Asielsoeker en vlugtelingpermitte

Indien jy uit jou land van herkoms gevlug het weens vrees vir vervolging en jy geen regsdokumente soos 'n paspoort en of reisdokumente het nie, moet jy aansoek doen vir ‘n asielsoekerspermit by jou naaste vlugtelingontvangskantoor.

Die asielsoekerspermit is ‘n tydelike permit wat jy sal ontvang hangende die beslissing oor jou aansoek om vlugtelingstatus of asiel.

Indien jou asielaansoek goedgekeur word, sal jy ‘n Artikel 24-permit (ook bekend as ‘n vlugtelingpermit) ontvang wat jou amptelik sal erken as ‘n vlugteling. Die permit is vir twee jaar geldig en kan hernu word.

Jy mag aansoek doen vir ‘n permanente verblyfpermit indien jy vir langer as vyf jaar in Suid-Afrika woon met ‘n vlugtelingstatuspermit.

Vind meer uit oor vlugteling- of asielsoekerstatus of kontak die Departement van Binnelandse Sake vir meer inligting.

 

Share this page