C Dowry: Handover of Leliefontein project

Toespraak deur Cobus Dowry, Minister van Landbou in die
Wes-Kaap, by die oorhandiging van Leliefontein Projek

24 November 2006

Geagte Programdirekteur, Mnr Terrance Fife, ander senior amptenare,
begunstigdes van hierdie projek, Dames en here,

Baie dankie vir die uitnodiging om hierdie geleentheid by te woon en
daardeur ook deel te wees van nog ‘n stukkie geskiedenis wat in die
grondhervormingsprogram in die Wes-Kaap geskryf word.

Die afgelope twee weke was werklik waar 'n tydperk van hoogtepunte en
laagtepunte vir ons in Landbou. Twee Saterdae gelede het ons ‘n wonderlike
ervaring gehad waar ons nie minder nie as agt bemagtigingsprojekte aan
plaaswerkers oorhandig het waar hulle nou ook volwaardig deel sal hê aan
dieselfde boerdery-aktiwiteite waar hulle tot nou toe net werkers was.

Die Maandagoggend is ons almal geruk deur die grusame ongeluk waarin
plaaswerkers hulle lewe verloor het op pad werk toe. In die twee weke tot nou
toe het ons as provinsie en landbougemeenskap gewys dat elkeen vir ons
belangrik is in hierdie groter familie. Die regering van die Wes-Kaap, Private
ondernemings, die breë gemeenskap en die Landbougemeenskap het onmiddellik
gereageer om die groot verlies vir die agtergeblewenes sowel as die
geaffekteerde persone so lig as moontlik te maak.

Die fonds wat deur Agri Wes-Kaap in die lewe geroep is, staan nou al ver oor
die R250 000. Ons het vanoggend kospakkies aan die naasbestaandes en
oorlewendes oorhandig wat deur ‘n kettingwinkel geskenk is, en so is daar nog
verskeie ander vorme van hulp wat besig is om beslag te kry. Môre en Sondag
word die laaste slagoffers van die ramp op verskeie plekke te ruste gelê.

In die Wes-Kaap wil ons hê dat die woorde “Waardigheid, Billikheid en
Welvaart: nie net dooie woorde sal wees nie, maar dat 'n lewende werklikheid
vir elke inwoner van hierdie provinsie sal wees in ons strewe om 'n tuiste vir
almal in die Wes-Kaap te skep. Binne in hierdie proses is dit egter so dat ons
as regering dit nie alles alleen kan doen nie, maar het ons almal se
samewerking nodig om die ongeregtighede van die verlede aan te spreek en as ons
werklik ernstig is om armoede te bestry, ongelykhede uitwis en sodoende die
kwaliteit van lewe van al die mense in die Provinsie te verbeter.

Hierdie tuiste wat die regering wil skep vir almal, beteken ook dat ons
projekte soos hierdie waarby u betrokke is in ons gemeenskappe wil vestig om u
deel te laat hê aan welvaart wat ons in die provinsie wil skep. Dit beteken ook
dat u volwaardig deel mag hê aan landbouaktiwiteite as eienaars van grond en
eienaars van u eie boerdery aktiwiteite.

Twaalf jaar gelede het die regering begin om planne in werking te stel wat
gehoor moes gee en uitvoering moes bring aan die selfopgelegde taak om toe te
sien dat die grond en rykdom verdeel sal word tussen die wat dit besit, diegene
wie dit help bewerk het, die wie 'n behoefte het om grond te besit en te
bewerk, maar nog nooit 'n geleentheid gehad het om dit te doen.

Ons het dit vir onsself ten doel gestel om vir eens en vir altyd toe te sien
dat rasgebaseerde beperking op grondeienaarskap tot 'n einde sal kom deur die
nodige middele en infrastruktuur te voorsien. Ons wil dit moontlik maak vir
elke Suid-Afrikaner om die eienaar van sy of haar stukkie grond te word, hetsy
om daarop te woon of om dit te bewerk in 'n poging om 'n bestaan daaruit te
maak en ook in 'n poging om hongersnood en armoede te beveg.

Die vryheidsmanifes wat ook die basis van die grondwet vorm, sê dat die
staat die kleinboere sal voorsien van implemente, saad, trekkers en damme om
die grond te bewaar en die werkers te ondersteun terwyl vryheid van beweging
gewaarborg sal word.

Dit is vir ons belangrik dat ons 'n nuwe generasie boere moet vestig wat
toegerus sal word om volhoubaar te boer in 'n poging om nog meer
werksgeleenthede te skep en sodoende 'n positiewe bydrae te lewer tot die
bestryding van armoede. Ons by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het
ook sekere aanpassings gemaak om suksesvol hierdie uitdagings te deel. Ons
fokus baie ernstig op die voorsiening en voorligting; ondersteuning en
fasilitering van opleiding van boere, met spesiale aandag aan opkomende boere
in die implementering van grondhervormingsprogramme en landelike
ontwikkelingsprojekte.

Ons het die afgelope jaar geweldig vordering gemaak ten opsigte van die
uitbreiding van vaardigheidsopleiding aan plaaswerkers en hulpbronarm boere uit
die historiese benadeelde gemeenskappe.

Op hierdie manier is die regering van die Wes-Kaap saam met u besig om op 'n
doelgerigte manier die ongeregtighede van die verlede uit te wis deur die
implementering van projekte soos hierdie.

The project revolves around a group of 32 individuals who were originally
members of the Atlantis Small Farmers Association. These 32 individuals broke
away from the association and formed their own group, known as Goeie Hoop
Landbouvereniging and now known as Leliefontein Farming Trust.

The group is made up of middle-aged members who have previous experience
with small-scale farming and consists of 16 households, totalling 32 members.
The families form a natural grouping of eight units comprised of two households
each, some of whom are living in Atlantis, some of whom are unemployed, other
who are renting lands on the very sensitive West Coast biosphere.

The management of the group had received training from an non-governmental
organisation (NGO) called Goedgedacht Agricultural Resource Centre (GARC).

The group is aiming at a small-scale farming enterprise, starting off as a
subsistence endeavour and then moving to small-scale production.

The group wants to concentrate on crop and livestock farming.

The group purchased a piece of land in the Malmesbury area known as Portion
18 (a portion of portion 2) of the Farm Leliefontein No 817 in the district of
Malmesbury and located within the Swartland Municipal area, Western Cape. The
extent of the land is 31.0250 ha.

The Provincial Director approved the project on 25 August 2003 (approved
under Section 10 of Act 126). The transfer was effected on 30 September 2003.
There was at that time just enough money allocated from the 2003/04 budget for
the acquisition of the land. The payment of the Balance of Grants (BoG) had to
be put on hold until the start of the 2004/05 financial years.

Leliefontein Project started out as a Land Bank project and was originally
registered by Land Bank. Quite late in the process Land Bank informed the group
and the facilitators (GARC) that the R25 000 production loan that they
requested was not necessary. On 25 November 2005 Land Bank indicated that they
were not willing to approve the loan: it was not justifiable as the Land
Redistribution for Agricultural Development (LRAD) grant would cover expenses-
and that the project would no longer be dealt with by Land Bank. The Cape Town
District Office (CTDO) then had to get permission from the West Coast District
Approvals Committee (WCDAC) and the Provincial Director to have the project
transferred from Land Bank to the Department of Land Affairs (DLA). At this
stage the business plan was already complete.

On 16 January 2003 the WCDAC recommended transfer of the project to the
Department of Land Affairs. On 13 May 2003, it was accepted by the Provincial
Director as a DLA project.

A Project Management Team (PMT) consisting of the Department of Land
Affairs, Department of Agriculture, Swartland Municipality, the beneficiaries,
GARC and West Coast Ubuntu Farmer’s Association (WEKUFU) had been established
to manage implementation of the business plan.

Through the business plan and the PMT approach, the needs of the group had
been identified. In this regard the Department of Agriculture had also made
funds available for the project.

The establishment of vegetable crops started with the Department of
Agriculture donating approximately 50 000 cabbage seedlings to the Leliefontein
Trust during September 2005. It was during this time that the irrigation
infrastructure and power line to the borehole was installed. Cabbage seedlings
were established on four of the eight sections into which the Leliefontein land
had been subdivided.

However, Mr Kosie Syster had established, on his own, a range of other crops
on a bigger area on the portion of land assigned to him. Green beans, parsley,
green peppers, squash, butternuts, baby marrow and watermelon had been planted
by him and is then sold locally to Patagonia, Spar and Pick 'n Pay. It has been
reported, that Pick 'n Pay had, in fact, shown interest in a long-term contract
and had visited the farm to verify production potential.

Some members had also started to keep pigs. The Department of Agriculture
had made building material available for the erection of pigsties.

Ek wil u alle voorspoed toewens met hierdie projek en die vertroue uitspreek
dat u sal groei en werklikwaar volhoubaar sal boer.

Enquiries: Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Cell: 084 604 6701
Tel: (021) 483 4930
Fax: (021) 483 3890
E-mail: avjaarsv@pgwc.gov.za

Issued by: Ministry of Agriculture, Western Cape Provincial Government
24 November 2006

Share this page

Similar categories to explore