Meld die boedel van ʼn oorledene aan

‘n Bestorwe boedel tree in werking wanneer ‘n persoon tot sterwe kom en eiendom en/of ‘n dokument wat ‘n testament is of as ‘n testament bedoel is, agterlaat. Die boedel van die afgestorwe persoon moet binne 14 dae vanaf die datum van afsterwe by die Meester van die Hoë Hof aangemeld word. Die afsterwe kan aangemeld word deur enige persoon wat enige eiendom van die afgestorwene se boedel beheer of besit, of wat ‘n dokument opgestel deur die afgestorwene en wat ‘n testament is of bedoel is om ‘n testament te wees, beheer of besit.

Vind meer uit omtrent bestorwe boedels of skakel die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling by 012 406 4805 of e-pos: Chiefmaster@justice.gov.za.

 

Share this page