tydens die Landbouberaad, Elsenburg
5 September 2006
Ek is dankbaar om te kan sê dat vandag se byeenkoms te danke is aan die
verhouding wat daar tussen myself, en die Departement aan die een kant en die
produsente en die verskillende bedryfsliggame aan die ander kant, is.
Ek is deeglik bewus van die moeilike tye wat landbou op verskillende
terreine ervaar, omdat ek in die bevoorregte posisie is dat daar 'n oop
verhouding tussen my kantoor en u bestaan, wat ons in staat stel om op 'n
gereelde basis met mekaar oor die probleme en uitdagings wat u ondervind, te
kan kommunikeer. Dit gee egter ook aan my en my kollegas die geleentheid om aan
u die Regering se standpunt ten opsigte van 'n groot aantal sake te stel.
Gedurende my gesprekke met u het ek tot die besef gekom dat elke bedryf sy
eiesoortige probleme het, maar dat daar 'n hele aantal kwessies is wat
gemeenskaplik van aard is.
Die regering van die Wes Kaap erken die belangrike rol wat u as produsente
en landbou in sy geheel speel in die skep van groei en welvaart in die ekonomie
van die provinsie. Dit is egter belangrik dat ons hierop sal voortbou en ons
opnuut sal verbind tot 'n vennootskap waarin ons sal soek na metodes om die
gevestigde aktiwiteite te laat groei, terwyl ons ook terselfdertyd alle nuwe
toetreders tot die sektor sal omarm en akkommodeer. Meer nog, ons moet saamwerk
om die doelwitte ten opsigte van swart ekonomiese bemagtiging te bereik omdat
ons daarin glo, nie omdat u voel die regering dwing u om dit te doen nie.
Grondhervorming en Swart Ekonomiese Bemagtiging bly van kardinale belang vir
die sosiale, politieke en ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika en die
Wes-Kaap.
Ons is nederig trots op die feit dat die sukses ratio ten opsigte van
bemagtigingsprojekte in die Wes-Kaap tans op 54,4% staan, terwyl die wêreldnorm
op die oomblik op 19% draai. Dit is egter nie goed genoeg nie. Elke mislukking
plaas ons treë agteruit, nie net ten opsigte van bemagtiging nie, maar ook ten
opsigte van die groei van landbou en die bereiking van ons doelwitte ten
opsigte van die Versnelde en Gedeelde Groeiinisiatief vir Suid-Afrika,
AsgiSA.
Die uitdaging ten opsigte van die doelwit in grondhervorming vra dat ons
hiervandaan jaarliks 500 000 ha aan voorheen benadeelde persone sal oordra
indien ons die doelwit van 30% teen 2014 wil bereik. Dit is ân enorme taak as
ons die huidige situasie in ag neem waar ons tot nou toe in totaal slegs
85 000 ha oorgedra het.
Ons is reeds besig om saam met die Departement van Grondsake die nodige
aanpassings te maak om die program te versnel en glo dat ons saam met al die
ander rolspelers innoverende opsies op die tafel moet plaas om die proses te
stimuleer en te versnel. Ek wil dit aan u stel dat ons dit nie alleen kan doen
nie. U het reeds u bereidwilligheid verklaar, maar die tyd het gekom dat ons
nou proaktief moet optree en daarom het ek reeds verlede week in samewerking
met die Hoofdirekteur in die provinsiale kantoor van Grondsake, Mnr Terrence
Fife, ân forum in die lewe geroep om die nodige aksies te neem om gestalte te
gee aan die nuwe implementeringsplanne. Ek wil weereens beklemtoon dat ons dit
nie alleen kan doen nie. Ons wil en gaan u betrek in die proses.
One of the most burning issues on the table is evictions and actions around
the Extension of Security of Tenure Act (ESTA). I am of the opinion that the
Act is not serving the purpose that it was meant to and that this is allowing
vultures and rogues on both sides of the spectrum to use these loopholes to
their own benefit and to the detriment of others. It also allows people with
their own agendas to use farmworkers as the vehicle to promote their own
political aspirations. In most of the cases it is to the detriment of these
workers and it is harming the image of agriculture. These people does not have
the long-term interest of workers and agriculture at heart and I want to ask
them nicely, for now, to keep their hands off. We are tired of hearing through
the media that we are failing farmworkers and that we are not looking after the
interest of this vulnerable component within the agricultural sector. The
record since 2004, when the ANC came into power in the Western Cape and I was
appointed as Minister, speaks for itself. Never before was the case of
farmworkers driven in such a dedicated manner as it is driven now. The
strategic plan for farmworkers that was approved by Cabinet in December 2005 is
proof of this.
Ek is besorg oor die effek wat die inbring van seisoenale werkers na plase
op verskeie terreine in die Wes-Kaap het. Baie van hierdie mense gaan nie terug
na die provinsies waar hulle vandaan kom nie en dit plaas verdere druk op die
regering ten opsigte van behuising en dienste in verskillende vorme.
Programdirekteur, Ek het dit nodig geag om, soos altyd, sake aan te raak wat
op die transformasie-agenda is omdat ek weet dat hierdie die sake is wat
politieke implikasies het waarmee ons moet handel in belang van Landbou. Daar
is egter ook ander uitdagings wat ons binne die landbou-speelveld in berekening
moet bring. Ek stip graag so ân paar aan wat ons dalk ook iewers in die gesprek
kan inbring:
a) die vervaardiging van veilige, gesonde sowel as omgewings- en sosiaal
vriendelike landbouprodukte
b) die toenemende nasionale en internasionale sensitiwiteit oor die veiligheid
van voedsel van dier- en plantoorsprong het addisionele eise geplaas op die
lewering van standaarde wat vereis word vir uitvoersertifisering op hierdie
produkte en vir verspreiding vir nasionale huishoudelike gebruik
c) As gevolg van die internasionale gemeenskap se sensitiwiteit oor die
teenwoordigheid van chemikalieë en ander faktore wat gesien word as nadelig vir
die omgewing en menslike gesondheid, moet pro-aktiewe monitering van sulke
stowwe geïnisieer word en sal ons boerderypraktyke moet toepas wat ook
âtracking and tracing rekordsâ daar sal stel wat bo verdenking is
d) die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers
as gevolg van subsidies en tariefplafonne en die beskerming van bestaande
buitelandse markte
e) die skuif van kommoditeitsgedrewe produksie na die 21ste eeuse nisprodukte
en -markte en die ontwikkeling en verowering van hierdie markte met
landbouprodukte met 'n hoë voedingswaarde, met gepaardgaande waardetoevoeging
deur middel van verwerking van die basiese produk
f) konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur die nuwe
vennotskap vir die ontwikkeling van Afrika, NEPAD en nuwe markte in Afrika.
Ons wil graag aan die voorpunt wees om die klimaat te skep waarbinne u moet
opereer sodat u met vertroue kan voort gaan om toe te sien dat landbou sy
primêre taak kan vervul, naamlik om voedsel te produseer.
Ek het reeds daarna verwys dat daar egter bepaalde gemeenskaplike en ook
eiesoortige probleme en uitdagings is wat u in die gesig staar en waarmee u van
dag tot dag moet worstel op 'n pad wat u nie alleen kan loop nie.
Dit is primêr hoekom ons hier byeen is, sodat u met ons kan praat oor
daardie kwessies wat u daagliks raak en die sake wat u deurlopend met my
bespreek. As ek sê ons, dan bedoel ek die ander departemente, hetsy op
plaaslike, provinsiale of nasionale vlak, waar wetgewing en regulasies bestaan,
wat volgens u stremmend inwerk op landbou.
Van die kwessies wat myns insiens aangespreek moet word sluit in:
* tolpaaie
* effek van wisselkoerse
* landbousubsidies
* munisipale heffings en belastings
* All Pay en maatskaplike toelaes
* behuising
* mediese versorging
* veiligheid op plase
* grondhervorming
* ESTA-wetgewing en implikasies
* paaie en padordonansies.
Voorsitter, daar is heel waarskynlik nog ân hele aantal ander sake wat u wil
opper. Ek wil u uitnooi om onbevange te praat sodat ons die tipe gesprek kan
voer waaraan ons binne landbou gewoond is. Dit is ons erns dat ons sal
antwoorde kry, daarom dan ook die wye verskeidenheid van verteenwoordiging
vanuit die Wes-Kaapse Kabinet, sowel as senior amptenare van departemente en
ander instansies wat saam met ons moet soek na die oplossings sodat ons landbou
ten volle kan toerus om die uitdagings van vandag en môre die hoof te
bied.
l
Navrae: Alie van Jaarsveld
Tel: (021) 483 4930
Faks: (021) 483 3890
Sel: 084 604 6701
E-mail: avjaarsv@pgwc.gov.za
Issued by: Ministry of Agriculture, Western Cape Provincial Government
5 September 2006