A Erwin signs land agreement with Richtersveld community
(Afrikaans)

Richtersveld-leiers en regering onderteken geskiedkundige
ooreenkoms

22 April 2007

Pretoria: Die Minister van Openbare Ondernemings, Alec Erwin, en Alexkor,
het ‘n deurslaggewende ooreenkoms met die Richtersveld-gemeenskap
onderteken.

Na bykans 10 jaar van omvattende onderhandeling en raadpleging, het die
regering en die Richtersveld-leierskap ’n skikking oor die gemeenskap se
grondeis bereik. Hierdie skikking baan die weg om, sonder onnodige vertraging,
die gemeenskap se regte te herstel en vergoeding te betaal.

Die Richtersveld-gemeenskap sal nou in staat wees om hul regte as
grondeienaars en hul belang in land-mynaktiwiteite uit te oefen.

Verdere besonderhede sal beskikbaar wees sodra die Richtersveld-leierskap
aan die gemeenskap verslag gedoen het, en sekere formele prosesse binne die
regering afgehandel is.

Vir navrae en onderhoude:
Vimla Maisty
Hoofdirekteur: Kommunikasie
Tel. 012-431-1021
Sel: 082-372-0270

Uitgereik deur: Departement van Openbare Ondernemings
22 April 2007

Share this page

Similar categories to explore