C Dowry: Debate on Western Cape Agriculture Budget Vote

Speech by Cobus Dowry, Minister for Agriculture in the Western
Cape in the Provincial Legislature

6 June 2006

The condition in agricultural communities and the treatment of agricultural
labourers in the province especially in the light of the recent attacks by the
Democratic Alliance (DA) on the Women on Farms Project.

The Freedom Charter states that the Land shall be shared amongst those who
work it and that the people shall share in the wealth of the country. The ANC
is committed to implementing and achieving the strategic goals we have set to
make the whole Charter a living document.

This implies that those who were deprived of their birthright shall now have
equal rights with those who granted for themselves only those rights for many
years.

To further our goals we are in partnership with many organisations from the
commercial farming sector, business and various non-governmental organisations
(NGOs), Women on Farms (WOF) is one such organisation. The member van Rensburg
chose to attack WOF and me, based on statement in a periodical.

He wanted me to respond in public on untested allegations whilst he knew
that I already had an appointment to meet with the Executive Director of Woman
on Farms. I refused to run the business of government in DA style, through the
press. We deal with our associates and partners in an appropriate way in
meetings around the table. They used it as an excuse to vote against the
budget.

Women on Farms lewer werk van onskatbare waarde om seisoenale
vroueplaaswerkers op te lei en is reeds sedert 2004 met die program besig. Die
ooreenkoms is aangegaan lank voordat Fatima Shabodien die uitvoerende hoof van
WOF was.

Tot twee jaar gelede is plaaswerkers nog steeds gesien as die werkesels wat
bereid moes wees om te aanvaar dat die nuwe Suid-Afrika besig is om by hulle
verby te trek. Dit is onder leiding van hierdie ANC-regering dat ons begin het
om aan plaaswerkers nuwe hoop te gee om die verval wat daar onder die totale
plaaswerkergemeenskap is, aan te spreek. Ons het indringend met plaaswerkers
self oor hulle omstandighede en behoeftes gepraat. Die resultaat hiervan is n
strategiese plan vir plaaswerkers wat deur die kabinet goedgekeur is, en n
implimenteringsprogram waarby alle departemente in die provinsie betrokke
is.

Die Departement van Landbou het verskeie programme wat na opkomende boere,
van wie baie uit plaaswerkergeledere kom, en plaaswerkers self, se behoeftes om
sien. Hierdie programme dra by om die ongeruimdhede van die verlede uit te wis.
Ons implimenteer dit in samewerking met die oorgrote gedeelte van kommersiële
boere, wie ons vennote is in ‘n proses om werkers te bekwaam en wat saam met
ons die pad wil stap om hulle mense op te hef. Ons is dankbaar vir hierdie
onontbeerlike bydrae van boere wat saam met ons wil bou aan gesonde verhoudings
tussen werkgewer en werknemer.

Ek verwys van tyd tot tyd na boere wat aan Landbou n slegte naam gee deur
hulle optrede teenoor werkers. Dit het die afgelope tyd baie duidelik geword
waar hulle inspirasie vandaan kry. Dit is hulle wat dink dat alles in hierdie
land nog steeds net aan hulle behoort en wie nie aan Bruin en Swart mense die
reg tot opleiding en die reg tot eienaarskap en die reg om ook te kan boer, wil
gee nie. Hulle wil nog krampagtig vasklou aan die dae van wit baasskap waar
ander genegeer was tot mindere wesens. Die DA het bewys dat hulle die drywers
van hierdie gedagte is. Die DA kom in hierdie Raad en hy stem teen die
implimentering van programme wat daarop ingestel is om die verdruktes op te hef
en aan mense hoop te gee.

Gebaseer op ‘n aanhalling uit ‘n tydskrif protesteer die DA teen die
spandering van R167,8 miljoen aan opkomnde boere.

Die waarheid is dat die DA nie ten gunste van die opleiding van 14 000 vroue
is wat seisoenale werk op plase verrig nie. Hulle wil nie hê dat ons Women On
Farms moet gebruik nie.

Die DA sê vir 9 000 kinders en 3 000 volwassenes ons wil nie hê dat FasFacts
julle bewus moet maak van Fetale Alkohol Sindroom nie. Die Departement moet nie
R738 928 hierop spandeer nie".

To the 25 learners that will benefit from the bridging programme to assist
learners from predominantly farms and rural areas to obtain access to
institutions of higher learning and the workplace in the agriculture sector,
the DA is saying we don’t want to spend R200 000 on you.

The Training of 600 farm worker's children in arts and culture workshops
over two years at a cost of R131 000-00 is too much to spend on the children of
farm workers

Why the DA is opposed to R200 000-00 for bursaries for 10 students or why
don’t they want 15 teachers to be trained over three years in a programme for
crèche teachers with limited literacy, to enable them to prepare children of
farm workers for school. Is R130 000 too much?

You would rather see children drown than to have us spending R100 000-00 on
a project for farm workers’ children in rural areas to make them aware of water
safety at dams, rivers and reservoirs. A project that will run over five years
and benefit 5 000 children in this awareness campaign is rejected because you
don’t want to grant them that opportunity.

Dit is nie vir ons 'n verrassing nie. Die DA se geskiedenis is deurspek van
hul standpunt teen ontwikkeling en teen verbetering van 'n beter lewe van
almal.

The common denominator for the conservatives who joined the DA and the core
die-hard liberals is that they only have one interest at heart The protection
and preservation of old South African privileges.

Maar ook dit kan nie vreemd vir ons wees nie. Wat anders verwag mens van 'n
party wie summier in Tafelsig mense se water en elektrisiteit wil afsny. Die DA
het homself gemanifesteer as 'n party wat slegs kyk na wit belange en vergeet
gerieflikheidshalwe dat daar ook 'n werkersklas is, ja ook werkers op plase, ja
ook werkers in fabrieke, ja ook werkers in ons huise, maar die DA wil met
eurosentriese beskouings hierdie werkers gebruik - maar nie erken en respekteer
en aanvaar nie.

Dit alles gesê wil ek graag my uiterste teleurstelling uitspreek met mense
soos die agbare lede Gerrit Van Rensburg en Alta Rossouw. Ek het nie gedink dat
die agbare lede in die bogenoemde kategorie val nie maar met hulle optrede het
hulle duidelik gewys dat hulle tog in die breë DA kamp val met eng beskouings.
Ek vind dit jammer maar wat sê die spreekwoorde van 'n aap wat 'n goue ring dra
en ook van meng jou met die semels. Die agbare lede het nou die vrugte gepluk
van hulle lidmaatskap en betrokkenheid tot 'n party wat soos James Selfe
voorsitter eens gesê het - wat sleg is vir Suid-Afrika is goed vir die DA.

Vandag doen ek op die breë landbougemeenskap in die Wes-Kaap 'n beroep om
kennis te neem van die DA se kortsigtigheid * Ons boere moet kennis neem van
die teenstem teen die landboubegroting omdat ons navorsing beskikbaar gestel
word aan die breë boerderygemeenskap. Ons volstruisbedryf, perdetelers,
hoender- en varkboere moet kennis neem want die DA het gestem teen die
begroting vir ons veeartsenydienste wat voortreflike diens lewer. Dit alles op
grond van een artikel wat die lid Gerrit van Rensburg en Alta Rossouw so onstel
het.

Speaker ons sal ons egter nie van stryk laat bring deur handjievol
selfsugtiges wat net hulle eie belange wil beskerm nie. Ons sal voortgaan om
die omstandighede van ons mens te verbeter. Daar is genoeg boere en instansies
binne die landbousektor wat saam met ons hierdie pad wil loop om van Landbou
ook n werklike tuiste vir almal te maak.

Enquiries:
Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: (021) 483 4930
Fax: (021) 483 3890
Cell: 084 604 6701
E-mail: avjaarsv@pgwc.gov.za

Issued by: Department of Agriculture, Western Cape Provincial
Government
6 June 2006

Share this page

Similar categories to explore