Aanneming van ‘n kind in ’n konvensie-land

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor aannemings ingevolge die Hague-konvensie 

As jy ‘n buitelander is en belangstel om ‘n Suid-Afrikaanse kind aan te neem, moet jy eers uitvind of jou land ‘n ondertekenaar van die Hague-konvensie is. Die konvensie vertolk die beste interlandelike aannemingspraktyke tussen deelnemende lande.

Hierdie praktyke is slegs geldig as jou land, soos Suid-Afrika, die Hague-konvensie onderteken het. Die Konvensie neem die beste belange van die kind in ag en beoog om die ontvoering, uitbuiting, verkoop en handeldryf van kinders te voorkom.

Die sentrale outoriteit in jou verblyfland moet jou na ‘n amptelike kinderbeskermingorganisasie verwys vir keuring. 

Die organisasie sal ook met ‘n amptelike kinderskermingorganisasie kommunikeer in Suid-Afrika om te help soek vir ‘n kind wat kan aangeneem kan word.

Wat om te doen

  • Kontak die sentrale gesag in jou verblyfland
  • Die sentrale gesag sal jou na 'n aannemingsorganisasie in jou land verwys vir evaluering en keuring om vas te stel of jy geskik en bevoeg is om 'n kind aan te neem.
  • As die organisasie vind dat jy geskik en bevoeg is om aan te neem, sal ’n uitgebreide huisbesoekverslag saamgestel word en aan die Suid-Afrikaanse Sentrale Gesag (SASG) gestuur word.
  • SASG sal die verslag 'n die kinderbeskermingsorganisasie stuur wat ‘n aannemingsooreenkoms met die buitelandse organisasie het, om te soek vir 'n kind wat aangeneem kan word
  • As daar ‘n kind is wat aangeneem kan word, sal die kinderbeskermingsorganisasie ‘n kinderinspeksieverslag saamstel en aan SASG stuur vir goedkeuring vir interlandelike aanneming (Artikel 17)
  • Die kinderbeskermingsorganisasie in Suid-Afrika sal die verslag aan die buitelandse organisasie stuur om die kind met die voornemende ouers te pas
  • As jy nog belangstel in die aanneming, sal die sentrale gesag in jou verblyfland Artikel 17 uitreik, wat jou toestemming verleen om aan te neem
  • Die Artikel 17 van jou land se sentrale gesag sal na die geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie in Suid-Afrika gestuur word. Die kinderbeskermingsorganisasie sal jou in kennis stel om na Suid-Afrika te reis vir die finalisering van die aanneming in die kinderhof.
  • Die hof sal die aanneming finaliseer en hofdokumente sal na SASG gestuur word vir verifikasie en registrasie van aanneming
  • SASG sal dan die Sertifikaat van Konformiteit/Ooreenstemming uitreik
  • Die buitelandse aannemingsorganisasie sal aan jou nasorgdienste bied vir ’n tydperk van vyf jaar

Tydsduur

Dit verskil van geval tot geval.

Hoeveel kos dit

Jy moet ’n geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie betaal by interlandelike aanneming.

Vorms om in te vul

Kontak die sentrale gesag in jou verblyfland

Wie om te kontak

Kontak die sentrale gesag in jou verblyfland

Kontaklys van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling

Share this page