Skooltoelating

Jy kan kies om jou kind by 'n openbare of onafhanklike skool in te skryf. Openbare skole word deur die staat beheer en onafhanklike skole word privaat bestuur.

Onafhanklike skole moet by die provinsiale Departement van Onderwys geregistreer wees en openbare skole is onder beheer van die LUR vir Onderwys in die betrokke provinsie.

Jy moet jou kind tussen 1 Augustus en 31 September van die jaar voordat jou kind vir die eerste keer skool gaan, inskryf. ’n Graad 0-aansoeker moet minstens vier jaar oud wees en vyf jaar of ouer word teen 30 Junie van die volgende jaar. ’n Graad 1-aansoeker moet minstens vyf jaar oud wees en ses jaar of ouer word teen 30 Junie van die volgende jaar.

Vind meer uit oor hoe om jou kind in te skryf by ’n openbare of onafhanklike skool of skakel die Departement van Basiese Onderwys.

Share this page