Registrasie van trusts

‘n Trust is ‘n wettige reëling waarvolgens beheer oor eiendom oorgedra word aan ‘n persoon of organisasie (die trustee) ten voordeel van ‘n ander pesoon (die begunstigde). ‘n Mens kan twee soorte trusts registreer, naamlik die inter-vivos-trust en die testamentêre trust. Die inter-vivos-trust word opgestel tussen lewende persone, terwyl die testamentêre trust sy oorsprong vind in die wetlike testament van ‘n afgestorwe persoon.

Vind meer uit omtrent die registrasie van trusts of skakel die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling by 012 406 4805 of e-pos: Chiefmaster@justice.gov.za.

 

Share this page