Registreer as versorger vir ouer persone

Oor | Wat om te doen | Tydsduur | Hoeveel kos dit | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede

Meer oor registrasie as ‘n versorger vir ouer persone

Indien jy tuisgebaseerde sorg aan ouer persone wil bied, moet jy as ‘n versorger by jou naaste Departement van Maatskaplike Ontwikkeling-kantoor registreer.

Om as ‘n versorger by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geregistreer te wees, moet die diensverskaffer wat jou aangestel het, verseker dat jy tuisgebaseerde sorg-opleiding ondergaan en dat jy in besit is van ‘n sertifikaat wat aandui dat jy jou opleiding ontvang het by ‘n instituut wat deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid geakrediteer is. 

‘n Versorger is iemand wat hulp aan ‘n ander persoon bied wat weens ‘n fisieke, psigologiese of verstandelike gestremdheid nie ‘n ten volle onafhanklike bestaan kan voer nie. 

Wat om te doen

  • Gaan na jou naaste Departement van Maatskaplike Ontwikkeling-kantoor.
  • Voltooi Vorm 7.
  • Dien 'n gesertifiseerde afskrif in van :
    • jou identiteitsdokument of verblyfpermit
    • die sertifikaat wat deur die opleidingsinstansie uitgereik is as bewys dat jy opleiding as ‘n versorger ondergaan het.
  • Wanneer jy geregistreer is, sal ‘n registrasiesertifikaat aan jou uitgereik word.
  • Jy kan vir ‘n duplikaat aansoek doen indien jy die oorspronklike sertifikaat verloor of dit vernietig word.

Tydsduur

Dit kan tot vyf dae duur om jou aansoek te verwerk.

Hoeveel kos dit

Daar is geen koste nie.

Vorms om in te vul

Alle vorms is by jou naaste Departement van Maatskaplike Ontwikkeling-kantoor beskikbaar.

Wie om te kontak

 

Share this page