taxrefunds.co.za
Namibia : namibia@taxrefunds.co.za
Other countries : generalqueries@taxrefunds.co.za

Website: www.taxrefunds.co.za

Tel: + 27 11 979 0055

Share this page