Aansoek om ’n plaaslike vissersvaartuiglisensie

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor ’n aansoek om ’n plaaslike vissersvaartuiglisensie

Om 'n plaaslike vissersboot in Suid-Afrika te bedryf, moet die boot by die Suid-Afrikaanse vlagstaat geregistreer wees. Jy moet aansoek doen om 'n veiligheidsertifikaat vanaf die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsgesag (SAMV) en om 'n vissersbootlisensie vanaf die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in Kaapstad.

Om te kwalifiseer moet jy:

  • 'n Suid-Afrikaner met volle eienaarskap en beheer van die boot wees, of
  • 'n korporatiewe liggaam, vereniging of ander genootskap wees wat in Suid-Afrika geregistreer is en waarin 'n Suid-Afrikaner die meerderheid aandele en stemregte beheer.

'n Plaaslike vissersvaartuiglisensie sluit in alle gereedskap, toerusting, bergplekke, goedere en brandstof aan boord. Dit kan ook insluit enige bote ter see wat hulp verleen by die uitvoering van enige aktiwiteit wat verband hou met visvang.

Hierdie aktiwiteite sluit in, maar is nie berperk nie tot:

  • voorbereiding
  • voorraad
  • berging
  • verkoeling
  • vervoer of verwerking
  • direkte betrokkenheid by visvangbedrywighede binne die Eksklusiewe Ekonomiese Sone (EES)/internasionale waters onder die vlagstaat van Suid-Afrika.

Let wel: Dit is onwettig om 'n ongeregistreerde boot te gebruik. Indien jy nie visvangregte het nie, moet jy 'n kontrak hê met die visvangregtehouer om jou boot te bedryf.

'n Kommersieel-geregistreerde vissersboot mag nie vir ontspanningsdoeleindes aangewend word nie.

Kommersieel-geregistreerde vissersbote word gekoppel aan 'n spesifieke visvangreg en kan vir slegs daardie reg aangewend word.

Die geldigheidstydperk van die vissersbootlisensie is gekoppel aan die geldigheidstydperk van die SAMV-sertifikaat. Die visvanglisensie is geldig vir dieselfde tydperk as die SAMV-sertifikaat.

Wat om te doen

  1. Reël vir die vaartuig om ’n SAMV-seewaardigheidsondersoek te ondergaan ten einde ’n veiligheidsertifikaat te kry.
  2. Gaan na die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in Kaapstad: Grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlag-weg, Voorstrand, Kaapstad om die aansoekvorm vir ’n binnelandse vissersvaartuiglisensie te kry.
  3. Voltooi die vorm in hoofletters
  4. Heg die volgende aan:
    • gesertifiseerde afskrif van geldige SAMV-sertifikaat.
    • gesertifiseerde afskrif vir ooreenkoms met houer van visvangregte (slegs van toepassing indien jy nie die houer van regte is nie).
    • gesertifiseerde afskrif van radio-oproepsein (indien van toepassing).
    • brief van magtiging, van toepassing indien ’n derde party namens die vaartuigeienaars aansoek doen.
  5. Betaal die voorgeskrewe fooie in die volgende rekening in:
    Bank: First National Bank
    Rekeningnommer: 62123256382
    Rekeningtipe: Tjek
    Rekeningnaam: Marine Living Resources Fund
    Taknaam: Korporatiewe Rekeningdiens, Kaapstad
    Takkode: 204-109
    Skakel die kliëntedienssentrum vir ’n verwysing (021 402 3911 / 086 000 3474)
  6. Dien die aansoek by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in: Privaat Sak X2, Roggebaai, Kaapstad, 8012
  7. Jy moet die bewys van betaling na die kliëntedienssentrum faks – 021 402 3362/021 402 3081/021 402 3670 en hulle versoek om ’n bevestiging van betaling aan jou te gee.
  8. Andersins kan jy die kliëntedienssentrum besoek om aansoek te doen: Grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlag-weg, Voorstrand, Kaapstad. Neem asseblief gesertifiseerde afskrifte van die vereiste dokumente saam, sowel as die voorgeskrewe fooie.

Tydsduur

Die aansoek kan drie werkdae of meer neem, vanaf die datum van bevestiging van betaling, indien jy die aansoek behoorlik ingedien het.

Hoeveel kos dit

Tariewe word aangedui op die aansoekvorm.

Kontak enige SAMSA-kantoor vir meer inligting oor die koste verbonde aan ’n veiligheidsertifikaat.  

Vorms om in te vul

Application for a local fishing vessel licence (Aansoek om 'n plaaslike visvaartuiglisensie)

Wie om te kontak

 

Fisheries Customer Service Centre:
Tel 021 402 3911 / 086 000 3474
Fax 021 402 3362

Physical address: Ground Floor, Foretrust Building, Martin Hammerschlag Way, Foreshore, Cape Town 8000
Postal address: Department of Agriculture, Forestry, and Fisheries, Private Bag X2, Roggebaai, Cape Town, 8012
Website: https://www.dalrrd.gov.za/

Contact details for SAMSA

 

Share this page