Kry 'n KVBA-ooreenkoms oor betogingsreëls

’n Geregistreerde vakbond mag 'n plakkaatbetoging deur sy lede en ondersteuners vir 'n vreedsame betoging magtig.

’n Plakkaatbetoging kan op enige plek gehou word waartoe die publiek toegang het. Dit kan buite of binne die perseel gehou word met toestemming van die werkgewer.

As daar 'n geskil oor die reëls van betoging ontstaan, kan 'n geregistreerde vakbond of die werkgewer die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) versoek om 'n ooreenkoms tussen die partye te beding.

Indien 'n ooreenkoms nie bereik kan word nie, moet die KVBA die reëls van betoging vasstel met inagneming van die besondere omstandighede van die werkplek of ander perseel vir betoging en enige tersaaklike goeie praktyk.

Vind meer uit oor die vasstelling van betogingsreëls of skakel die KVBA.

Share this page