Wes-Kaap by die Provinsiale Plaaswerker van die Jaar
26 Oktober 2006
Naas die begrotingspos van Landbou elke jaar, is die provinsiale plaaswerker
van die jaar toekenningsaand, vir my persoonlik, een van die hoogtepunte op die
kalender van landbou in die Wes-Kaap. Hierdie kompetisie wat ses jaar gelede
klein begin het, in een streek, en nou sy tweede jaar op provinsiale vlak
beleef, is ook besig om sy vlerke wyer te sprei na ander provinsies in die
land. Ek wil almal wat by die organisasie en die borgskappe van die kompetisie
betrokke is, bedank vir u toewyding om van die kompetisie 'n sukses te maak.
Dit is vir my 'n teken dat landbou en die baie produsente aan u as plaaswerkers
wil sê dat ons weet julle maak 'n groot bydrae tot die sukses van landbou in
die Wes-Kaap. Ons wil n boodskap aan u oordra dat ons wil hê dat u vir u 'n
toekoms moet sien waar u ware vennote in die landbou is. As u in die oggend
opstaan moet u met 'n lied in die hart gaan werk. Die boerdery moet aan u 'n
geleentheid bied om u totale menswees te kan uitleef.
Dit is ook om hierdie rede dat ons selfs internasionale ooreenkomste aangaan
om plaaswerkers oorsee te neem en op te lei as wynmakers en kaasmakers. Ons het
reeds 32 wynmakers en agt kaasmakers in Frankryk laat oplei en stuur volgende
maand vier persone na Frankryk om ondervinding in vatmakery en die
instandhouding van vate, te gaan opdoen. Ons is trots op die prestasies wat van
hierdie mense al behaal het met kampioen wyne en kase.
Daar is baie mense wat namens u as plaaswerkers wil praat en wil voorgee dat
hulle u omstandighede wil verander. Die feit is dat baie van daardie mense self
nog nooit 'n dag se werk op 'n plaas gedoen het nie. Hulle wil nou skielik vir
ons kom sê hoe ons moet maak om u lewensomstandighede te verbeter, terwyl ons
reeds op 'n gestruktureerde manier saam met die plaaswerkers van hierdie
provinsie die probleme geïdentifiseer het en die plan daargestel het om dit aan
te spreek. Die regering van die Wes-Kaap wil saam met u en die produsente en
ander welmenende organisasies werk om u lewensomstandighede te verbeter.
The Department of Agriculture is contributing to the upliftment of farm
workers through various agricultural skills development initiatives by
supporting capacity building projects and implementing agriculture related
projects, but it cannot address the social needs of farm workers on its own. In
order to offer a comprehensive and effective service, the Department recognises
the role that other departments must play in support of the farm workers.
An interdepartmental committee started its duties on Wednesday, 13 February
2006. The committee meets regularly on a monthly basis with Representatives
from 18 departments and organisations attending the meetings.
The committee has already evaluated its first proposal during September. It
is a multi-purpose project that will involve the following departments:
Agriculture: Western Cape, Education, Health, Sport and Culture, Social
Development, Labour and the farmers, the community and farm worker
organisations.
The focus of the proposal is to uplift and better the living conditions of
farm worker's children in the Aan De Doorns region. There is a great need for a
multi-purpose community hall, an extra classroom, a crèche and facilities for a
rugby and soccer field. The land is next to the Aan De Doorns Primary School
and will be provided by Mr Steven Hugo, a farmer in the region. The different
stakeholders and representatives from the different departments had its first
meeting on 9 October 2006 at Aan De Doorns.
A very good working relationship and networking between the different
departments have been established over the past eight months, which foster
integration and forge linkages with all role-players. Through forming linkages
and networks the different departments who are responsible for development
among the poor, gained a broader picture and started to think wider and
broader.
Die seisoen van hoop waarvan President Mbeki vroeër vanjaar gepraat het moet
nie net vir u 'n droom bly nie, dit moet aan u die geleenthede bied om u
lewensomstandighede te verbeter. Om ware gestalte te gee aan hierdie seisoen
van hoop sal daar egter nog baie aanpassings en veranderings moet kom om dit 'n
beter plek vir ons almal te maak. Dit kan net gebeur as ons bereid is om 'n
rekonstruksie en ontwikkeling van ons denke en ons optrede toe te laat. Oud
President Mandela praat van 'n "RDP of the soul".
When we talk about change I believe that each one of us must carry within in
ourselves the very change that we want to see. We need to take up the challenge
to start doing things for ourselves, rather to wait for others to do those
things. Farm workers must look at the opportunities that the Government is
creating and producers need to allow you to broaden your horizons by taking
part in these programmes.
Our Department provides appropriate agricultural training to improve the
skills of farm workers in order to give to you certified acknowledgement of the
training that you have completed.
Ons het nodig dat u u kinders moet lief maak vir landbou, sodat hulle
hulleself kan bekwaam vir die landbou deur formele opleiding. Soos wat ons wil
hê dat u gebruik moet maak van die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding, wil
ons ook hê dat plaaskinders hulle op Elsenburg moet kom toerus om hulle plek
vol te staan binne landbou.
Die jong mense van vandag is nie soos ons nie. Daar word gesê dat die jeug
van vandag in hul lewe tot vyf keer van beroep gaan verander. Die jongmense van
vandag is leergierig, heeltyd opsoek na nuwe uitdagings. Ons moet vir hulle wys
watter wonderlike uitdagings en loopbane daar in landbou is.
Daar word so maklik gedink dat as jy in 'n landbou-rigting studeer of werk
dat jy die een gaan wees wat net die vrugte moet pluk of die persoon wat die
trekker moet ry. Dit is belangrik en nodig dat daar persone is wat daardie
werke kan doen. Dit is ook nodig dat daar persone is wat die verskillende
kultivars van vrugte kan verduidelik, navorsing kan doen, die grond kan ontleed
en sê hoe dit verwerk moet word, die vrugte kan bemark en so kan ek aangaan.
Dus, is dit uiters belangrik dat ons jeug besef dat beroepe in landbou, net
soos in baie ander industrieë, sekere vaardighede benodig. Baie beroepe in
landbou is 'n wetenskap en dit gaan verder as net op die plaas werk. Daar moet
veearste, landbouingenieurs en voorligters wees om die landbousektor en sy
werknemers te kan ondersteun. Vir baie van u is dit nog nie te laat om gebruik
te maak van die opleidingsgeleenthede wat deur die departement aangebied word
nie.
Die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding op Elsenburg is verantwoordelik
vir die opleiding vir loopbane in Agritoerisme, Diereproduksie, Pomologie
(studie van vrugte), Voorligting, Groenteverbouing, Agronomie, Wynkunde en
Wingerdbou.
Kennis is mag. Kennis stel jou in staat om jou horisonne te verbreed. U wat
aan hierdie kompetisie deelgeneem het, het getoon dat u bepaalde kennis het oor
u vakgebied en u het dit duidelik gemaak dat u nog verder wil leer. Dit hoort
so. U moet ideale hê. kan nooit ophou om hoër op die leer van kennis te wil
klim nie.
Aan die wenners wil ek sê: Baie geluk. U moet weet dat die druk nou groot is
en dat die uitdagings nou voorlê. Aan elke deelnemer, of jy gewen het of nie,
wil ek sê: noudat jy op die leer van prestasie begin klim het, is daar nie
ophou nie. Elke keer as jy dink jy is bo sal jy agterkom die leer het weer
langer geword. So as jy bo gekom het, hou aan met klim. Jou beste prestasie
nou, het jou net in posissie geplaas om die volgende uitdaging te oorkom.
Navrae: Alie Van Jaarsveld
Cell: 084 604 6701
E-mail: avjaarsv@pgwc.gov.za
Issued by: Ministry of Agriculture, Western Cape Provincial Government
26 October 2006