Registreer as professionele natuurwetenkaplike

Registrasie as ’n natuurwetenskaplike

Registrasie as ’n professionele natuurwetenskaplike beteken dat jy deur jou portuurgroep en moontlike werkgewers gereken word as hoogs professioneel en as iemand met goeie tegniese kennis en bekwaamhede. Slegs ’n geregistreerde persoon mag in ’n konsulterende hoedanigheid praktiseer.

Die natuurwetenskappe dek ’n wye reeks wetenskaplike rigtings, insluitend al die basiese wetenskappe en baie van die toegepaste afgeleide rigtings.

Jy kan registreer as ’n

  • Professionele natuurwetenskaplike
  • Kandidaatnatuurwetenskaplike
  • Gesertifiseerde natuurwetenskaplike.

Vir meer inligting oor die vereistes, fooie en registrasieproses, besoek die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Beroepe se webwerf of kontak die raad by tel +27 12 841 1307 of stuur ‘n e-pos aan: sacnasp@sacnasp.org.za.

 

Share this page