C Dowry to hand over projects in Hex Valley, 11 Nov (Afrikaans)

Empowerment in the Hex

8 November 2006

The initiaters of various empowerment projects in the Hex Valley would like
you to come and experience the progress on land reform with the official
handing over of the projects to the beneficiaries by the Minister for
Agriculture in the Western Cape, Cobus Dowry

Date: Saturday 11 November 2006
Time: Starting at 09h00
Venue: De Doorns Wynhuis next to the N1
First stop: Hoogland Boerdery Touwsrivier - Coffee and tea
11:00 Osplaas Boerdery
Olyfkloof
Uitkoms Boerdery - Grape juice
11:30 De Doorns Saamwerkers
Sanddrif Nuwe Boere
12:00 Klipland & La Serene
12:30 De Hoop - Lunch

Hoogland

In 2003 het die eienaar, Pieter Naude van Denau Boerdery, die Denau Werkers
Trust gestig wat bestaan uit 118 begunstigdes. In 2005 is 'n maatskappy gestig
wat handel dryf as Hoogland Boerdery. Die maatskappy het die plaas Kleinstraat,
geleë tussen De Doorns en Touwsrivier, by Denau Trust gekoop. Die twee trusts
het elk 50% aandeel in die nuwe maatskappy. Daar is reeds 24 ha tafeldruiwe
onder net gevestig en 'n verdere 14 ha is ook onder net ontwikkel. Die mikpunt
is dat oor vier jaar 'n totaal van 50 ha ontwikkel moet wees.

Osplaas

Die projek bestaan tans uit 8 ha tafeldruiwe van verskillende kultivars. Die
eienaar is Osplaas Brd Edms Bpk en bestaan uit 36 aandeelhouers. Die eiendom
sal sy water verkry uit die nuwe Osplaasdam aanvullingskema wat teen Junie 2007
voltooi sal wees. Intussen voorsien die Hexvallei Besproeiingsraad water aan
die groep uit hul bestaande bronne. Gedurende 2005 is die eerste stokkies
geplant en vanjaar is die plaas vergroot na 8 ha. 'n Verdere vier ha is
beskikbaar vir uitbreiding.

AM Thops Brd BK

André Thops is die alleeneienaar van die plaas Olyfkloof wat hy in 2004
gekoop het (42 ha). Die plaas het lank braak gelê nadat `n varkboerdery daar
ten einde geloop het. André is reeds die afgelope vier jaar besig om olyfbome
op groot skaal te kweek. Op Olyfkloof is hy tans besig met die vestiging van
ses ha olyfbome en een ha Colombar. Makadamia- en pekanneutbome en
jojoba-struike is ook reeds geplant. Volgende jaar gaan die kwekery vergroot
word om ook laventel, roosmaryn, hoodia en boegoe te kweek.

Uitkoms Boerdery

Die Uitkoms boerdery is in 2006 aangekoop deur twee kommersiële boere,
Boetie Kriel en Theuns Rabie, met die uitsluitlike doel om `n 40% aandeel aan
die Osplaas Brd beskikbaar te stel. Dit verseker ook onmiddellike toegang tot
pakfasiliteite aan die Osplaas aandeelhouers. Daar sal uiteindelik 16 ha
tafeldruiwe ontwikkel word waarvan twee ha reeds in 2006 aangeplant is.

Sanddrif Nuwe Boere

Die projek bestaan uit 1.7 ha Colombar wyndruiwe. Die eienaar is die
Sandrift Nuwe Boere BK en bestaan uit drie lede naamlik Andries Francies, Arrie
de Bruin en Andrew Kidelo. Die eiendom sal sy water verkry uit die nuwe
Osplaasdam aanvullingskema wat teen Junie 2007 voltooi sal wees. Intussen
voorsien die Hexvallei Besproeiingsraad water aan die groep uit hul bestaande
bronne. Die groep het gedurende 2006 hul eerste oes afgehaal van 6.52 ton.

De Doorns Saamwerkers

Die projek is in 2005 begin met nege aandeelhouers wat bestaan uit die
personeel van die De Doorns Wynkelder. 1.8 ha wyndruiwe (Colombar) is net langs
die Wynkelder gevestig op nuwe onbewerkte grond. Die verwagting is dat die
eerste oes in 2007 gelewer sal word.

Klipland Siyazama Brd en La Serene

Siyazama beteken “nuwe begin”. Die projek is in Augustus 2006 aangepak deur
agt persone met Frans Hugo as mentor en behoort voor die einde van die jaar
gefinaliseer te word. Op Klipland (23.9 ha) word met ses kultivars
uitvoerdruiwe geboer. Hulle beoog ook om later ses ha wyndruiwe op oop grond te
vestig. Die ander plaas, La Serene, word van die Breedevallei Munisipaliteit
gehuur. Daar gaan 5.6 ha medisinale plante en later 9.6 ha wyndruiwe gevestig
word.

De Hoop Vineyards

Mnr De Villiers Graaff het die plaas De Hoop in 2005 in die Hexvallei gekoop
om 'n sinvolle bemagtigingsprojek daar te stel vir die mense wat al jare lank
in die Graaffs se diens staan. 'n Aandeel van 60% is aan die 213 aandeelhouers
verkoop. Die aandeelhouers is die werknemers van die plase De Hoop, The Pines,
en Naudeshof van mnr. Graaff asook die plaas Zandhoek van mnr. A Reyneke, sy
vennoot op The Pines. Die plaas bestaan uit 35 ha tafeldruiwe met 23 ha oop
grond wat vir verdere ontwikkeling bestem is vanaf 2007. Die projek is reeds in
volle gang met 'n direksie wat maandeliks vergader en sake bestuur.
Aandeelhouers ontvang gereeld opleiding rodom die projek.

Enquiries:
Hex Valley Table Grape Association
Tel: (023) 356 2606/8 or (023) 356 2607
E-mail: hexgrapes@mweb.co.za

Alie van Jaarsveld, Spokesperson,Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: (021) 483 4930
Fax: (021) 483 3890
Cell: 084 604 6701
E-mail: avjaarsv@pgwc.gov.za

Issued by: Ministry of Agriculture, Western Cape Provincial Government
8 November 2006

Share this page

Similar categories to explore