Aansoek om patologiemonsters na Suid-Afrika in te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die invoer van patologiemonsters of biologiese materiaal na Suid-Afrika

Indien jy diereprodukte, wat potensieel besmetlike of aansteeklike artikels is, na die Republiek van Suid-Afrika wil invoer, vereis wetgewing dat jy aansoek doen om 'n veeartsenykundige invoerpermit vanaf die Direktoraat: Dieregesondheid en dat sodanige permit aan jou toegstaan word voordat die invoerproses kan voortgaan.

Jy moet 'n veeartsenykundige invoerpermit verkry om patologiemonsters of biologiese materiaal in te voer, byvoorbeeld:

  • bloed of serum van diere
  • enige diagnostiese monsters van diere, soos urine, melk, mis, vel of interne orgaanbiopsies
  • bakterieë, virusse of enige patogene van diere wat gebruik sal word vir navorsing of enige ander doel.

Invoerpermitte is geldig vir 'n beperkte tydperk en vir slegs een besending. Jy moet hierdie permit verkry voordat die produk vanaf die uitvoerland versend word.

Daar mag nog ander wetgewing in plek wees vir spesifieke produkte en daarom moet jy seker maak dat jy aan al die vereistes voldoen.

Wat om te doen

  1. Vul die aansoekvorm Aansoek om patologiemonsters na die Republiek van Suid-Afrika in te voer in. Skakel die Direktoraat: Dieregesondheid indien jy onseker is oor watter vorm om in te vul.
  2. Heg die navorsingsprotokol aan, of 'n brief wat die doel van die invoer verduidelik en inligting verskaf oor die hantering van die ingevoerde produk, om die volgende te bevestig:
    • Alle besmetlike materiaal moet na 'n laboratorium gestuur word.
    • Die laboratorium moet goedgekeur wees en die toepaslike biosekuriteit (na gelang van die betrokke risiko) moet in plek wees.
    • Alle ingevoerde materiaal moet verbrand word na afhandeling van die toetse of navorsing.
    • Dit moet duidelik gestel word of lewende diere aan die ingevoerde materiaal blootgestel gaan word, al dan nie.
    • Indien lewende diere blootgestel word, moet hulle van kant gemaak word en die karkasse moet verbrand word na afhandeling van die toetse of navorsing.
    • Alle materiaal wat potensieel met bek-en-klouseer besmet kan wees, sowel as enige draers van oordraagbare eksotiese siektes, mag slegs na die afdeling vir Oorgrens-dieresiektes by Onderstepoort gestuur word.
  3. Die staatsveearts by die Direktoraat: Dieregesondheid sal jou skakel indien verdere inligting benodig word, en sal 'n risiko-assessering uitvoer om jou aansoek te oorweeg.
  4. Jy moet betaal vir die permit.
  5. Deponeer die permitgelde in die Departement se bankrekening:
    Naam van bank: Standard Bank of South Africa
    Naam van rekeninghouer: Nasionale Departement van Landbou
    Rekeningno.: 011219556 International Band
    Tak: 010845
    IB-merk 0001982 Sentrumkode
    Swift-kode: SBZA-ZAJJ
    Naam van tak: Arcadia
    NB: Verwysing moet die invoerder se naam en van wees. In gevalle waar jy namens iemand anders aansoek doen, maak asseblief seker dat jy in die naam van daardie persoon of maatskappy betaal.
  6. Jy kan ook per tjek betaal, betaalbaar gemaak aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  7. Betalings kan ook geskied by die kantore van die Departement van Landbou, Bosbou en Vissserye.
  8. Jy is aanspreeklik vir bankkoste sowel as die buitelandse bankkoste; die Departement sal nie 'n permit uitreik indien die volle bedrag ontvang is nie.
  9. Stuur die ingevulde vorm en bewys van betaling aan:
    Die Direkteur: Dieregesondheid
    Eenheid vir Invoer- en Uitvoerbeleid
    Private Sak X138
    Pretoria
    0001
    Suid-Afrika
    of Faks na 012 329 8292
    of e-pos VetPermits@daff.gov.za.
  10. Dui asseblief op die aansoekvorm aan of jy die permit sal afhaal en of dit aan jou gepos moet word.
  11. Nadat die ingevulde aansoekvorm en bewys van betaling ontvang is, sal 'n veeartsenykundige invoerpermit en 'n veeartsenykundige gesondheidsertifikaat uitgereik en direk aan jou gestuur word.
  12. Die veeartsenykundige gesondheidsertifikaat moet in Engels ingevul word deur 'n veearts wat gemagtig is deur die veeartsenykundige vereniging van die uitvoerland voordat die besending die land verlaat. 
  13. 'n Veeartsenykundige gesondheidsertifikaat is soms nie 'n vereiste vir die invoer van patologiemonsters nie, maar 'n amptelike veearts van die uitvoerende land moet die besending identifiseer en verseël. 
  14. Jy moet die oorspronklike veeartsenykundige invoerpermit (en oorspronklike veeartsenykundige gesondheidsertifikaat indien dit vereis word) aan die Suid-Afrikaanse veeartsenykundige invoerbeheeramptenaar by die plek van binnekoms voorlê.
  15. Indien jy enige inligting benodig omtrent die presiese vereistes vir 'n spesifieke patologiemonster, kan eksemplaarafskrifte van die veeartsenykundige invoerpermit en die veeartsenykundige gesondheidsertifikaat verkry word by die permitkantoor van die Direktoraat: Dieregesondheid.

Tydsduur

Wanneer die staatsveearts by die Nasionale Kantoor die invoer goedgekeur het, neem dit drie to vyf werkdae om die aansoek te verwerk en die permit uit te reik.

Hoeveel kos dit

R220

Wie om te kontak

 

Share this page