Verklaring oor die Virtuele Kabinetsvergadering van Woensdag, 4 Augustus 2021

A. Kwessies in die Omgewing

1. Koronavirussiekte- (KOVID-19) entstofverspreiding
1.1. Suid-Afrika se nasionale inentingsprogram het behoorlik spoed opgetel en die gesondheidsektor (staat en privaat) ent ? minimum van 1 miljoen mense oor 3 dae in. Agt miljoen Suid-Afrikaners is tot op datum ingeënt. Teen die huidige tempo behoort die president binnekort ? hersiene teikendatum aan te kondig waar teen die land bevolkingsimmuniteit behoort te bereik.
1.2. Die kabinet doen steeds ? beroep op Suid-Afrikaners om ingeënt te word, aangesien dit ons doeltreffendste wapen in die stryd teen KOVID-19 bly. Mense kan nou met hulle identiteitsdokumente na enige inentingsperseel toe gaan, selfs sonder ? afspraak, om geregistreer en ingeënt te word.
1.3. Die kabinet het die aflewering van 5,6 miljoen Pfizer-dosisse die afgelope week verwelkom wat deur die Verenigde State van Amerika geskenk is en voldoende entstofvoorraad sal verseker om ons enstofverspreidingsprogram te verskerp. 
1.4. Mense tussen die ouderdom van 18 en 34 sal vanaf 1 September 2021 die entstof kan kry. 
1.5. Die kabinet neem kennis van die beduidende afname in gevalle van nuwe infeksies in Suid-Afrika nadat die land amptelik die piek van die derde vlaag verbygesteek het. Vier provinsies — die Wes-Kaap (alhoewel daar sopas ‘n piek aangekondig is), Noord-Kaap, Noordwes en Vrystaat — het egter begin om ‘n toename in die daaglikse infeksiekoers te rapporteer. 
1.6 Die kabinet het sy beroep op mense in Suid-Afrika herhaal om steeds by die voorkomingsprotokolle te hou, naamlik om maskers te dra, hande te was, ? sosiale afstand van 1,5 m te handhaaf en groot byeenkomste te vermy. 

2. Opening skole 
2.1. Die kabinet het die gladde opening van skole, veral die terugkeer van alle laerskoolleerders na daaglikse klasse, verwelkom. Die kabinet het skole versoek om steeds binne die gevestigde KOVID-19-gesondheidsprotokolle te werk. 
2.2. Die besluit om alle laerskoolleerders te laat terugkeer skool toe is geneem nadat die beste belange van die kind in ag geneem is en dit sal help om die onderrigtyd wat tydens die hewige nasionale inperking verlore gegaan het, terug te win.

3. Staatsdiens-loonooreenkoms
3.1. Die kabinet het alle staatsamptenare en diegene betrokke by die salarisonderhandelinge bedank na die onlangse ondertekening van die gesamentlike ooreenkoms oor loonverhogings in die staatsdiens, omdat hulle ons nasie en sy mense geprioritiseer het.
3.2. Die kabinet is ingenome dat alle partye gesamentlike leierskap en vasberadenheid getoon het om ? oplossing te vind wat staatsamptenare sowel as burgers bevoordeel, en doen ? beroep op almal om in dieselfde gees van vennootskap en patriotisme vorentoe te beweeg.

4. Die jongste nuus oor die veiligheidsituasie 
4.1. Die kabinet het die pogings van wetstoepassers verwelkom om vinnig stabiliteit in die KwaZulu-Natal- en Gautengprovinsie te herstel. 
4.2. Die kabinet het die wetstoepassingsagentskappe ook geloof vir die vordering wat hulle maak om diegene wat vir die aanhitsing tot die geweld verantwoordelik was aan die pen te laat ry, en ons wil Suid-Afrikaners verseker dat ons geen steen onaangeroer sal laat om diegene wat verantwoordelik was vir die onluste wat in die twee provinsies plaasgevind het, voor die hof te bring nie.
4.3. Ses verdagtes is tot op hede gearresteer en het in verskeie howe verskyn vir opswepery van die publiek, en wetstoepassingsagentskappe en die Nasionale Vervolgingsgesag moet die suksesvolle vervolging verseker. 
4.4. Die kabinet het kennis geneem dat die aantal sterftes weens die geweld bygewerk is na 354, met die aantal gerapporteerde sterftes verband hou met die onluste in Gauteng onveranderd bly op 79, en in KZN, sedert gister, 4 Augustus 2021, op 275.
4.5. Vir die aantal sterftes wat in KZN gerapporteer is, is die hoogste getal in die eThekwini Metro, op 122. Van die sterftes wat in eThekwini gerapporteer is, is 36 gerapporteer in Phoenix (29 moorde en sewe doodsondersoeke) en 22 verdagtes is tot op hede vir die moorde in Phoenix gearresteer en het in die hof verskyn. 
4.6. Die kabinet versoek die gemeenskappe in KZN om saam te werk en die regering se pogings te ondersteun om rassespanning en ondertone wat dreig om die waardes van die stigters van ? demokratiese, nierassige en gelyke Suid-Afrika, waarvoor hulle hul vryheid en lewens prysgegee het, aan te spreek. 

5. Heropbou van die ekonomie
5.1. Die kabinet het die R63 miljard ekonomiese verligtingsteun van die regering verwelkom as ? tweede stel van ? pakket van ingrypings om die land weer terug op sy voete te kry, na die invloed van die KOVID-19-pandemie en wat vererger is deur die onluste en vernietiging van sake-eiendomme wat in KwaZulu-Natal, Gauteng en sommige dele van Mpumalanga (alhoewel op ? baie klein skaal) plaasgevind het. 
5.2. Die grootste deel van hierdie steun is vir die R350- maatskaplike toelaag om armoede en hongersnood onder die armstes van die samelewing te verlig en vir die ondersteuningspakkette vir werknemers en ondernemings. Die regering gaan voort om bykomende ondersteuningspakkette te soek om spoedige ekonomiese herstel in ooreenstemming met die Ekonomiese Herkonstruksie- en Herstelplan, te verseker.
5.3. Die taak om die ekonomie te herbou, behoort aan alle Suid-Afrikaners. Die kabinet het ? beroep op elke burger en die privaat sektor gedoen om by ons nasionale pogings aan te sluit om saam, beter en vinniger te herbou vir ? voorspoedige, gelyke en beter Suid-Afrika. 

6. Energie
6.1. Die kabinet het die voltooiing van die Medupi-kragstasie met al die ses opwekkingseenhede op die netwerk, verwelkom. Dit sal baie help om die druk op die netwerk te verlig en die regering bly daarop ingestel om kragsekerheid te verseker. 
6.2. Die kabinet wil me. Zandi Shange, die projekbestuurder van Medupi-kragstasie, gelukwens omdat dié kolossale kragstasie ten volle in werking gestel is. Die vroue van ons land sal ten volle verteenwoordig word soos wat die geskiedenis van konstruksie-ingenieurswese geskryf word, aangesien me. Shange die eerste Afrikavrou is wat ? projek van dié omvang lewer.
6.3. Die regering het sowel die bestuur as die werknemers van ESKOM versoek om aan te hou om uitstaande kragstasies, waaronder hernubare krag, te lewer.

7. Israel se waarnemerstatus in die Afrika-uniekommissie (AUK)
7.1. Die kabinet teken streng beswaar aan teen die onregverdige en unilaterale besluit deur die voorsitter van die AUK om aan Israel waarnemerstatus in die AU toe te staan. Die AU is die regmatige verteenwoordiger van alle Afrikalidstate wat oor sulke besluite geraadpleeg behoort te word. 
7.2. Die AU beliggaam die aspirasies van alle Afrikane en dra die vertrouenstempel in sy leierskap van die Afrika-mense. Hy moet dus poog om besluite te neem wat nie teenstrydig is met die beleide van die AU se handves nie.
7.3. Die voortgesette besetting van Palestina deur Israel bly heeltemal onregverdig en skandelik en ontneem die Palestyne van hulle menseregte. Dié unilaterale besluit volg na die onlangse onregverdige aanvalle op onskuldige Palestyne deur Israel in Oos-Jerusalem en Gaza. 
7.4. Die kabinet versoek die AU om sy unilaterale besluit om aan Israel waarnemerstatus in die AU toe te staan, te heroorweeg.   Hy bly onmiskenbaar verbind tot pogings wat poog om politieke prosesse te hernuwe wat die vestiging van ? lewensvatbare Palestynse staat, wat sy aan sy en in vrede saam met Israel bestaan, tot gevolg sal hê. 

B. Kabinetsbesluite

1. Vrouemaandherdenking 
1.1. Die kabinet het die tema en aktiwiteite vir die herdenking van dié jaar se Vrouemaand goedgekeur, wat hulde bring aan die meer as 20 000 vroue wat op 9 Augustus 1956 opgemars het na die Uniegebou in Pretoria, by wyse van protes teen die uitbreiding van die paswette na vrouens. 
1.2. Hierdie jaar se byeenkomste sal gevier word met die tema: "Die jaar van Charlotte Maxeke: Verwesenlik vroueregte". Die tema is in ooreenstemming met die jaar lange viering van die 150ste herdenking van die Struggle-staatmaker Charlotte Mannya Maxeke. 
1.3. Die dapper dade van dié vroue moedig ons aan om ons nasie te herbou om sterker te word na die onlangse openbare geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng, en die sosio-ekonomiese en gesondheidsinvloed van KOVID-19. Dié voorvalle het aan ons getoon dat ons enige uitdaging wat ons affekteer, kan oorkom as ons saam staan as ? vredeliewende en wetsgehoorsame nasie.
1.4. Alhoewel ons nasie goeie vordering gemaak het met vroueregte, moet meer gedoen word om geslagsgelykheid te verskans en die teistering van geslagsgebaseerde geweld en mishandeling van vrouens in ons samelewing te bestry. 
1.5. Die kabinet het ? beroep op alle sektore van die samelewing gedoen om ons beleide oor geslagsgelykheid te verwesentlik en standpunt in te neem teen geweld teenoor vrouens deur die oortreders by die naaste polisiestasie te rapporteer.

2. Verslag van die Interministeriële komitee (IMK) se ondersoek na die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) 
2.1. Die kabinet het die publikasie van die verslag van die IMK-ondersoek oor NSFAS goedgekeur. Die komitee is in Mei 2020 aangestel om die sakeprosesse, stelsels en kapasiteit van die NSFAS om sy mandaat uit te voer, te ondersoek. 
2.2. Die ondersoek het gefokus op die grondoorsake van die probleme wat NSFAS ervaar en die implementering van die nuwe beursskema sedert 2018. Die ondersoek het waardevolle aanbevelings vir die verbetering van NSFAS se bedrywighede verskaf.  
2.3. Die kabinet het waardeer daarvoor dat sommige van hierdie aanbevelings reeds geïmplementeer is. Toegang tot die verslag kan deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se webwerf verkry word: www.dhet.gov.za.

3. Nasionale Infrastruktuurplan (NIP) 2050
3.1. Die kabinet het die publikasie van die NIP 2050 vir openbare kommentaar goedgekeur. Die plan dryf die land se infrastruktuurbeleggingsinisiatief aan wat ook Afrika-ekonomieë deur middel van sommige van sy streeksprojekte integreer.
3.2. Bykomend tot ekonomiese groei, sal dit ook die nalatenskap van apartheid se ruimtelike ongeregtighede aanspreek. Dit word geanker in die deelname van die regering, sakelui, entiteite in staatsbesit en die burgerlike samelewing. 
3.3. Sy prioriteitsektore behels energie, vragvervoer, water en digitale kommunikasie. Die NIP 2050 sal binnekort in die Staatskoerant gepubliseer word vir openbare insette. 

4. Inkorporering van die Finansieringsagentskap vir Klein Ondernemings (SEFA) en Koöperatiewe Banke-ontwikkelingsagentskap (CBDA) in die Ontwikkelingsagentskap vir Klein Ondernemings (SEDA) 
4.1. Die kabinet het die inkorporering van die SEFA en CBDA in die SEDA goedgekeur. Die samesmelting van dié entiteite sal vanaf 1 April 2022 geïntegreerde regeringsteun aan klein, mikro- en mediumondernemings asook koöperasies moontlik maak. 
4.2. ? Voorgestelde enkelagentskap sal sowel finansiële as nie-finansiële steun aan dié ondernemings bied. Die agentskap sal ? in alle distrikte en metro's groter invloed hê en meer toeganklik wees deur al die hulpbronne saam te voeg. 
4.3. Die goedgekeurde inkorporering sal lei tot die herklassifikasie van SEDA (wat later hernoem sal word) ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wetnr. 1 van 1999) van ? Skedule 3A- na ? Skedule 2-entiteit.
4.4. Die kabinet het die verlenging van die raad van SEFA tot 31 Maart 2022 goedgekeur om die instelling van die aanvangs van die oorgangsooreenkoms moontlik te maak. 

5. Norme en standaarde vir die veilige werksaamhede van toerisme tydens KOVID-19 en ander pandemies 
5.1. Die kabinet het die norme en standaarde vir die veilige bedrywighede van die toerismesektor in die konteks van KOVID-19 en ander verwante pandemies, goedgekeur. 
5.2. Die norme en standaarde verskaf algemene, minimum gesondheids- en veiligheidsmaatreëls wat eenvormigheid regoor die toerismesektor sal verseker. Dit sal dienste soos verblyf, voedsel, toeroperateurs, casino's, troues en ander verwante aktiwiteite dek. 
5.3. Ons is nou op dieselfde vlak as internasionale markte en dit sal die sektor in staat stel om ten volle vir internasionale toeriste oop te maak.

6. Nasionale Konferensie oor migrasie en verstedeliking in Suid-Afrika
6.1. Die kabinet het die nasionale konferensie oor migrasie en verstedeliking in Suid-Afrika, wat virtueel van 26 tot 30 Julie 2021 gehou is, bekragtig. Migrasie en verstedeliking is sedert 2015 deel van Suid-Afrika se vier bevolkingsbeleidsprioriteite.
6.2. Die konferensie het die beskikbare data, kennis en inligting oor migrasie- en verstedelikingstendense in die land noukeurig beskou. Sodanige inligting dien as basis vir beleids- en programontwikkeling, insluitend beplanning in al drie regeringsfere.
6.3. Die konferensie is gesamentlik deur toepaslike regeringsdepartemente, die navorsingsgemeenskap en die burgerlike samelewing, georganiseer. Die konferensie het gekulmineer in die opstel van ? forum vir data en navorsing oor migrasie en verstedeliking wat sal dien as ? kennishulpbron om die werk van migrasie en verstedeliking te ondersteun.  

7. Suid-Afrika se aanwysing deur die internasionale burgerlike lugvaartorganisasie (ICAO) as ‘n toegewysde streeksruimteweerstasie (Regional Space Weather Centre) 
7.1. Die kabinet het die aanwysing van Suid-Afrika as streeksruimteweerstasie vir die ICAO goedgekeur en verwelkom. Dit is aangekondig nadat Suid-Afrika uitstekende ouditresultate van die ICAO ontvang het. 
7.2. Suid-Afrika, deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap, is aangewys om ruimteweerinligting te verskaf wat nou ? aanvaarde standaard deur die ICAO vir alle lugvaartvereistes is. 
7.3. Suid-Afrika is drie jaar gegee om sy huidige beperkte kapasiteit op te gradeer om aan die ICAO se vereistes te voldoen. Die vereistes verg 24-uur/sewe-dae-bedrywighede met ? gevestigde span opgeleide voorspellers en spesialisruimtenavorsers. Die land het ook toestemming verkry om saam met PECASUS (die Pan-Europese konsortium vir lugvaart- en ruimteweer-gebruikersdiens) te werk.
7.4. Die aanwysing bied aan Suid-Afrika die geleentheid om wetenskap- en ingenieurstegnologie- en innovasiesektor te ontwikkel en verleen bekendheid aan die land as globale rolspeler in ruimtewetenskap.

8. Afrika-streeksamewerkingsooreenkoms vir navorsing, ontwikkeling en opleiding wat verband hou met kernwetenskap en -tegnologie (AFRA)
8.1. Die kabinet het die indiening by die Parlement van die bygewerkte ooreenkoms (AFRA) vir ? verdere vyf jaar goedgekeur. AFRA is ? interregeringsooreenkoms wat deur Afrikalidstate daargestel is om die bydrae van kernwetenskap en -tegnologie tot sosio-ekonomiese ontwikkeling op die Afrikakontinent, te versterk en te vergroot.
8.2. Suid-Afrika is ? aktiewe lid van AFRA en werk saam met ander lidstate om die ooreenkoms se oogmerke op die Afrikakontinent te bevorder. 

9. Nasionale beleid oor varswater- (binnelandse) wilde visserye 
9.1. Die kabinet het die Nasionale beleid oor varswater- (binnelandse) wilde visserye vir implementering goedgekeur. Die beleid verskaf voldoende regulering vir die binnelandse visbedryfsektor. Dit formaliseer ook aktiwiteite van kleinskaalse visserye wat tans informeel en sonder erkenning is. 
9.2. Die beleid maak onder andere voorsiening vir die opstel van ontwikkelingsvisserye se bestuursinstansies; ondersteuning aan binnelandse visserywaardekettings; bestuur van ? volhoubare binnelandse visbedryf en spreek die kwessies van gelykheid en transformasie van die sektor aan.

10. Voorgestelde voorvrystellingskalender vir die publikasie van misdaadstatistieke vir die 2021/22-boekjaar
10.1. Die kabinet het die voorgestelde voorvrystellingskalender vir die publikasie van kwartaallikse misdaadstatistiek vir die 2021/22-boekjaar goedgekeur. Die voorgestelde oorblywende voorvrystellingskalender-misdaadstatistiek is in Augustus 2021 vir kwartaal een en in November 2021 vir kwartaal twee. Misdaadstatistiek vir kwartaal drie en vier sal in Februarie en Mei 2022 onderskeidelik vrygestel word. 

C. Wetsontwerpe

1. Wysigingswetsontwerp op Bejaarde Persone van 2021
1.1. Die kabinet het die indiening van die Wysigingswetsontwerp op Bejaarde Persone van 2021 vir tertafellegging in die Parlement, goedgekeur. Die Wetsontwerp wysig die huidige Wet op Bejaarde Persone, 2006 (Wetnr. 13 van 2006). 
1.2. Die wysigings poog om maatreëls wat bejaarde persone beskerm, te versterk. Dit verbeter die dienste wat aan bejaarde persone gebied word, soos maatskaplike steun, gesondheid, gemeenskapsgebaseerde en tuisgebaseerde sorg.  
1.3. Die voorgestelde Wysigingswetsontwerp stel die monitering en evaluasie van dienste wat aan bejaarde persone gebied word, bekend. Dit maak ook voorsiening vir die verwydering van bejaarde persone met gestremdhede uit ? vyandige of ongesonde omgewing, sonder ? hofbevel .

2. Konsepwysigingswetsontwerp op Niewinsgewende Organisasies (NWO) van 2021 
2.1. Die kabinet het die publikasie van die Konsepwetsontwerp op NWO's vir openbare kommentaar goedgekeur. Die Wetsontwerp wysig die huidige NWO Wet, 1997 (Wetnr. 71 van 1997). Die Wet was veronderstel om ? magtigingsomgewing te skep waar NWO's gevorm kon word en optimaal kon funksioneer. Oortydgapings, veral op kleiner NWO's en gemeenskapsgebaseerde organisasies, is bepaal. 
2.2. Die voorgestelde wysiging spreek die uitdagings wat kleiner NWO's in die gesig staar aan; skenk aandag aan die misbruik van NWO's en vereenvoudig toeganklikheidsprosedures. Dit stel ook die aanwysing van die NWO-registrateur voor om die diens, monitering en bevordering van NWO's se deursigtigheid en verantwoordbaarheid te versterk.

D. Komende Gebeurtenisse

1. Vrouedag 
1.1. President Cyril Ramaphosa sal op Maandag, 9 Augustus 2021, die virtuele Vrouedagtoespraak, as deel van ons land se viering van Vrouemaand, lewer, met die tema: "Die jaar van Charlotte Maxeke: Die Verwesenliking van Vroueregte".

E. Boodskappe

1. Gelukwense

Die kabinet het sy gelukwense en welmenendheid oorgedra aan: 

  • Tatjana Schoenmaker, omdat sy Suid-Afrika se eerste Olimpiese goue medalje in Tokio, Japan, verower het nadat sy ? rekordtyd in die 200 m-borsslageindronde vir vroue opgestel het. Sy het vroeër ? silwer medalje tydens die 100 m-borsslag verower.
  • Bianca Buitendag, vir die silwer medalje wat sy in die eindronde van die vrouebranderplankry verower het. Dié uitsonderlike prestasies by die Tokio Olimpiese Spele bring ons nasie se aantal medaljes op drie te staan. 

2. Medelye
 
Die kabinet het sy medelye betuig met die familie en vriende van: 

  • Mnr. Shona Ferguson (47), die televisie- (TV) en filmregisseur en akteur wat ‘n reusebydrae gelewer het tot die ontwikkeling van die land se filmindustrie. 
  • Mnr. Clive Scott (84), die TV-veteraan en legendariese akteur wat vir baie jare op ons skerms te siene was.    
  • Mnr. Pandelani Jonathan Mudziwa  Makhado (99), ? veteraan- politieke aktivis wat een van die leiers van die teenpasveldtog in 1960 was en wat ook sy lewe aan die stryd vir demokrasie en vryheid gewy het.
  • Mamma Thalitha Monica Lebea-Mampuru (87), wat onvermoeid vir die bevryding van hierdie land, asook vir ? nie-rassige, nie-seksistiese en vry Suid-Afrika baklei het. Sy was die eerste Matrone van die Solomon Mahlangu Freedom College (SOMAFCO).
  • Mnr. Geoff Makhubo (53), die Uitvoerende Burgermeester van die Stad van Johannesburg; ? onbaatsugtige en hardwerkende leier wat ? voorstander vir dienslewering was. Hy was ? streeksvoorsitter van die African National Congress.
  • Mnr. Luthendo Benedict Sigogo (49), die waarnemende regter van Mpumalanga se Hooggeregshof en Kommissaris van die Regterlike Dienskommissie, met ? uitsonderlike loopbaan in regte en ? toegewyde voorstander van transformasie. Hy het ook as die president van die Vereniging vir Swart Prokureurs (BLA) gedien.
  • Gesinne en families van Parlementslede wat onlangs oorlede is.

F. Aanstellings

Alle aanstellings is onderhewig aan die verifiëring van kwalifikasies en toepaslike klaring.

1. Adv. Nomalanga Petronella Sithole as die Hoof Uitvoerende Beampte van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika.

2. Me. Danile Nyakale as verteenwoordiger van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie op die Raad van Staatsdiamanthandelaars. 

3. Direkteursraad van die Raad vir Grondsake: 

  • Me. Lusanda Nomasongo Netshitenzhe (Voorsitter)
  • Mnr. Masopha Moshoeshoe 
  • Adv. Anthonie Viviers 
  • Dr. James Fraser Bourhill 
  • (Me. Precious Hlengiwe Makoe.

4. Bykomende direkteursraad van die Suid-Afrikaanse reguleerder vir diamante en edelmetale: 

  • Mnr. Virendra Gangaram Magan
  • Me. Ndivhuho Munyai. 

Share this page

Similar categories to explore