Plaaslike aanneming met 'n interlandelike element

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent plaaslike aanneming met 'n interlandelike element

Indien jy ‘n buitelander is wat in Suid-Afrika bly en graag ‘n Suid-Afrikaanse kind wil aanneem, moet jy ‘n geakkrediteerde maatskaplike werker of ‘n organisasie kontak; dit hoef nie noodwendig diesulkes te wees wat geakkrediteer is vir interlandelike aannemings nie.

Jy moet reeds vir ‘n tydperk van vyf jaar in die land bly en moet bewys lewer van verblyf- en werkpermit. Jy moet ‘n aansoek indien vir aanneming en dit sal beskou word as ‘n nasionale aanneming.

Wat om te doen

  • Kontak jou naaste geskikte aannemingsorganisasie.
  • Die aannemingsorganisasie sal ‘n keurings-/ huisinspeksie doen om vas te stel of jy geskik en bevoeg is om ‘n kind aan te neem.
  • Indien die organisasie tevrede is met die resultate, sal hulle jou op ‘n Register van Aanneembare kinders en Pleegouers plaas, terwyl hulle jou help soek vir ‘n kind wat beskikbaar is vir aanneming.
  • Indien die kind beskikbaar is, sal hulle jou inroep na hulle kantoor om die kind te kom sien, en vra of jy belangstel om die kind aan te neem.
  • Indien jy instem, sal hulle jou verslag na die Kinderhof stuur om die aanneming te finaliseer en ‘n Aannemingsbevel uit te reik
  • Die hofverslag sal na die Departement vir Maatskaplike Ontwikkelling gestuur word sodat hulle kan nagaan of die korrekte prosedure gevolg is, en die besonderhede van die aanneemouers asook  die besonderhede van die kind kan opteken.

Tydsduur

Dit verskil van geval tot geval.

Hoeveel kos dit

Koste hang van die aannemingsagentskap af.

Vorms om in te vul

Alle vorms is beskikbaar by die kantoor van u naaste Departement vir Maatskaplike Ontwikkeling.

Wie om te kontak

Kontaklys van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se provinsiale kantore

Share this page