Toegang tot inligting

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent 'n aansoek om toegang tot inligting

Die doel van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting is om te verseker dat mense hul grondwetlike reg kan uitoefen om toegang te verkry tot enige inligting wat benodig word vir die uitoefening of beskerming van enige reg en wat gehou word deur:

  • die Staat
  • enige ander persoon.

Die motivering vir die uitvoering van die reg tot toegang tot inligting is om 'n kultuur van deursigtigheid en verantwoordbaarheid in sowel openbare as privaat liggame te kweek, en om 'n gemeenskap te bevorder waarin die mense van Suid-Afrika doeltreffende toegang tot inligting het wat hulle in staat te stel om al hul regte ten volle uit te oefen en te beskerm.

Tot watter inligting, wat deur staatsdepartemente of enige openbare liggaam gehou word, kan jy toegang verkry?

Jy mag toegang versoek tot alle dokumentasie en rekords wat deur enige staatsdepartement, sy amptenare of enige ander openbare liggaam gehou word. Dit maak nie saak wanneer sodanige inligting geskep is nie. Dit sluit in:

  • persoonlike rekords wat deur 'n staatsdepartement of 'n openbare liggaam gehou word
  • derdeparty-inligting of -rekords: slegs met toestemming van die betrokke derde party, veral as die dokumente vertroulike of private inligting bevat
  • inligting waar toegang nie beperk is deur die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting nie
  • die rekords van die Kabinet en sy komitees
  • rekords wat verband hou met die geregtelike funksie van 'n hof
  • inligting:
    • verkry deur 'n spesiale tribunaal wat tot stand gebring is kragtens die wet
    • wat gehou word deur 'n geregtelike amptenaar van sodanige hof of tribunaal
    • wat gehou word deur 'n individuele lid van die parlement of van 'n provinsiale wetgewing.

Die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting moet nie gebruik word wanneer:

  • die rekord versoek word om in kriminele of siviele verrigtinge gebruik te word nie
  • 'n kriminele of siviele verrigting reeds begin het nie.

Die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting is verhewe bo enige ander wet of wetgewing wat toegang tot enige inligting verhinder of verbied.

Wat om te doen

  1. Vra die adjunk-inligtingsbeampte van die betrokke staatsdepartement om jou te help om toegang te verkry tot die inligting of die dokumente wat jy benodig.
  2. Voltooi en dien Form 2 : Versoek om toegang tot ’n rekord van ’n openbare liggaam in. Dit kan van die kantoor van die Departement verkry word of hieronder afgelaai word.
  3. Indien die inligting wat jy versoek nie vrylik beskikbaar is nie, sal jy ’n aanvraagfooi (in die vorm van belastingseëls) moet betaal. Jy sal ook ’n toegangs- en soekfooi moet betaal.
  4. Wanneer jy inligting van ’n openbare liggaam aanvra, is jy onder geen verpligting om die rede te verskaf waarom jy jou reg wil uitoefen of beskerm nie.

Hoe lank duur dit

  • Die adjunk-inligtingsbeampte van die departement moet binne 30 dae vanaf ontvangs van jou versoek, antwoord.
  • Indien die inligtingsbeampte of adjunk-inligtingsbeampte jou toegang weier tot die inligting wat jy versoek het, kan jy appèl aanteken by die toepaslike minister van die department of die betrokke openbare liggaam.
  • Indien jy nog steeds ontevrede is met die resultaat, kan jy die saak hof toe neem.
  • Die inligtingsbeampte of adjunk-inligtingsbeampte sal jou met hierdie proses behulpsaam wees.
  • Indien die inligting wat jy versoek het, nie deur die toepaslike departement gehou word nie, maar deur 'n ander openbare liggaam, sal die adjunk-inligtingsbeampte jou versoek binne 14 dae oorplaas na die inligtingsbeampte van die toepaslike openbare liggaam.
  • Die toepaslike openbare liggaam moet binne 30 dae op jou versoek antwoord, soos voorgeskryf. Jy sal in kennis gestel word van die oordrag van jou versoek na die toepaslike openbare liggaam.

Hoeveel kos dit

Kry die koste in Promotion of Access to Information 

Vorms om in te vul

PAIA Forms

Wie om te kontak

Indien jy hulp nodig het of enige verdere navrae het oor hoe om toegang tot inligting te verkry vanaf enige departement of enige openbare liggaam, kontak die adjunk-inligtingsbeampte of die inligtingsbeampte van die toepaslike departement of openbare liggaam.

Share this page