A Erwin: Public Enterprises Dept Budget Vote 2007/08 (Afrikaans)

Departement van Openbare Werke, Kieswet 30, toespraak deur
Minister Alec Erwin voor die Nasionale Vergadering

17 Mei 2007

Opsomming

Effektiewe Staatsbeheerde Ondernemings (SO) is van kardinale belang vir
enige ontwikkelende land. Die kompleksiteit en dinamika van die globale
ekonomie, krag van market en groei van globale beleggingspatrone bied
uitdagings aan alle state wat die strategiese doel van ekonomiese groei
nastreef. Dienooreenkomstig het ons besluit om staatsbesit in sleutel-areas van
die ekonomie te steun as 'n strategiese doelwit.

Die SO moet dus finansieël lewensvatbaar wees om bronne in nasionale en
internasionale kapitaalmarkte te mobiliseer. Onderwyl die staat in die
aanvanklike fase die SOs kan kapitaliseer en in ander spesifiek gedefinieërde
omstandighede deur sy eie finansiële bates en kapitaalmarkte aanvul. Dit verg
'n sterk balansstaat en die vermoë om met private kapitaal in vennootskap te
tree.

Operasionele effektiwiteit is nog 'n mikpunt vir die SOs. Dít verg
bestuurs-, menslike hulpbron- en tegnologiese kapasiteit wat op dieselfde vlak
as 'n beste praktyk funksioneer. Saam kan die SO 'n reuse-impak op die ekonomie
hê deur middel van beleggings, menslike hulpbronne en
ontwikkelingsprogramme.

Alexcor

Sover die staat die ware nut van diamante in Suid-Afrika wil steun is dit
duidelik dat Alexcor die ideale voertuig is om dit reg te kry. Alexcor het
egter twee bykomstige rolle om te vertolk en albei is belangrik vir
ontwikkelings redes. Die eerste hiervan is 'n kommersiële voertuig wat die
gemeenskap van die Richtersveld betrek by hul eie ontwikkeling. Die tweede is
'n onlangse, maar in effek, gelyksoortige objektief en dit sal die basis skep
vir die rasionalisasie van Namakwaland se diamantvelde. Die onsekerheid oor
grondeise het Alexcor egter in 'n baie netelige finansiëele operasionele
posisie geplaas. Tyd is op 'n premie, anders sal ons geen keuse hê om seker
aktiwiteite te staak en van ander ontslae te raak nie.

Breëband Infraco

Infraco is gestig om te verseker dat ons 'n essensiële kommunikasie-ruggraat
skep. Dit is geensins meer moontlik om in die globale kennis-ekonomie van
vandag te kompeteer sonder lae koste bandwydte wat ook betroubaar en oor die
algemeen, beskikbaar is nie. Daar is sake-ondernemings wat 'n bestaansreg in
ons ekonomie sou hê indien die koste verbonde aan bandwydte nie so hoog was
nie. Suid-Afrika se ekonomiese groei bly gekortwiek deur gebrekkerige en duur
bandwydte.

Infraco sal met ander partye, soos die South African Square Kilometre Array
(SKA) teleskoop en die Suid-Afrikaanse Navorsingsnetwerk 'n konsortium skep om
'n reeks nuwe platforms vir die uitbreiding van bandwydte en die
bekostigbaarheid daarvan te skep.

Denel

'n Bedrag van R400 miljoen is verkry deur die afsetting van bates wat nie as
essensieël beskou word nie. Die afsetting van Denel se oorblywende bates wat
nie essensieël is nie, sal in die 2007/08 finansiële jaar geskied. Die verdere
konsolidasie van Denel bly 'n sleutel-objektief en my department, Denel en die
Departement van Verdediging werk ten nouste saam in dié verband. Wat
verdedigingskontrakte aanbetref is 'n aantal kontrakte met plaaslike industrieë
aangegaan, insluitend die Hoefyster Infanterie Gevegsvoertuig kontrak en die
ontwikkeling van die vyfde generasie A-Darter missiel. Die opgradering van die
Oryx word ook beplan. Die bykomstige kontrakte onder die A400M beleid skep oor
die algemeen geleenthede vir die lugvaartbedryf.

In terme van die toekoms sal Denel die vestiging van vervaardigingsbronne
wat 'n katalisator vir die oordra van vervaardigingstegnologië en kennis kan
wees, na die breë vervaardigingsektor steun.

Energie, Eskom, PBMR

Eskom het aangekondig dat sy R150 biljoen beleggingsprogram oor die volgende
vyf jaar sal plaasvind. Teen Junie vanjaar, wanneer kragstasies wat tydelik
toegemaak is weer sal werk, sal Eskom 'n kapasiteit hê wat 38 00 MW sal
oorskrei. Dit sal Eskom in staat stel om die kragbehoeftes van die winter
hoogseisoen, wat op sowat 36 300 MW geskat word, te haal. My department sal
voortgaan om die program wat energie wil uitbou te moniteer en die sekuriteit
van energievoorraad se status dop te hou. Ons voer tans samesprekings met
Eskom, DME en Nersa om 'n verslag saam te stel wat die stelsels monitor.

Oor die volgende periode sal PBMR begin bou aan die Pilot Fuel plant by
Pelindaba en vooruitgang maak met die goedkeuring vir die konstruksie van die
eerste kragstasie in die Wes-Kaap.

Internasionale belang sal toenemend groei en plaaslik het Sasol aangedui dat
hulle samesprekinge met PBMR voer oor 'n aantal prosedures vir die aanwending
van hitte. Goeie vooruitgang is gemaak om Eskom se PWR program se beplanning in
lyn te bring met ons Generasie IV planne. Dit sal die lokalisering van
sleuteltegnologieë uitbou om sodoende Suid-Afrika in staat te stel om mee te
ding en venootskappe te stig in die nuwe era van kernkrag.

Nuwe afdelings sal binne Eskom geskep word om met kernkrag te woeker en ook
beter ingeneurskapasiteit en navorsingskapasiteit met die departemente van
Minerale en Energie, en Wetenskap en Tegnologie en NECSA te vergemaklik.
Thulani Gcabashe sal die projekspan lei wat ook met Eskom se Raad en die
Departement van Openbare Ondernemings sal skakel om dié reusetaak te
vermag.

SAL/SAX

Die primêre fokus is nou om die befondsingsbehoeftes en die
herkapitalisering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se omdraai-strategie
te finaliseer, wat SAL in staat sal stel om op sy balansstaat staat te maak.
Sekere kosmetiese omskakelings van sy struktuur is egter noodsaaklik. Dit is
hoofsaaklik dat die vereenvoudiging van SAL se korporatiewe struktuur, om nuwe
vennote in te bring en om van nie noodsaaklike aktiwiteite ontslae te raak.
Daar word reeds met die unies gekonsulteer.

Vanjaar sal my department ook South African Express (SAX) van Transnet se
boeke verwyder en dit in 'n aparte entitet omskep. Onderwyl SAL en sy lae koste
lugredery Mango sal fokus op handelsroetes, sal SAX roetes van mindere belang
bedien.

Safcol

Alhoewel die maatskappy 'n beduidende 30% belang in houtbalke vir
saagdoeleindes het, is dit slegs vir 2,5% van die bedryf se ekonomiese impak
verantwoordelik, en 3.5% van werkverskaffing. Die kabinet het dit goedgekeur
dat die laaste pakket van Safcol, die Komatilandwoude, van ontslae geraak moet
word.

Transnet

In 2006/07 het die Raad van Direkteure 'n vyfjaar beleggngsplan van R64,5
biljoen van stapel gestuur. Hierdie vyfjaar rollende plan is in 2007/08
nagesien en dit beloop nou R78 biljoen. Die belegging was daarop gemik om
aktiwiteite te verhoog wat yster en koolsteen aanbetref en hawens se
infrastruktuur te verbeter van Durban na Johannesburg.

In samewerking met die Raad is ons besig om die raamwerk vir 'n vennootskap
te skep om die werking van 'n nuwe houer-vrag terminal te verseker. Die
terminaal is tans onder konstruksie by die Ngqura hawe en ons sal meer detail
voortaan aankondig.

Gesamentlike projekte

Die reuse groei in die globale behoefte vir kapitaalgoedere skep probleme
met verskaffing. Deur middel van die Competitive Supplier Development Programme
(CSDP) stel ons dit ten doel om die ontwikkeling van Suid-Afrika se
vervaardigingsektor te steun.

Ons moet ons voorsieningskanale veilig maak vir belangrike toerusting en die
beste manier om dit reg te kry is om plaaslike kapasiteit te verseker. Dit sal
egter internasionaal kompeterend moet wees in terme van koste en kwaliteit. 'n
Gesamentlike poging tussen JPF, die Departement van Onderwys, Departement van
Arbeid en die verband-houdende SETAs en ons SOs is reeds aan die gang en daar
sal kursusse, kolleges en gegradueerdes aangedui word wat met die berdyf sal
kan meeding in terme van opleiding by ons SO alvorens dieslukes in die bedryf
getoets word.

Die ontwikkeling van 'n pyplyn na Phalaborwa word ondersoek.

Die Afrika Projek sal sekere sleutel geleenthede identifiseer op die
vasteland waar die SO in Suid-Afrika met die ontwikkelingsproses kan help.

Uitgereik deur: Department of Public Enterprises
17 Mei 2007
Bron: Department of Public Enterprises (http://www.dpe.gov.za)

Share this page

Similar categories to explore