Permit om vis gevang op 'n ontspanningsbasis in te voer

Oor
Wat om te doen
Hoe lank duur dit
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die invoer van vis gevang op 'n ontspanningsbasis

Ten einde vis, soos seevis, wat jy gedurende jou vakanse in die buiteland gevang het, in te voer, moet jy aansoek doen om 'n permit by die Departament van Landbou, Bosbou en Visserye. Jy mag nie die ingevoerde vis verkoop nie, maar jy kan dit vir persoonlike verbruik aanwend.

Jy moet minstens twee weke voor jou vertrek aansoek doen  om genoeg tyd vir verwerking van die aansoek toe te laat. Jy kan nie vis sonder die invoerpermit in Suid-Afrika inbring nie. Jy het nie 'n permit nodig vir aas nie, maar jy moet liefs seker maak dat jy òf 'n aaspermit (slegs die daaglikse saklimiet kan vervoer word) òf 'n kontantstrokie vir die aas jy aangekoop het, in jou besit het.

Die volgende beperkings is van toepassing:

  • Jy kan nie spesies invoer wat op die Konvensie van Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (CITES) se lys verskyn nie.
  • Die permit is slegs geldig vir die duur van die besoek aan die land van bestemming.
  • Jy kan nie lewendige seevis invoer nie.

Let wel: Die ontspanningsinvoerpermit sluit varswatervis uit. Indien jy versuim om aan die permit se voorwaardes te voldoen, kan die permit opgehef of gekanselleer word.

Wat om te doen

  1. Verkry die Aansoekvorm om vis op 'n ontspanningsbasis in te voer, vanaf die Visseryebestuurstak van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye op die grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlagweg, Foreshore, Kaapstad.
  2. Lees die aansoekvorm deeglik en maak seker dat jy aan die vereistes en voorwaardes voldoen.
  3. Vul die aansoekvorm in en voorsien die volgende inligting:
    • Datums van vertrek uit en terugkoms na Suid-Afrika
    • Name van die lande wat besoek word
    • Die Suid-Afrikaanse grenspos wat gebruik sal word om na Suid-Afrika terug te keer
    • Hoe die vis ingevoer sal word (gevries/verkil/vars/ens.)
    • 'n Gesertifiseerde afskrif van jou identiteitsdokument
  4. Betaal die voorgeskrewe gelde in die volgende rekening in:
    Bank: First National Bank
    Rekeningnommer: 62123256382
    Rekeningtipe: Lopend
    Rekeningnaam: Marine Living Resources Fund
    Taknaam: Corporate Account Service Cape Town
    Takkode: 204109
    Vir 'n verwysing en die fooie, skakel die kliëntedienssentrum by 0860 000 3474.
  5. Heg die volgende aan die aansoekvorm:
    • bewys van betaling (bankdepositostrokie)
    • bewys van fisiese adres, kontaktelefoonnommer, faksnommer, en e-posadres in Suid-Afrika
    • 'n gesertifiseerde afskrif van jou identiteitsdokument.
  6. Stuur die aansoekvorm na die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Private Sak X2, Roggebaai, Kaapstad, 8012 of dien dit in by die Visseryebestuurstak van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye,, grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlagweg, Foreshore, Kaapstad.  Jy kan nie jou aansoek per e-pos of faks stuur nie.

Hoe lank duur dit

Dit kan sewe werkdae of langer duur, met dien verstande dat jy jou aansoek korrek ingevul en ingedien het.

Hoeveel kos dit

Kry die tariewe by die klientedienssentrum van die Visseryebestuurstak.

Vorms om in te vul

Verkry die Aansoekvorm om vis op 'n ontspanningsbasis in te voer by die klientedienssentrum van die Visseryebestuurstak.

Wie om te kontak

 

Call Centre

Tel: +27 12 399 9000
Fax: +27 12 359 3625

Share this page